Agadir
Agadir (Arabies: أكادير Aġadīr, Berbers: ⴰⴳⴰⴷⵉⵔ, Portugees: Santa Cruz do Gabo de Gué) is 'n hawestad aan die weskus van Marokko, en die grootste strandoord van die land. Die stad lê in die prefektuur Agadir-Ida ou Tanane, 'n deel van die Souss-Massa-Daraâ-streek. Agadir het in 2020 'n inwonertal van 498 000 gehad.[1] Dit is die grootste hoofsaaklik Berberstalige stad van Marokko.
Agadir | |
---|---|
Ligging van Agadir in Marokko | |
Agadir | |
Land | Marokko |
Provinsie | Agadir-Ida Ou Tanane |
Koördinate | 30°25′40″N 9°36′0″W |
Gestig op | 1505 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 51,2 vk km |
Hoogte bo seevlak | 31 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2020) | 498 000 |
- Bevolkingsdigtheid | 4 921/vk km |
Tydsone | UTC+1 |
Die stad is tien kilometer noord van die monding van die Wadi Sous geleë. Die stad is in 1505 deur die Portugese gestig en het in 1541 onder die heerskappy van die koning van die Sous gekom. In die daaropvolgende eeue het Agadir 'n belangrike rol begin aanneem as die hawe van die vrugbare Sousstreek in Marokko. Suiker was 'n belangrike uitvoerproduk van die streek. Agadir is in 1605 die eerste keer deur Nederlandse handelaars besoek; die 400ste herdenking van hierdie handelsverhouding tussen Nederland en Marokko in 2005 het aanleiding gegee tot verskeie uitstallings in Nederland.
In 1960 is die ou stad byna heeltemal verwoes deur twee aardbewings en daaropvolgende brande en vloedgolwe. Dit het tot 15 000 sterftes gelei.