Aartappelbos
Die aartappelbos (Phyllanthus reticulatus) is 'n skraal, meerstammige struik, klimplant of klein boompie wat in die Laeveld en ooskus van KwaZulu-Natal voorkom en dikwels ruigtes vorm. Dit kan tot 4 m hoog word. Die bas is rooibruin of grys en word met tyd veselrig en gegroef. Die blare is enkelvoudig, klein en afwisselend en midgroen. Hulle is ewe ver uitmekaar aan neerhangende takke gespasieer. Die geel blommetjies is onopvallend wat in trosse voorkom. Die boom het 'n sterk gaaraartappelgeur.
Aartappelbos | |
---|---|
![]() | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Divisie: | Tracheophyta |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Phyllanthus |
Spesie: | Phyllanthus reticulatus |
Binomiale naam | |
Phyllanthus reticulatus Poir. | |
Sinonieme | |
|
Die boom se FSA-nommer is 311[1].
![](../I/%E0%AE%95%E0%AE%B0%E0%AF%81%E0%AE%A8%E0%AF%86%E0%AE%B2%E0%AF%8D%E0%AE%B2%E0%AE%BF1.jpg.webp)
Vrugte
![](../I/%E0%AE%95%E0%AE%B0%E0%AF%81%E0%AE%A8%E0%AF%86%E0%AE%B2%E0%AF%8D%E0%AE%B2%E0%AE%BF12.jpg.webp)
Loof
Bron
- Butchart, Duncan: Natuurlewe van Suid-Afrika. Struik Nature. 2012 ISBN 978-1-4317-0248-0
Eksterne skakels
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Aartappelbos.
Wikispecies het meer inligting verwant aan Aartappelbos
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.