Afrikaanse kwartel
Die Afrikaanse kwartel (Coturnix coturnix) is 'n trekvoël wat feitlik dwarsoor Suid-Afrika en Namibië voorkom. In Engels staan die voël bekend as die Common quail. Die voël is klein en lig dofgeel met swart-en-wit strepe oor die rug. Hulle het ook prominente wit wenkbroue. Die mannetjie se keel is swart of rooibruin. Sy roep en sang is: whit whit-whit en skree krwee-krwee in vlug. Hulle verkies grasvelde en landerye om in te leef.
Afrikaanse kwartel | |
---|---|
Mannetjie van die nominaatsubsp. in Beiere, en die pronkroep in Engeland | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | |
Genus: | |
Spesie: | C. coturnix |
Binomiale naam | |
Coturnix coturnix (Linnaeus, 1758) | |
Verspreiding van C. coturnix broeigebiede standvoël oorwinteringsgebiede moontlik uitgestorwe of ingevoer oorlewend & ingevoer (standvoël) |
Sien ook
Wikimedia Commons bevat media in verband met Coturnix coturnix. |
Bron
- Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011. ISBN 978-1-77007-926-7
Verwysings
- BirdLife International (2012). "Coturnix coturnix". IUBN-rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 16 Julie 2012.
{{cite web}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp)
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.