ASV Durlach
ASV Durlach is 'n sportklub uit Karlsruhe in die deelstaat Baden-Württemberg in Duitsland, veral bekend vir sy sokkerafdeling. Durlach is 'n stadswyk van Karlsruhe. Benewens sokker, het die klub ook onder meer 'n dames-gimnastiekafdeling.
Volledige naam | Allgemeiner Sportverein Durlach e.V. |
Stigtingsdatum | 14 Mei 1902 |
Tuisveld | Turmbergstadion Liebensteinstraße, Karlsruhe |
Kapasiteit | 8 000 |
Kompetisie | Oberliga Baden-Württemberg |
Die klub is op 14 Mei 1902 gestig as Fußball Club Germania Durlach. Gedurende die Tweede Wêreldoorlog het die klub tydelik met Fußball Club Phönix Karlsruhe saamgesmelt en vanaf 1943 tot 1945 gespeel as Kriegspielgemainschaft Karlsruhe. Na die oorlog is die klub op 1 Junie 1946 as 'n samevoeging met die lede van die ontbinde klubs VfR Durlach, Turnerschaft Durlach en TG Durlach met die huidige naam herstig. In 1947 het Tennisclub Durlach ook by hulle aangesluit.
Die klub se grootste prestasie was om tussen 1951 en 1955 op die tweede vlak van die Duitse sokkerstruktuur te speel in die 2. Liga-Süd. Die klub het in 2008 die eerste rondte van die DFB-pokal gehaal, maar is met 1-2 deur DSC Arminia Bielefeld uitgeskakel.
Onlangse ligaposisionering
|
|
Eksterne skakels
Oberliga Baden-Württemberg 2008/09-seisoen | |
1. FC Normannia Schwäbisch Gmünd|
SpVgg Au/Iller|
Bahlinger SC|
FC 08 Villingen| | |