Abiekwasgeelhout
Die Abiekwasgeelhout of Dabbie (Tamarix usneoides) is nie 'n ware Geelhout nie, maar 'n struikerige Tamariskboom wat in die Wes-, Noord-Kaap, Angola en Namibië aangetref word. Dit groei veral langs die kuslyn, brakkerige rivieroewers en langs droë rivierbeddings. Dit het fyn, skubagtige loof, en die blomme word laatwinter in digte bloeiwyses gedra. Elke blom kan duisende sade voortbring wat elk deur kapsule omvat word met 'n haartossel aan die apeks.
Abiekwasgeelhout | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Caryophyllales |
Familie: | Tamaricaceae |
Genus: | Tamarix |
Spesie: | T. usneoides |
Binomiale naam | |
Tamarix usneoides E.Mey. ex Bunge | |
Sinonieme | |
|
Verwysings
- https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
- "iSpot: South African Tree Common Names". Besoek op 19 Mei 2017.[dooie skakel]
Bronne
- Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. ISBN 1-86872-527-8
- Tamarix usneoides Geargiveer 6 Oktober 2012 op Wayback Machine, Plantzafrica
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.