Aardroos-suikerbos
Die aardroos-suikerbos (Protea amplexicaulis) is 'n blomdraende struik wat aan die bekende Protea genus behoort. Die plant is endemies aan Suid-Afrika en kom vanaf Citrusdal tot die Kogelberg, asook in die Langeberg voor waar dit deel van die fynbos-bioom is. Die struik bly laag en uitgesprei, word 1,3 m in deursnee en blom van Junie tot September.
Aardroos-suikerbos | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | P. amplexicaulis |
Binomiale naam | |
Protea amplexicaulis (Salisb.) R.Br., 1810 | |
Sinonieme | |
|
'n Brand vernietig die plant maar die sade oorleef. Die saad word in 'n doppie geberg en deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van rotte en muise. Die plant groei in sandsteengrond op hoogtes van 180 – 1 600 m.
In Engels staan dit as die Clasping-leaf sugarbush bekend.
Galery
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.