Afkwark

Die afkwark of d-kwark (simbool: d, van die Engelse down quark) is die tweede ligste van al die kwarke, ’n soort elementêre deeltjie, en ’n hoofbestanddeel van materie. Saam met die opkwark vorm dit die neutrone (een opkwark, twee afkwarke) en protone (twee opkwarke, een afkwark) van atoomkerns. Dit is deel van die eerste generasie van materie, het ’n elektriese lading van −13 e en ’n massa van 4,1-5,7 MeV/c2.

Afkwark
Die afkwark se plek in die Standaardmodel (onder kwarke).
Die afkwark se plek in die Standaardmodel (onder kwarke).
SamestellingElementêre deeltjie
StatistiekFermionies
GroepKwarke
GenerasieEerste
WisselwerkingSterk, swak, elektromagneties, swaartekrag
Simboold
AntideeltjieAf-antikwark
GeteoretiseerMurray Gell-Mann (1964)
George Zweig (1964)
OntdekSLAC (1968)
Massa4,8+0,50,3 MeV/c2[1]
Verval inStabiel of opkwark + elektron + elektron-antineutrino
Elektriese lading-1/3 e
KleurladingJa
Spin1/2
Swak isospinLH: -1/2, RH: 0
Swak hiperladingLH: 1/3, RH: -2/3

Nes ander kwarke is die afkwark ’n elementêre fermion met spin-12 en ervaar dit al vier fundamentele kragte: swaartekrag, elektromagnetisme, swak kernkrag en sterk kernkrag. Die antideeltjie van die afkwark is die anti-afkwark of anti-af), waarvan sekere eienskappe dieselfde magnitude maar teenoorgestelde teken het.

Verwysings

  1. J. Beringer (Particle Data Group) (2012). "PDGLive Particle Summary 'Quarks (u, d, s, c, b, t, b', t', Free)'" (PDF). Particle Data Group. Besoek op 21 Februarie 2013.

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.