6 Hebe
Hebe (kleinplaneetnaam: 6 Hebe) is ’n groot asteroïde in die asteroïdegordel waarvan die massa sowat ’n halwe persent van die hele gordel s’n is. Vanweë sy skynbare digtheid tel Hebe nie onder die top-20-asteroïdes wat volume betref nie. Dit is waarskynlik ’n soliede liggaam wat nie baie botsings ondervind het nie – dit is ongewoon vir asteroïdes van dié grootte wat gewoonlik los "rommelhope" is.
’n Ligkurwegebaseerde 3D-model van Hebe. | |
Ontdekking | |
---|---|
Ontdek deur | K.L. Hencke |
Datum | 1 Julie 1847 |
Kleinplaneet-benaming | (6) Hebe |
Alternatiewe name | 1847 JB |
Kleinplaneet-kategorie | Asteroïdegordel |
Etimologie | Hebe Griekse godin) |
Wentelbaaneienskappe | |
Epog 26 November 2005 | |
Afelium | 2,914 AE |
Perihelium | 1,937 AE |
Halwe lengteas | 2,426 AE |
Wentelperiode | 3,78 jaar (1 379,756 dae) |
Gem. omwentelingspoed | 18,93 km/s |
Gem. anomalie | 247,947° |
Baanhelling | 14,751° |
Lengteligging van stygende nodus | 138,752° |
Periheliumhoek | 239,492° |
Fisiese eienskappe |
|
Afmetings | 205 × 185 × 170 km[1][2][3] |
Oppervlakte | 109 000 km2 |
Volume | 3 380 000 km3 |
Massa | 1,28×1019 kg[1] (1⁄5 700 Maan) |
Gem. digtheid | 3,81±0,26 g/cm³[1] |
Oppervlak- aantrekkingskrag | ~0,087 m/s2 |
Ontsnapping- snelheid | ~0,13 km/s (468 km/h) |
Rotasieperiode | 0,3031 d[4] |
Rotasiespoed by ewenaar | 22,4 m/s |
Temperatuur | ~170 K maks.: ~269 K (−4 °C) |
Spektraaltipe: | S |
Skynmagnitude | 7,5[5] tot 11,50 |
Absolute magnitude | 5,71 |
Hoekgrootte | 0,26" tot 0,065" |
Wat skynbare magnitude betref, is Hebe die vyfde helderste voorwerp in die asteroïdegordel, naas 4 Vesta, 1 Ceres, 7 Iris en 2 Pallas. Dit het met opposisie ’n gemiddelde magnitude van +8,3, byna dié van Titaan,[6] en kan tot +7,5 bereik met ’n opposisie naby perihelium.
Hebe is moontlik die moederliggaam van die H-chondrietmeteoriete, wat sowat 40% uitmaak van alle meteoriete wat die Aarde tref.
Verwysings
- Jim Baer (2008). "Recent Asteroid Mass Determinations". Personal Website. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Maart 2019. Besoek op 28 November 2008.
- Supplemental IRAS Minor Planet Survey Geargiveer 23 Junie 2006 op Wayback Machine
- J. Torppa et al. Shapes and rotational properties of thirty asteroids from photometric data Geargiveer 6 November 2015 op Wayback Machine, Icarus, Vol. 164, p. 346 (2003).
- Planetary Data System Small Bodies Node, lightcurve parameters Geargiveer 14 Junie 2006 op Wayback Machine
- Donald H. Menzel; Jay M. Pasachoff (1983). A Field Guide to the Stars and Planets (2nd uitg.). Boston, MA: Houghton Mifflin. p. 391. ISBN 0-395-34835-8.
{{cite book}}
: Onbekende parameter|last-author-amp=
geïgnoreer (hulp) - The Brightest Asteroids Geargiveer 11 Mei 2008 op Wayback Machine
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie 6 Hebe.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia