Abjad

’n Abjad, ook konsonantskrif genoem, is ’n soort skryfstelsel waar elke simbool gewoonlik ’n konsonant voorstel. Dit word aan die leser oorgelaat om die regte klinker in te sit. In algemene bevat abjads gewoonlik die woord "alfabet" in hul naam, soos die "Arabiese alfabet" en "Fenisiese alfabet", hoewel hulle nie ware alfabette is nie omdat alfabette ook klinkers bevat. Die term "abjad" is afgelei van die ou volgorde van die Arabiese konsonante 'alif, bā', jīm, dāl. Dit is steeds die woord vir alfabet in Arabies, Maleis en Indonesies.

Oorsprong

’n Proto-Sinaïtiese frase.

Alle bekende abjads behoort tot die Semitiese skriffamilie. Daar word geglo dat die eerste konsonantale alfabet sy verskyning voor 2000 v.C. in die Bronstydperk gemaak het, vir ’n taal wat in die Sinai-skiereiland deur Semitiese stamme ontwikkel is.

Die eerste abjad wat in ’n groot deel van die wêreld gebruik is, was die Fenisiese abjad. Dit het uit net sowat twee dosyn simbole bestaan. Die skrif was dus maklik om te leer en Fenisiese seevaarders het die skrif bekend gestel oral waar hulle gekom het. Die meeste ander moderne alfabette in die wêreld het hieruit ontwikkel, soos die Griekse en Aramese alfabet, en hieruit het onder meer die Latynse en Cyrilliese alfabet weer ontstaan.

Aramees het oor Asië versprei, tot in Indië, waar dit die Brahmi-skrif geword het. Hieruit het die meeste moderne Indiese en Suidoos-Asiatiese skrifte ontwikkel. In die Midde-Ooste het Aramees aanleiding gegee tot die Hebreeuse en die Nabatese abjad, wat baie van die Aramese lettervorms behou het. Die Siriese skrif was ’n kursiewe variasie van Aramees. Dit is onduidelik of die Arabiese abjad uit die Nabatese of Siriese abjad ontwikkel het.

Onsuiwer abjads

’n Voorbeeld van die Arabiese skrif, wat ’n "onsuiwer" abjad is.

"Onsuiwer" abjads het simbole vir sekere klinkers, opsionele klinkertekens of albei. Die term "suiwer" abjads verwys na skrifte wat geen aanduiding van klinkers het nie. Die meeste moderne abjads is egter onsuiwer. ’n Voorbeeld van ’n suiwer abjad is die Fenisiese alfabet.

In die 9de eeu v.C. het die Grieke die Fenisiese skrif vir Grieks aangeneem. Die fonetiese struktuur van Grieks het egter meegebring dat daar te veel dubbelsinnighede was sonder die gebruik van klinkers, en die skrif is aangepas deur sekere ongebruikte simbole vir klinkers aan te wend. Die Griekse alfabet is dus die wêreld se eerste volwaardige alfabet.

Abjads en Semitiese tale

Die abjad-vorm is baie geskik vir die morfologiese struktuur van die Semitiese tale waarvoor dit ontwikkel is. Dis is omdat Semitiese tale gevorm word van stamme wat uit drie konsonante bestaan; klinkers word dan gebruik om afleidings en verbuigings te vorm. ’n Voorbeeld hiervan is die Arabiese wortel ذ ب ح Ḏ-B-Ḥ (om te offer). Daarvan kan afgelei word ذَبَح ḏabaḥa (hy offer), ذَبَحْتَ ḏabaḥta (jy, manlik, offer), ذَبَّحَ ḏabbaḥa (hy het geslag), يُذَبِّح yuḏabbiḥ (hy slag) en مَذْبَح maḏbaḥ (slagplaas).

Vergelykingstabel van uitgestorwe en bestaande abjads

ID Naam In gebruik Verbinding van letters Rigting # letters Land van oorsprong Gebruik deur Tale Tyd Beïnvloed deur Skrifte beïnvloed
1 Siriesjajaregs-links22 konsonanteMidde-OosteSiriese KerkAramees, Siries, Assiries Neo-Aramees~ 700 v.C.[1]Nabatees, Palmiraans, Mandees, Parthies, Pahlavi, Sogdies, Avestan en Manichees[1]
2 Hebreeusjaneeregs-links22 konsonante + 5 finale lettersAntieke IsraelIsraeli's, antieke Hebreeuse stammeHebreeus, Ladino, Boekaries, Jiddisj, Judeo-Arabies> 1100 v.C.Proto-Hebreeus, vroeë Aramees
3 Arabiesjajaregs-links, syfers word links-regs geskryf28 (9 syfers)Midde-OosteMeer as 200 miljoen menseArabies, Bosnies, Kasjmirs, Koerdies, Kirgisies, Maleis, Persies/Farsi, Pandjabi, Rajasthani, Turks, Oerdoe, Oeigoer, ander[1]~ 500 n.C.[1]Nabatese Aramees
4 Aramees (keiserlik)neeneeregs-links22Midde-OosteArgeïmeniede, Perse, Babiloniese en Assiriese RykKeiserlike Aramees, Hebreeus~ 500 v.C.[1]FenisiesLaat-Hebreeus, Nabatees, Siries
5 Aramees (vroeë)neeneeregs-links22Midde-OosteVerskeie Semitiese volke~ 1000-900 v.C.FenisiesHebreeus, Keiserlike Aramees.[1]
6 Antieke Berbersneeneebo-onder, regs-links[1]22 (regs-links) 25 (bo-onder)[2]Noord-Afrika[2]Vroue in Toeareg-gemeenskap[2]Tifinagh[2]600 v.C.Punies,[2] Suid-Arabies[1]Tifinagh[2]
7 Nabateesneeneeregs-links22Midde-OosteNabatese Koninkryk[2]Nabatees200 v.C.[2]ArameesArabies
8 Midde-Persies, (Pahlavi)neeneeregs-links22Midde-OosteSassaniese RykPahlavi, Midde-PersiesArameesPsalter, Avestan[1]
9 Mandeesneejaregs-links24Irak, IranAhvāz, IranMandees~ 200 n.C.ArameesNeo-Mandees
10 Psalterneejaregs-links21Noordwes-Sjina [1]Persiese skrif vir papierskryfwerk[1]~ 400 n.C.[3]Siries
11 Fenisiesneeneeregs-links, heen en weer22Bublos[1]KanaänieteFenisies, Punies~ 1000–1500 v.C.[1]Proto-Kanaänitiese alfabet[1]Punies (variant), Grieks, Etruskies, Latyn, Arabies en Hebreeus
12 Parthiesneeneeregs-links22Parthië (moderne ekwivalent van Noordoos-Iran)[1]Parthiese & Sassaniese periode van Persiese Ryk[1]Parthies~200 v.C.[1]Aramees
13 Sabeesneegeen stelselregs-links, heen en weer29Suid-Arabië (Skeba)Suid-ArabiereSabees~ 500 v.C.[1]Bublos[1]Ethiopies[1]
14 Puniesneeneeregs-links22Kartago (Tunisië), Noord-Afrika, Mediterreense streek[1]Puniese kultuurPunies, Neo-PuniesFenisies
15 Sinaïties, Proto-Kanaänitiesneeneeregs-links30Egipte, Sinai, KanaänKanaänieteKanaänities~ 1900-1700 v.C.Fenisies, Hebreeus
16 Oegaritiesneejalinks-regs30Oegarit (hedendaagse Noord-Sirië)OegaritiërsOegarities, Horities~ 1400 v.C.[1]
17 Suid-Arabiesneeneeregs-links, links-regs (omgekeerde letters)29Suid-Arabië (Jemen)Amharies, Tigrinies, Tigre, Semities, Tsjoesjities, Nilo-Saharies900 v.C.Proto-SinaïtiesGe'ez (Ethiopië)
18 Sogdiesneenee (ja in latere weergawes)regs-links, links-regs (vertikaal)20dele van Sjina (Xinjiang), Oesbekistan, Tadjikistan, PakistanBoeddhiste, ManitjeneSogdies~ 400 v.C.SiriesOu Oeigoerse alfabet, Yaqnabi (Tadjikistanse dialek) [1]
19 Samaritaansja (700 mense)neeregs-links22Mesopatamië of die Levant (betwis)Samaritane (Nablus en Holon)Samaritaanse Aramees, Samaritaanse Hebreeus~ 100-0 v.C.Paleo-Hebreeuse alfabet

Verwysings

  • Wright, W. (1971). A Grammar of the Arabic Language (3de uitg. uitg.). Cambridge University Press. pp. v. 1, p. 28. ISBN 0-521-09455-0.
  • Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.