8ste Dinastie van Egipte
Die 8ste Dinastie van Antieke Egipte (ook Dinastie VIII geskryf) was die tweede dinastie van ’n verwarrende periode bekend as die Eerste Oorgangstydperk. Dit word dikwels met die 7de Dinastie gekombineer vanweë die vinnige opvolging van farao's en die feit dat baie se regeringstydperke nie bekend is nie.
Die twee dinastieë het geduur van omstreeks 2181 tot 2160 v.C..
Heersers
Min is bekend oor die farao's van die 8ste Dinastie. Die bekendstes was:
Farao | Troonnaam | Bewind | |||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Neferkare Pepiseneb | Minstens een jaar volgens die Turynse Koningslys.[1] | ||||||||||||||||||
Neferkamin Anoe | |||||||||||||||||||
Qakare Ibi | Twee jaar, een maand en een dag volgens die Turynse Koningslys.[2] Bevestig in sy piramide by Saqqara. | ||||||||||||||||||
Neferkaoere | Vier jaar en twee maande volgens die Turynse Koningslys,[2] bevestig in ’n verordening oor die tempel van Min.[3] | ||||||||||||||||||
Chwiwihepoe Neferkaoehor | Twee jaar, een maand en een dag volgens die Turynse Koningslys,[2] bevestig in ’n verordening oor die tempel van Min.[4] | ||||||||||||||||||
Neferirkare II | Een en ’n half jaar volgens die Turynse Koningslys.[2] |
Verwysings
- Kim Ryholt: "The Late Old Kingdom in the Turin King-list and the Identity of Nitocris", Zeitschrift für ägyptische, 127, 2000, p. 91
- Jürgen von Beckerath: The Date of the End of the Old Kingdom of Egypt, JNES 21 (1962), p. 143
- Die verordening in die katalogus van die MET
- Fragmente van die verordening by MET: fragment 1, 2 and 3.
Voorafgegaan deur ← 7de Dinastie |
8ste Dinastie | Opgevolg deur 9de Dinastie → |
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.