Aggeneys

Aggeneys is 'n klein myndorpie wat in 1976 gestig is. Die dorp is in die Noord-Kaap (Suid-Afrika), tussen Pofadder en Springbok geleë. Die N14 nasionale pad gaan naby die dorp verby.

'n Ongewone monster van Aggeneys kalkopiriet en magnetiet
Aggeneys
Dorp
Aggeneys is in Noord-Kaap
Aggeneys
Aggeneys
 Aggeneys se ligging in Noord-Kaap
Koördinate: 29°12′S 18°51′O
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieNoord-Kaap
DistrikNamakwa
MunisipaliteitKhâi-Ma
Stigting1976
Oppervlak
  Totaal205,68 km2 (79,41 vk. myl)
Bevolking
 (2011)[1]
  Totaal2 262
  Digtheid11/km2 (30/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
  Wit mense14.3%
  Indiërs/Asiërs0.6%
  Bruin mense61.8%
  Swart mense23.1%
  Ander0.3%
Taal (2011)
  Afrikaans 81.5%
  Xhosa 10.3%
  Tswana 3.3%
  Engels 2.9%
  Ander 2.0%
Poskode (strate)
8893
Poskode (posbusse)
8893
Skakelkode054

Geskiedenis

Die dorp was altyd klein totdat ryk neerslae van lood, sink, koper en silwer ontdek is in die 1970's in Black Mountain, 10 km wes van die dorp. Dit het gelei tot mynboubedrywighede op 'n groot skaal. Sommige van die produkte word via Saldanhabaai uitgevoer.

Naam

Die naam van die dorp is van Khoikhoi-oorsprong. Die betekenis is onseker; dit kan 'n paar dinge beteken- 'plek van slagting', 'plek van bloed', 'plek van water' of 'bergagtige gebied'.

Sien ook

Verwysings

  1. "Hoofplek Aggeneys". Sensus 2011.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.