Abd-al-Latif
Moewaffaq al-Din Moehammad 'Abd al-Latif ibn Joesoef al-Baghdadi (1162–1231; Arabies: موفق الدين محمد عبد اللطيف بن يوسف البغدادي), meer algemeen bekend as Abd al-Latif, is in Bagdad, Irak, gebore en was ’n medikus, geskiedkundige, Egiptoloog en reisiger, asook in sy tyd een van die bedrywigste skrywers van die Nabye-Ooste.[1]
Moewaffaq al-Din Moehammad 'Abd al-Latif ibn Joesoef al-Baghdadi | |
Gebore | 1162 Bagdad |
---|---|
Oorlede | 8 November 1231 (op 68) Bagdad |
Nasionaliteit | Arabiese kalifaat |
Vakgebied | grammatika, retoriek, teologie, regsgeleerdheid, medisyne |
Uit memoires wat hy self geskryf het, blyk dit hy is in Bagdad opgevoed in grammatika, die memorisering van die Koran, filologie en poësie. Hy het ook vertroud geraak met filosofie en medisyne. Hy het daarna na Mosul gegaan (1189) en toe na Damaskus. Hy het ook Egipte besoek.
Abd al-Latif het lid geword van ’n geleerde kring in Jerusalem, en het medies en filosofie doseer in Kaïro en Damaskus. Hy het onder meer ’n gedetailleerde werk in twee dele oor Egipte geskryf.
Verwysings
- Chambers Biographical Dictionary, ISBN 0-550-18022-2, bl. 3
- Silvestre de Sacy, Relation de l'Egypt par Adb al-Latif, Parys, 1810 – Franse vertaling van sy werk oor Egipte