5 September
5 September is die 248ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (249ste in skrikkeljare). Daar volg nog 117 dae in die res van die jaar.
<< | September 2023 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | |||||
3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 |
10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 |
17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 |
24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 |
Al die dae |
Gebeure
- 96 – Pous Kedron van Alexandrië volg Avilius as Patriarg van die Kerk in Alexandrië op.
- 1183 – Pous Lucius III verklaar St. Bruno van Segni heilig.
- 1316 – Pous Johannes XXII word in Lyon gekroon.
- 1370 – Pous Urbanus V begin sy terugkeer van Rome na Avignon.
- 1622 – Pous Gregorius XV stel vier nuwe kardinale aan waaronder Armand-Jean du Plessis de Richelieu.
- 1666 – Die Groot brand van Londen finaal geblus.
- 1669 – Turkse magte verower Candia (teenswoordig Iraklion) op Kreta.
- 1696 – Pous Innocentius XII verklaar Zita van Lucca heilig.
- 1905 − Met die ondertekening van die Verdrag van Portsmouth word die Russies-Japannese Oorlog van 1904−1905 formeel beëindig.
- 1972 – Die München-slagting vind plaas toe elf Israeliese atlete word vermoor deur Palestynse terroriste tydens die Munchen Olimpiese Spele.
- 1977 – Die Progressiewe Reformiste Party en 'n groep politici onder leiding van Japie Basson stig die Progressiewe Federale Party, amptelike opposisie in die Suid-Afrikaanse parlement vir die daaropvolgende 10 jaar.
- 1977 – Voyager 1, 'n onbemande ruimtetuig wat al die planete besoek, word lanseer.
Geboortes
- 1568 – Tommaso Campanella, Italiaanse skrywer, filosoof en teoloog († 1639).
- 1638 – Lodewyk XIV van Frankryk, die Sonkoning († 1715).
- 1735 – Johann Christian Bach, Duitse komponis († 1782).
- 1774 – Caspar David Friedrich, Duitse Romantiese skilder en tekenaar († 1840).
- 1791 – Giacomo Meyerbeer, Joods-Duitse komponis en dirigent († 1864).
- 1876 – Wilhelm Ritter von Leeb, Duitse veldmaarskalk en oorlogsmisdadiger († 1956)
- 1909 – Jan Buys, Suid-Afrikaanse skilder († 1985)
- 1925 – Jos Vandeloo, Vlaamse skrywer en digter († 2015).
- 1937 – Klaas de Jonge, Nederlandse menseregte-aktivis en Afrikanis († 2023).
- 1939 – Clay Regazzoni, Switserse motorrenjaer († 2006).
- 1940 – Raquel Welch, Amerikaanse aktrise en vervaardiger († 2023).
- 1946 – Freddie Mercury, Britse musikant en die hoofsanger van die rockgroep Queen († 1991).
- 1963 – Jonny Phillips, Engelse akteur, regisseur en skrywer.
- 1978 – Chris Hipkins, Nieu-Seelandse politikus.
- 1980 − Pita Limjaroenrat, Thaise politikus en sakeman.
- 1985 – Ernst Roets, Suid-Afrikaanse burgerregte-aktivis.
Sterftes
- 1548 – Catharina Parr, die sesde en laaste vrou van Hendrik VIII van Engeland (* 1512).
- 1857 – Auguste Comte, Franse wiskundige en filosoof (* 1798).
- 1877 – Crazy Horse, "Inheemse Amerikaner" van die Oglala Lakota (* 1842).
- 1900 – Danie Theron, Kommandant baasverkenner en krygsman in die Tweede Vryheidsoorlog (* 1872).
- 1906 – Ludwig Boltzmann, Oostenrykse wis- en natuurkundige (* 1844).
- 1963 – Gerhard Morkel, Springbokrugbyspeler (* 1888)
- 1982 – Douglas Bader, Britse Koninklike Lugmag, bobaasvlieënier tydens die Tweede Wêreldoorlog. (* 1910).
- 1997 – Moeder Teresa, 'n Rooms-Katolieke non (* 1910).
- 2019 – Ampie Muller, 'n akademikus en omroeper (* 1930).
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.