Abstrakte ekspressionisme
Abstrakte Ekspressionisme is 'n skilderstyl wat in die laat 1940's in New York ontwikkel het. Dit word gekenmerk deur vorms en patrone wat nie soos werklike dinge of mense lyk nie, maar emosies probeer uitdruk.[1]
Die stroming domineer die kunswêreld in die jare 1946 tot 1960. Dit was die eerste groot kunsstroming na die Tweede Wêreldoorlog en die eerste in die Verenigde State van Amerika, spesifiek in New York Stad, as die bakermat daarvan.
Die styl is deur kunstenaars soos Jackson Pollock, Mark Rothko en Willem de Kooning beoefen. Die Suid-Afrikaanse kunstenaar Christo Coetzee het ook in dié styl gewerk.
Verwysings
- HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Abstrakte ekspressionisme.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.