Abchasies
Abchasies (Аҧсуа бызшәа; аҧсшәа, [apʰswa bɨzʃʷa]) is 'n Noordwes-Kaukasiese taal wat deur sowat 191 000 mense in Georgië, Turkye en Rusland gepraat word. Dit is die amptelike taal van die omstrede gebied Abchasië wat volgens internasionale reg tot Georgië behoort, waar dit 'n erkende minderheidstaal is. Daarbenewens word Abchasies in die Georgiese outonome gebied Adzjarië en deur die Abchasiese diaspora in Westerse lande gepraat. Dié taal bestaan uit die drie dialekte Abzhywa, Bzyb en Sadz. Abchasies word in die Cyrilliese alfabet geskryf.
- Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Abchasiërs.
Abchasies Аҧсуа бызшәа; аҧсшәа | ||
---|---|---|
Uitspraak: | [apʰswa bɨzʃʷa] | |
Gepraat in: | Georgië | |
Gebied: | Kaukasus | |
Totale sprekers: | 190 740[1] | |
Taalfamilie: | Noordwes-Kaukasies Abazgi Abchasies | |
Skrifstelsel: | Cyrilliese alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Georgië | |
Gereguleer deur: | geen | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | ab | |
ISO 639-2: | abk | |
ISO 639-3: | abk | |
Abchasies is nou verwant aan Abazyns en Adigies, tale wat in die Russiese deelgebiede Karatsjai-Tsjerkessië en Adigea noord van die Kaukasus en in Turkye gepraat word.
Skryfstelsel
Abchasies gebruik sedert 1862 die Cyrilliese alfabet.
А а [a] |
Б б [b] |
В в [v] |
Г г [ɡ] |
Гь гь [ɡʲ] |
Гә гә [ɡʷ] |
Ӷ ӷ [ʁ/ɣ] |
Ӷь ӷь [ʁʲ/ɣʲ] |
Ӷә ӷә [ʁʷ/ɣʷ] |
Д д [d] |
Дә дә [dʷ] |
Е е [ɛ] |
Ж ж [ʐ] |
Жь жь [ʒ] |
Жә жә [ʒʷ] |
З з [z] |
Ӡ ӡ [d͡z] |
Ӡә ӡә [d͡ʑʷ] |
И и [j/jɨ/ɨj/i] |
К к [kʼ] |
Кь кь [kʼʲ] |
Кә кә [kʼʷ] |
Қ қ [kʰ] |
Қь қь [kʲʰ] |
Қә қә [kʷʰ] |
Ҟ ҟ [qʼ] |
Ҟь ҟь [qʼʲ] |
Ҟә ҟә [qʼʷ] |
Л л [l] |
М м [m] |
Н н [n] |
О о [ɔ] |
П п [pʼ] |
Ԥ ԥ [pʰ] |
Р р [r] |
С с [s] |
Т т [tʼ] |
Тә тә [tʼʷ] |
Ҭ ҭ [tʰ] |
Ҭә ҭә [tʷʰ] |
У у [w/wɨ/ɨw/u] |
Ф ф [f] |
Х х [x/χ] |
Хь хь [xʲ/χʲ] |
Хә хә [xʷ/χʷ] |
Ҳ ҳ [ħ] |
Ҳә ҳә [ħʷ] |
Ц ц [t͡sʰ] |
Цә цә [t͡ɕʷʰ] |
Ҵ ҵ [t͡sʼ] |
Ҵә ҵә [t͡ɕʼʷ] |
Ч ч [t͡ʃʰ] |
Ҷ ҷ [t͡ʃʼ] |
Ҽ ҽ [t͡ʂʰ] |
Ҿ ҿ [t͡ʂʼ] |
Ш ш [ʂ] |
Шь шь [ʃ] |
Шә шә [ʃʷ] |
Ы ы [ɨ] |
Ҩ ҩ [ɥ/ɥˤ] |
Џ џ [d͡ʐ] |
Џь џь [d͡ʒ] |
Ь ь [ʲ] |
Ә ә [ʷ] |
Verwysings
- (en) "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Abkhaz". Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 November 2019. Besoek op 22 Augustus 2020.