Aberdeen, Oos-Kaap
Aberdeen is 'n dorp in die Kamdeboo (d.w.s. Oos-Kaapse Karoo) aan die voet van die Kamdeboo-berge, Suid-Afrika. Die N9 nasionale pad gaan langs die dorp verby.
- Hierdie artikel handel oor die dorp in Suid-Afrika. Vir ander gebruike, sien Aberdeen (dubbelsinnig).
Aberdeen | |
---|---|
![]() Tipiese Karoohuise op Aberdeen | |
![]() ![]() Aberdeen ![]() | |
Koördinate: 32°29′0″S 24°4′0″O | |
Land | ![]() |
Provinsie | Oos-Kaap |
Distrik | Sarah Baartman |
Munisipaliteit | Dr Beyers Naudé |
Stigting | 1856[1] |
Oppervlak | |
• Totaal | 15,4 km2 (5,9 vk. myl) |
Bevolking (2011)[2] | |
• Totaal | 7 162 |
• Digtheid | 465/km2 (1 200/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 6,7% |
• Indiërs/Asiërs | 0,4% |
• Bruin mense | 73,0% |
• Swart mense | 19,4% |
• Ander | 0,4% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 80,7% |
• Xhosa | 15,5% |
• Engels | 2,2% |
• Ander | 1,0% |
Poskode (strate) | 6270 |
Poskode (posbusse) | 6270 |
Skakelkode | 049 |
Webwerf | Aberdeen |
Geskiedenis

Die toring van die NG kerkgebou op Aberdeen is een van die hoogste in Suid-Afrika

Poskantoor en landdroshof in Aberdeen
Dit is gestig in 1856 as 'n kerkdorp op die plaas Brakkefontein, na die NG gemeente reeds in 1852 gestig is. Die huidige kerkgebou is op 12 September 1925 ingewy. Die dorp is genoem na die geboorteplek in Skotland van ds. Andrew Murray sr., predikant van Graaff-Reinet.[3]
Noemenswaardige boorlinge
- Anaso Jobodwana, Suid-Afrikaanse naelloper.
- Laurens Meintjes, Suid-Afrika se eerste wêreldfietsrykampioen, is hier gebore op 9 Junie 1868.
- Oswald Pirow, Suid-Afrikaanse minister van verdediging en prokureur.
- Ds. F.J.B. Malan, predikant in die NG Kerk.
- Ds. Jan Weitz, predikant in die NG Kerk.
Sien ook
Verwysings
- "Chronological order of town establishment in South Africa based on Floyd (1960:20-26)" (PDF) (in Engels). pp. xlv–lii. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 13 Julie 2019. Besoek op 9 Februarie 2019.
- Som van die hoofplekke Aberdeen en Thembalesizwe tydens die 2011-sensus.
- Dictionary of Southern African Place names. URL besoek op 26 Julie 2013.
Bron
- Erasmus, B.P.J. (1995). Op Pad in Suid-Afrika. Jonathan Ball Uitgewers. ISBN 1-86842-026-4.
Eksterne skakels
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Aberdeen, Oos-Kaap.
- (en) Amptelike webwerf Geargiveer 29 Mei 2012 op Wayback Machine
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.