ARD
Die ARD (afkorting van Arbeitsgemeinschaft der öffentlich-rechtlichen Rundfunkanstalten der Bundesrepublik Deutschland, "Werkgemeenskap van die openbare uitsaaikorporasies van die Bondsrepubliek Duitsland") is 'n samesluiting van openbare uitsaaikorporasies in Duitsland wat in 1950 gestig is.
ARD | |
---|---|
ARD se kenteken | |
Gestig | 25 Desember 1952 |
Netwerk | Publieke omroep |
Eienaar | ARD-lede |
Beeldformaat | 16:9 576i (SDTV) 720p50/1080p50 (HDTV) |
Slagspreuk | Wir sind eins. "Ons is een." |
Land | Duitsland |
Taal | Duits |
Uitsaaiarea | Duitsland; ook versprei in ander Europese lande op kabel en satelliet |
Hoofkantoor | München, Duitsland |
Vorige naam | NWDR-Fernsehen (1952–1954) Deutsches Fernsehen (1954–1984) Erstes Deutsches Fernsehen (1984–1997) |
Susterkanale | Bayerischer Rundfunk (BR) Hessischer Rundfunk (HR) Mitteldeutscher Rundfunk (MDR) Norddeutscher Rundfunk (NDR) Radio Bremen (RB) Rundfunk Berlin-Brandenburg (RBB) Saarländischer Rundfunk (SR) Südwestrundfunk (SWR) Westdeutscher Rundfunk (WDR) |
Webtuiste | www.ard.de |
Kabel Deutschland (Duitsland) | kanaal Kanaal 101 (SD) / Kanaal 112 (HD) |
UPC Cablecom (Switserland) | kanaal Ja (SD en HD) SD - Channel 005 (digital CH-D) |
Naxoo (Switserland) | kanaal Kanaal 153 |
Ziggo (Nederland) | kanaal Kanaal 54 (HD) |
YouSee (Denemarke) | kanaal Kanaal 91 (HD) |
Die ARD bestaan tans uit altesaam nege selfstandige en onafhanklike uitsaaikorporasies op deelstaatvlak wat 'n gemeenskaplike televisiekanaal (Das Erste) asook hul eie streeksgebonde kanale uitsaai. Die Deutsche Welle saai programme vir Duitsers en ander belangstellendes in die buiteland uit. Saam met die ZDF (die tweede openbare kanaal op federale vlak wat in 1963 in die lewe geroep is) en die nasionale radiostasie Deutschlandradio vorm die ARD die openbare televisie- en radiobedryf in Duitsland.
Die nege uitsaaikorporasies op deelstaatvlak het altesaam 23 000 vaste medewerkers in diens, saai elf televisie- en 55 radiokanale uit en beskik oor 16 orkeste en agt kore. Hul totale jaarlikse begroting beloop ruim 6,3 miljard €.[1] Die lede van die ARD het sowat 100 korrespondente in dertig metropole dwarsoor die wêreld.
Verwysings
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie ARD.
- (de) Amptelike webtuiste
- (de) ARD-mediateek Geargiveer 15 Februarie 2009 op Wayback Machine