Adolfo Suárez Madrid–Barajas Lughawe
Die Adolfo Suárez Madrid-Barajas Lughawe (IATA-kode: MAD, ICAO: LEMD) is die belangrikste internasionale lughawe wat Madrid in Spanje bedien. Byna 49 miljoen passasiers het in 2010/11 deur Madrid-Barajas beweeg, wat dit die land se grootste en besigste lughawe maak, en in 2013 was dit Europa se sesde besigste lughawe. Die lughawe is in 1928 geopen en het gegroei tot een van die belangrikste sentrums van lugvaart in Europa. Geleë binne die stadsgrense van Madrid, net 9 km van die stad se finansiële distrik en 13 km noord van die Puerta del Sol, Madrid se historiese sentrum. Die lughawe se naam is afgelei van die aangrensende distrik Barajas, wat met sy eie metrostasie die lughawe bedien.
Adolfo Suárez Madrid–Barajas Lughawe[1] | |||
---|---|---|---|
IATA: MAD – ICAO: LEMD | |||
Opsomming | |||
Tipe lughawe | Openbaar | ||
Operateur | Aena | ||
Bedien | Madrid, Spanje | ||
Spil vir |
| ||
Fokuspunt vir |
| ||
Hoogte bo seevlak | 610 m / 2 000 vt | ||
Koördinate | 40°28′20″N 003°33′39″W | ||
Webtuiste | |||
Landkaart | |||
MAD | |||
Aanloopbane | |||
Rigting | Lengte | Oppervlak | |
m | vt | ||
14R/32L | 4 100 | 13 451 | Teer |
18L/36R | 3 500 | 11 482 | Teer |
14L/32R | 3 500 | 11 482 | Teer |
18R/36L | 4 349 | 14 268 | Teer / Beton |
Statistieke (2014) | |||
Passasiers | 42 124 118 (5.4%) | ||
Lugbewegings | 333 040 (10.8%) | ||
Vrag (ton) | 340 800 (4.2%) | ||
Ekonomiese impak | V$10,9 miljard[2] | ||
Sosiale impak | 130,9 duisend[2] | ||
Bronne: Passasiersvolumes, AENA[3] Spaanse Lugvaartinligtingspublikasie, AENA[4] |
Die Madrid-Barcelona lugpendeldiens, wat bekend staan as die "Puente Aéreo" of "Air Bridge", is die tweede besigste roete in Europa na Istanbul Atatürk en Izmir, met die grootste aantal van die vlugbedrywighede (55 per dag) in 2012. Die skedule is verminder sedert Februarie 2008, toe die Madrid-Barcelona hoëspoed-spoorlyn geopen het, wat die afstand in 2 ½ uur kan aflê, en het vinnig gewild geword. Barajas dien as die poort na die Iberiese skiereiland vanaf die res van Europa en die wêreld, en is 'n besonder belangrike skakel tussen Europa en Latyns-Amerika. Die lughawe is die primêre middelpunt en instandhoudingsbasis vir IBERIA. Gevolglik is Iberia verantwoordelik vir meer as 60 persent van Barajas se verkeer.
Na aanleiding van die afsterwe van die voormalige Spaanse premier, Adolfo Suárez, het die Spaanse regering aangekondig dat die lughawe herdoop word na Aeropuerto Adolfo Suárez Madrid-Barajas.
Verwysings
- "El aeropuerto de Madrid se llama desde hoy Adolfo Suárez".
- "Madridlughawe - Ekonomiese en sosiale impak" (in Engels). Ecquants. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 7 September 2013.
- "AENA passenger statistics and aircraft movements" (in Spaans). Aena.es. 7 September 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Oktober 2019. Besoek op 14 Augustus 2021.
- Spanish AIP (AENA)
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |