Aap (astrologie)

Die Aap (Chinees: 猴, hóu) is die negende dier in die twaalfjaarlikse siklus van die Chinese astrologie, volgens die Chinese kalender. Dit hou ook verband met Oos-Asiatiese diereriem- en kalenderstelsels. Die Jaar van die Aap word verbind met die Aardse taksimbool 申.[1]

Beskrywing

Volgens een legende is daar ’n rede vir die volgorde van die twaalf diere in die twaalfjaarsiklus. Daarvolgens is ’n resies oor ’n groot rivier gehou en die volgorde van die diere in die siklus is die volgorde waarin hulle die resies voltooi het. In dié verhaal het die Bok, Aap en Haan deur ’n spanpoging anderkant aangekom. Die Haan het ’n vlot gevind en die Aap en Bok het geruk en gepluk om al die onkruid uit die weg te ruim. Hulle het die agtste, negende en tiende plek verower.

Die Chinese tekens word ook die diereriem genoem omdat geglo word ’n mens se persoonlikheid word deur die dier beïnvloed wat oor jou geboortedatum heers. Net so word die jaar waaroor ’n spesifieke dier heers, daardeur gekenmerk. Die invloed is veral sterk by mense wat in die jaar van die dier gebore is.

Dieselfde twaalf diere word gebruik om die siklus van ure in ’n dag te simboliseer – elk word verbind met ’n tydperk van twee uur. Die tydperk van die Aap is van 15:00 tot 17:00 – die tyd wanneer ape lewendig is.

In Chinese simbologie word Ape beskou as entoesiasties, sosiaal en innoverend, maar ook jaloers, agterdogtig en selfsugtig.

Jare en die Vyf Elemente

Mense wat binne dié datums gebore is, is in die Jaar van die Aap gebore, met ook die volgende elementêre teken:[2]

BegindatumEinddatumHemelse tak
6 Februarie 193225 Januarie 1933Wateraap
25 Januarie 194412 Februarie 1945Houtaap
12 Februarie 195630 Januarie 1957Vuuraap
30 Januarie 196816 Februarie 1969Aardaap
16 Februarie 19804 Februarie 1981Metaalaap
4 Februarie 199222 Januarie 1993Wateraap
22 Januarie 20048 Februarie 2005Houtaap
8 Februarie 201627 Januarie 2017Vuuraap
26 Januarie 202812 Februarie 2029Aardaap
12 Februarie 204031 Januarie 2041Metaalaap

Ape en hul maats

Teken Beste maats Gemiddelde maats Slegte maats
AapAap, Draak, RotSlang, Haan, Os, Vark, Konyn, Bok, Hond, PerdTier

Basiese astrologiese elemente

Aardse tak van geboortejaarShen
Die Vyf ElementeWater
Jin/jangJang
Maanmaand7de
Gelukkige nommers3, 4, 7, 9; vermy: 2, 5, 8
Gelukkige blommeKrisant
Gelukkige kleureWit, goud, blou; vermy: rooi, swart, grys
SeisoenHerfs
Naaste Westerse tekenLeeu

Sien ook

Verwysings

  1. "Chinese Zodiac - Monkey". Travel China Guide (in Engels). TravelChinaGuide.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 April 2020. Besoek op 25 Augustus 2018.
  2. "Chinese Zodiac – Monkey" (in Engels). Your Chinese Astrology. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Februarie 2020. Besoek op 25 Augustus 2018.

Eksterne skakels

Vorige teken
Bok (未)
Aap (申) Volgende teken
Haan (酉)
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.