Acacia
Acacia is 'n plantgenus wat behoort tot die subfamilie Mimosoideae wat op sy beurt behoort tot die familie Fabaceae. Akasias se blare is dubbelveervormig saamgestel met klein tot baie klein veeragtige blaartjies. Die blomme is donserig en geel of wit. Al die inheemse akasias het dorings terwyl dié wat uit Australië ingevoer is doringloos is. Baie van die uitheemse bome het genaturaliseer geraak; voorbeelde is die wattel-, swarthout- en rooikransbome. Laasgenoemde is 'n ernstige plaag en geklassifiseer as 'n indringerplant. Van die inheemse spesies skei gom af wat gebruik kan word vir die maak van lekkergoed en kleefmiddels.
Acacia | |
---|---|
Blomme van die soetdoring (Acacia karroo). | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Fabales |
Familie: | Fabaceae |
Klade: | Mimosoideae |
Tribus: | Acacieae |
Genus: | Acacia Mill., (1754) |
Spesies | |
Daar is reeds in 2011 besluit om alle Acacia's met 'n oorsprong uit Afrika se genus naam na Vachellia of Senegalia te verander. DNS-toetse het bewys dat die spesies verskil. Die naamsverandering word nou eers in Suid-Afrika toegepas. [1]
Spesies
- Brisbanegouewattel (Acacia fimbriata)
- Buikdoring (Acacia luederitzii)
- Swartwattel (Acacia mearnsii)
- Vaalmimosa (Acacia podalyriifolia)
Foto's van verskeie spesies
- Enkeldoring (Acacia robusta)
- Gewone haakdoring (Acacia caffra)
- Haak-en-steek (Acacia tortilis)
- Kameeldoring (Acacia erioloba)
- Knoppiesdoring (Acacia nigrescens)
- Koorsboom (Acacia xanthophloea)
- Lekkerruikpeul (Acacia nilotica)
- Papierbasdoring (Acacia sieberana)
- Rooidoring (Acacia gerrardii)
- Silwerwattel (Acacia dealbata)
- Soetdoring (Acacia karroo)
- Swarthaak (Acacia mellifera)
- Trassiedoring (Acacia hebeclada)
- Vaalmimosa (Acacia podalyriifolia)
- Vlamdoring (Acacia ataxacantha)
- Witdoring (Acacia polyacantha)
Sien ook
Wikimedia Commons bevat media in verband met Acacia. |
Bron
- Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. ISBN 1-86872-527-8
Verwysings
- "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 April 2017. Besoek op 15 Januarie 2018.