APEC

Die APEC (Engels: Asia-Pacific Economic Cooperation; letterlik: "Asië-Pasifiese Ekonomiese Koöperasie") is 'n samesluiting van 21 ekonomieë wat aan die Stille Oseaan grens en vir vryhandel in die Asiaties-Stille Oseaan-streek beywer.[1] Die organisasie is op 6–7 November 1989 in die Australiese hoofstad Canberra op inisiatief van Australië, Japan en die Verenigde State saam met nege verdere lande gestig. Die hoofkantoor is in Singapoer geleë en die amptelike taal is Engels. Byna die helfte van die wêreldbevolking bly in die 21 APEC-lande. Die ekonomiese gebied verteenwoordig meer as die helfte van die wêreldwye ekonomiese uitset en is een van die vinnigste groeiende ekonomiese streke in die wêreld.

Lidlande

Die APEC het tans 21 lede, insluitende die meeste lande langs die Stille Oseaan se kus, maar die kriterium vir lidmaatskap is 'n onafhanklike ekonomie in plaas van 'n onafhanklike land. Die organisasie praat dus van lid-ekonomieë in plaas van lidlande. As gevolg hiervan is die deur die Volksrepubliek China ('n lid op sy eie reg) opgeëiste eiland Taiwan met die Republiek China onder die naam Chinese Taipei lid van die organisasie, maar ook die Britse kolonie Hongkong wat nou 'n spesiale administratiewe streek van die Volksrepubliek China is. Al die klein eilandnasies van Melanesië, Mikronesië en Polinesië met hul klein ekonomieë is egter nie lede van die APEC nie, maar word deur die Pasifiese Eilandforum verteenwoordig. 'n Ander belangrike vennootorganisasie is ASEAN, waarvan die meeste lidlande ook lede van die APEC is, behalwe vir Kambodja, Laos en Mianmar. Die Sentraal-Amerikaanse lande Costa Rica, El Salvador, Guatemala, Honduras en Panama asook die Suid-Amerikaanse lande Colombia en Ecuador is egter nie lede van die APEC nie.

Lidlande van die APEC
Moontlike uitbreiding van die APEC:

 Huidige lede

 Belangstelling in lidmaatskap aangekondig

Lid-ekonomie(ë) Naam gebruik deur APEC Datum van aansluiting BBP (PPP) in 2017
(Miljoen Int$)
Vlag van Australië Australië Australia November 1989 1 235 297
Vlag van Broenei Broenei Brunei Darussalam November 1989 32 958
Vlag van Kanada Kanada Canada November 1989 1 763 785
Vlag van Indonesië Indonesië Indonesia November 1989 3 242 966
Vlag van Japan Japan Japan November 1989 5 405 072
Vlag van Suid-Korea Suid-Korea Republic of Korea November 1989 2 026 651
Vlag van Maleisië Maleisië Malaysia November 1989 926 081
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland New Zealand November 1989 185 748
Vlag van Filippyne Filippyne The Philippines November 1989 874 518
Vlag van Singapoer Singapoer Singapore November 1989 513 744
Vlag van Thailand Thailand Thailand November 1989 1 228 941
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State The United States November 1989 19 362 129
Vlag van Republiek van China Republiek van China Chinese Taipei November 1991 1 175 308
Vlag van Hongkong Hongkong Hongkong, China November 1991 453 019
Vlag van die Volksrepubliek China Volksrepubliek China People's Republic of China November 1991 23 122 027
Vlag van Meksiko Meksiko Mexico November 1993 2 406 087
Vlag van Papoea-Nieu-Guinee Papoea-Nieu-Guinee Papua New Guinea November 1993 30 839
Vlag van Chili Chili Chile November 1994 452 095
Vlag van Peru Peru Peru November 1998 424 639
Vlag van Rusland Rusland Russia November 1998 4 000 096
Vlag van Viëtnam Viëtnam Viet Nam November 1998 643 902

Spitsberade

Jaar#DatumsLandStadGasheerleier
19891ste6–7 NovemberVlag van Australië AustraliëCanberraEerste Minister Bob Hawke
19902de29–31 JulieVlag van Singapoer SingapoerSingapoerEerste Minister Goh Chok Tong
19913de12–14 NovemberVlag van Suid-Korea Suid-KoreaSeoelPresident Roh Tae-woo
19924de10–11 SeptemberVlag van Thailand ThailandBangkokEerste Minister Chuan Leekpai
19935de19–20 NovemberVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde StateBlake-eilandPresident Bill Clinton
19946de15–16 NovemberVlag van Indonesië IndonesiëBogorPresident Suharto
19957de18–19 NovemberVlag van Japan JapanOsakaEerste Minister Tomiichi Murayama
19968ste24–25 NovemberVlag van Filippyne FilippyneSubicPresident Fidel Ramos
19979de24–25 NovemberVlag van Kanada KanadaVancouverEerste Minister Jean Chrétien
199810de17–18 NovemberVlag van Maleisië MaleisiëKuala LumpurEerste Minister Mahathir Mohamad
199911de12–13 SeptemberVlag van Nieu-Seeland Nieu-SeelandAucklandEerste Minister Jenny Shipley
200012de15–16 NovemberVlag van Broenei BroeneiBandar Seri BegawanSultan Hassanal Bolkiah
200113de20–21 OktoberVlag van die Volksrepubliek China Volksrepubliek ChinaSjanghaiPresident Jiang Zemin
200214de26–27 OktoberVlag van Meksiko MeksikoLos CabosPresident Vicente Fox
200315de20–21 OktoberVlag van Thailand ThailandBangkokEerste Minister Thaksin Shinawatra
200416de20–21 NovemberVlag van Chili ChiliSantiago de ChilePresident Ricardo Lagos
200517de18–19 NovemberVlag van Suid-Korea Suid-KoreaBusanPresident Roh Moo-hyun
200618de18–19 NovemberVlag van Viëtnam ViëtnamHanoiPresident Nguyễn Minh Triết
200719de8–9 SeptemberVlag van Australië AustraliëSydneyEerste Minister John Howard
200820ste22–23 NovemberVlag van Peru PeruLimaPresident Alan Garcia Perez
200921ste14–15 NovemberVlag van Singapoer SingapoerSingapoerEerste Minister Lee Hsien Loong
201022ste13–14 NovemberVlag van Japan JapanJokohamaEerste Minister Naoto Kan
201123ste12–13 NovemberVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde StateHonoluluPresident Barack Obama
201224ste9–10 SeptemberVlag van Rusland RuslandWladiwostokPresident Wladimir Poetin
201325ste5–7 OktoberVlag van Indonesië IndonesiëBaliPresident Susilo Bambang Yudhoyono
201426ste10–11 NovemberVlag van die Volksrepubliek China Volksrepubliek ChinaBeijingPresident Xi Jinping
201527ste18–19 NovemberVlag van Filippyne FilippynePasayPresident Benigno Aquino III
201628ste19–20 NovemberVlag van Peru PeruLimaPresident Pedro Pablo Kuczynski
201729ste10–11 NovemberVlag van Viëtnam ViëtnamDa NangPresident Trần Đại Quang
201830ste18 NovemberVlag van Papoea-Nieu-Guinee Papoea-Nieu-GuineePort MoresbyEerste Minister Peter O'Neill
201931ste6–17 November (gekanselleer)Vlag van Chili ChiliSantiagoPresident Sebastián Piñera
202032sten.v.t.Vlag van Maleisië Maleisiën.v.t.Eerste Minister Muhyiddin Yassin
202133sten.v.t.Vlag van Nieu-Seeland Nieu-SeelandAucklandn.v.t.
202234sten.v.t.Vlag van Thailand Thailandn.v.t.n.v.t.
202335sten.v.t.Vlag van Meksiko Meksikon.v.t.President Andrés Manuel López Obrador
202436sten.v.t.Vlag van Broenei Broenein.v.t.n.v.t.
202537sten.v.t.Vlag van Suid-Korea Suid-Korean.v.t.n.v.t.

Die APEC se spitsberade is bekend vir hul aansluitende groepfoto van al die deelnemende staats- en regeringshoofde in tradisionele klere van die gasheerland.

Verwysings

  1. (en) "Member Economies". APEC. Besoek op 8 Julie 2018.

Verdere leeswerk

  • (en) Fazzone, Patrick B. (2012). "The Trans-Pacific Partnership—Towards a Free Trade Agreement of Asia Pacific?". Georgetown Journal of International Law. 43 (3): 695–743. ISSN 1550-5200.

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.