Aardroos-suikerbos (Protea acaulos)
Die Aardroos-suikerbos (Protea acaulos) is 'n blomdraende struik wat aan die bekende Protea genus behoort. Die plant is endemies aan Suid-Afrika en kom op die Kaapse Skiereiland en vlakte voor, asook vanaf die Sederberg tot by die Riviersonderendberge en die Elim-vlakte by Agulhas waar dit deel van die fynbos-bioom is. Die plant is plat en word 1 m in deursnee en blom van Junie tot November.
Aardroos-suikerbos | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | P. acaulos |
Binomiale naam | |
Protea acaulos (L.) Reichard, 1779 | |
Sinonieme | |
|
Die plant spruit weer uit na 'n brand. Die saad word geberg in 'n doppie en deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van rotte, muise en voëls. Die plant groei in sanderige grond op hoogtes van 0-1500 m.
In Engels staan dit as die Common Ground Sugarbush bekend.
Galery
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.