9 Desember
9 Desember is die 343ste dag van die jaar volgens die Gregoriaanse kalender (die 344ste in 'n skrikkeljaar). Daar is nog 22 dae oor in die jaar.
<< | Desember 2023 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | |||||
3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 |
10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 |
17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 |
24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 |
31 | ||||||
Al die dae |
Gebeure
- 536 – Die Bisantynse generaal Belisarius verower Rome.
- 1425 – Pous Martinus V stig die voorloper van die Universiteit van Leuven.
- 1513 – Die Lateraanse konsilie bevestig die vrede met koning Lodewyk XII van Frankryk.
- 1516 – Die pragmatiese sanksies van Bourges word afgeskaf.
- 1523 – Alessandro Farnese (later Pous Paulus III) word biskop van Palestrina.
- 1726 – Pous Benedictus XIII stel 9 nuwe kardinale aan, waaronder Angelo Maria Quirini, O.S.B.Cas., aartsbiskop-biskop van Brescia en Prospero Lorenzo Lambertini (later Pous Benedictus XIV).
- 1777 – Pous Pius VI publiseer sy bul "Suprema Dispositione" oor die hoogste ingesteldheid.
- 1793 – New York se eerste daaglikse koerant, genaamd die American Minerva, sien die lig.
- 1855 – NG gemeente Vishoek stig af van NG gemeente Wynberg.
- 1888 – Herman Hollerith installeer 'n tipe rekenaarmasjien by die Verenigde State se Oorlogsdepartement.
- 1897 – Marguerite Durand, Franse verhoogaktriese, joernalis, en bekende suffragette, stig die feminitiese dagblad La Fronde.
- 1899 – Tweede Vryheidsoorlog: die Slag van Stormberg tussen Boere en Britte vind plaas.
- 1900 – Tweede Vryheidsoorlog: Die Russiese tsaar Nikolaas II verwerp Paul Kruger se pleidooi om amptelike hulp teen die Britse weermag, alhoewel baie Russiese vrywillgers aan die Boere se kant veg.
- 1931 – Spanje word 'n republiek.
- 1941 – Die Republiek China verklaar oorlog teen Japan, Duitsland, en Italië.
- 1950 – Harry Gold kry dertig jaar se gevangenistraf omdat hy Amerika se geheime kernwapenplanne aan Rusland verkoop het.
- 1958 – Die John Birch Society word gestig om die oënskynlike bedreiging van kommunisme in die Verenigde State van Amerika te bekamp.
- 1961 – Tanganjika word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
- 1971 – Die Pakistan duikboot Hangor torpedeer die Indiese fregat INS Khukri, 194 matrose en offisiere sterf.
- 1990 – Lech Wałęsa word die eerste direk verkose president van Pole.
- 1992 – Die egskeiding van Prins Charles, die Prins van Wallis en Diana, Prinses van Wallis word aangekondig.
- 2005 – del.icio.us, 'n sosiale boekmerkwebwerf word deur Yahoo! vir tussen VS$15–30 miljoen aangeskaf.
- 2010 – Estland sluit by die OESO aan.
- 2018 – Gerald Cotton die maatskappy se hoof uitvoerende beampte en stigter van Quadriga Fintech Solutions sterf onverwags in Indië. Na sy dood kon 115 000 kliënte nie toegang verkry tot die 250 miljoen Kanadese dollar wat hulle in kriptogeld by die maatskappy belê het nie, aangesien slegs hy die wagwoorde gehad het.
Geboortes
- 1594 – Gustav II Adolf, koning van Swede († 1632).
- 1608 – John Milton, Engelse digter en skrywer († 1674).
- 1742 – Carl Wilhelm Scheele, Sweedse chemiese apteker en die ontdekker van 'n aantal chemiese stowwe († 1786).
- 1812 – Thomas Bowler, Engelse skilder wat aan die Kaap gewerk het († 1869).
- 1842 – Pjotr Kropotkin, Russiese dierkundige, geograaf en filoloog († 1921).
- 1864 – Harry "Breaker" Morant, Australiese luitenant, tereggestel in Pretoria weens verskeie moorde († 1902).
- 1899 – Matilda Hanekom, Afrikaanse aktrise († 1977).
- 1902 – Margaret Hamilton, Amerikaanse aktrise († 1985).
- 1906 – Grace Hopper, Amerikaanse wiskundige en rekenaarpionier († 1992).
- 1915 – Elisabeth Schwarzkopf, Duits-Britse sopraan († 2006).
- 1916 – Kirk Douglas, Amerikaanse akteur († 2020).
- 1932 – Donald Byrd, Amerikaanse trompetspeler van jazzmusiek († 2013).
- 1934 – Dame Judi Dench, Britse aktrise.
- 1941 – Phil Heemstra, Suid-Afrikaanse igtioloog en kenner van seevisse († 2019).
- 1941 – Beau Bridges, Amerikaanse akteur, regisseur, en vervaardiger.
- 1942 - Dick Butkus, Amerikaanse voetbalspeler en akteur (s. 2023).
- 1943 – Vaclav Smil, Tsjeggies-Kanadese wetenskaplike en beleidsontleder.
- 1950 – Mike Schutte, Suid-Afrikaanse swaargewig bokskampioen († 2008).
- 1954 – Jean-Claude Juncker, Luxemburgse politikus.
- 1957 – Riana Scheepers, Afrikaanse skrywer en digter.
- 1961 – Lizz Meiring, Suid-Afrikaanse aktrise.
- 1967 – Joshua Bell, Amerikaanse violis.
- 1973 – Nicole Randall Johnson, Amerikaanse aktrise, skryfster en vervaardiger.
Sterftes
- 1565 – Pous Pius IV, die 224ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1499).
- 1669 – Pous Clemens IX, die 238ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1600).
- 1881 – Thomas François Burgers, 'n teoloog en 'n president van die Zuid-Afrikaansche Republiek (* 1834).
- 1941 – Eduard von Böhm-Ermolli, Oostenrykse generaal tydens die Eerste Wêreldoorlog (* 1856).
- 1973 – Mary Fuller, Amerikaanse aktrise (* 1888).
- 1996 – Mary Leakey, Britse argeoloog en antropoloog (* 1913).
- 2012 – Patrick Moore, 'n Britse sterrekundige (* 1923).
- 2013 – Eleanor Parker, Amerikaanse aktrise (* 1922).
- 2019 – Ben Turok, professor in ekonomie, ANC aktivis en voormalige lid van die parlement (* 1927).
- 2019 – Marie Fredriksson, Sweedse sangeres en lid van Roxette (* 1958).
Vakansie-, vierings-, en waarnemingsdae
- Die Opalia-fees ter ere van die Romeinse godin van die oes, Ops.
- Anna-se-dag. Op hierdie dag in Swede word almal met die naam Anna vereer, en dit is ook die dag waarop almal in Skandinawië die verrottingsproses van die luitvis begin, wat op Kersdag verorber word.
- Feesdag van Pous Petrus I van Alexandrië in die Rooms-Katoliek en Kopties-Ortodokse Kerke.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |
Wikimedia Commons bevat media in verband met 9 December. |
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.