Acornhoek
Acornhoek is 'n dorp in 'n digbevolkte streek van noordelike Mpumalanga (aan die grens met Limpopo), Suid-Afrika. Die dorp is 29 km suidoos van Hoedspruit en 35 km noord van Bosbokrand, dit val insgelyk onder die Bosbokrand Plaaslike Munisipaliteit. Die naam is blykbaar 'n aanpassing van die Nederlandse "Eekhoornhoek".[2][3]
Acornhoek | |
---|---|
![]() ![]() Acornhoek ![]() | |
Koördinate: 24°35′0″S 31°5′0″O | |
Land | ![]() |
Provinsie | Mpumalanga |
Distrik | Ehlanzeni |
Munisipaliteit | Bosbokrand |
Oppervlak | |
• Totaal | 38,89 km2 (15,02 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 33 529 |
• Digtheid | 862/km2 (2 230/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 0.1% |
• Indiërs/Asiërs | 0.1% |
• Swart mense | 99.7% |
• Ander | 0.1% |
Taal (2011) | |
• Tsonga | 73.8% |
• Noord-Sotho | 16.9% |
• Sotho | 6.1% |
• Ander | 3.2% |
Poskode (strate) | 1360 |
Poskode (posbusse) | 1360 |
Skakelkode | 013 |
Webwerf | http://www.acornhoek.co.za/ |
Distrik
Subtropiese vrugte en groente word verbou terwyl bees- en wildboerdery ook in die omliggende areas belangrik is. Die dorp lê op 'n deurgangsroete na ondermeer die Timbavati-wildreservaat en Orpenhek van die Krugerwildtuin. Die dorp is geleë op 'n waterskeiding waar die bolope van die Klaserie-, Timbavati- en Sandriviere ontspring.
Sien ook
Bronne
- Erasmus, B.P.J. (1995). Op Pad in Suid-Afrika. Jonathan Ball Uitgewers. ISBN 1-86842-026-4.
- Rosenthal, Eric (1967). Ensiklopedie van Suidelike Afrika.
Verwysings
- "Hoofplek Acornhoek". Sensus 2011.
- Raper, Peter E. (1987). Dictionary of Southern African Place Names. Internet Archive. p. 51. Besoek op 28 Mei 2020.
- (af) Raper, Peter: Plekname van Suider-Afrika. Protea Boekhuis. Pretoria. 2020.
Eksterne skakels
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Acornhoek.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.