Adam van Bremen

Adam van Bremen (Latyn: Adamus Bremensis; Duits: Adam von Bremen; voor 1050 - 12 Oktober 1081/1085) was 'n Middeleeuse Duitse kroniekskrywer. Hy het in die tweede helfte van die 11de eeu gelewe en gewerk. Adam is die bekendste vir sy kroniek Gesta Hammaburgensis ecclesiae pontificum ("Dade van die Biskoppe van die Hamburgse Kerk"). Hy was "een van die voorste historici en vroeë etnograwe van die Middeleeuse tydperk".[1]

In sy kroniek sluit hy 'n hoofstuk in waarin hy die Noorse buitepos Vinland beskryf. Hy was dus die eerste Europeër wat oor die Nuwe Wêreld geskryf het.[2]

Verwysings

Skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.