Adrien René Franchet
Adrien René Franchet (21 April 1834, Pezou – 15 Februarie 1900, Parys) was 'n Franse plantkundige, gebaseer by die Paris Muséum national d'Histoire naturelle. Hy is bekend vir sy uitgebreide werk om die flora van China en Japan te beskryf, gebaseer op die versamelings deur Franse Katolieke sendelinge in China, Armand David, Pierre Jean Marie Delavay, Paul Guillaume Farges, Jean-André Soulié en ander. Hy was die taksonomiese skrywer van baie plante, insluitende 'n aansienlike aantal spesies uit die genera Primula en Rhododendron. [1] Die volgende genera word tot sy eer vernoem: [1][2][3]
- Franchetella, familie Sapotaceae, benaam deur Jean Baptiste Louis Pierre.
- Franchetia, familie Rubiaceae, benaam deur Henri Ernest Baillon.
Gekose werke
- Essai sur la distribution géographique des plantes phanérogames dans le département de Loir-et-Cher, 1868 – Essay on the geographical distribution of phanerogams found in the department of Loir-et-Cher.
- "Enumeratio plantarum in Japonia : sponte crescentium hucusque rite cognitarum", 1875.
- Plantae Delavayanae. Plantes de Chine recueillies au Yun-nan par l'abbé Delavay, 1889 - "Plantae Delavayanae" : Plants from China collected in Yunnan by Father Delavay.
- Contributions à la flore du Congo français, Famille des graminées, 1896 – Contributions involving flora of the French Congo; Family Gramineae.[4]
Die standaard outeursafkorting Franch. word gebruik om hierdie persoon as die skrywer aan te dui wanneer 'n botaniese naam aangehaal word.
Bronnelys
- Rhododendron.fr Adrien Franchet. Célèbre taxonomiste français.
Verwysings
- "Commentaire – ker-asie en Morbihan". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Oktober 2013. Besoek op 30 Augustus 2017.
- Tropicos Geargiveer 3 Oktober 2013 op Wayback Machine Catalogue of the Vascular Plants of the Department of Antioquia (Colombia)
- GRIN Taxonomy for Plants Geargiveer 1 Februarie 2014 op Wayback Machine Genus: Franchetia Baill.
- IDREF.fr bibliography
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.