5 Maart
5 Maart is die 64ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (65ste in skrikkeljare). Daar volg nog 301 dae in die res van die jaar.
<< | Maart 2023 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | |||
5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 |
12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 |
19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 |
26 | 27 | 28 | 29 | 30 | 31 | |
Al die dae |
Gebeure
- 254 – Pous Stefanus I volg Pous Lucius I op.
- 1460 – Pous Pius II stel ses nuwe kardinale aan waaronder sy neef Francesco Todeschini Piccolomini, later Pous Pius III.
- 1770 – Bostonslagting: Die gooi van sneeuballe na Britse soldate tydens 'n militêre besetting loop uit in geweld in Boston.
- 1798 – Die burgers van Bern veg heldhaftig teen ´n Franse aanvalsmag van 40000 soldate. Bern kapituleer en betaal Frankryk ´n losprys van 26 miljoen Frank, 400 kanonne en 43000 gewere.
- 1824 – Brittanje verklaar amptelik oorlog teen Burma en begin daarmee die Eerste Anglo-Burmese Oorlog.
- 1836 – Samuel Colt patenteer die eerste produksie-model-rewolwer, die .34-kaliber.
- 1872 – George Westinghouse patenteer die lugrem wat treine toelaat om meer betroubaar tot stilstand te kom.
- 1918 – Bolshevistiese Rusland skuif sy hoofstad van Moskou na Petrograd.
- 1946 – Die term Ystergordyn word vir die eerste keer in 'n openbare toespraak deur Winston Churchill gebruik.
- 1973 – Albino Luciani (later Pous Johannes Paulus I) word kardinaal-priester van San Marco.
Geboortes
- 1796 – Karel Landman, Voortrekkerleier en tweede-in-bevel tydens die Slag van Bloedrivier († 1875).
- 1908 – Rex Harrison, Britse verhoog- en rolprentakteur († 1990).
- 1931 – Leon Rousseau, Afrikaanse skrywer en stigterslid van Human & Rousseau († 2016).
- 1937 – Olusegun Obasanjo, oudpresident van Nigerië.
- 1946 – Charles Fryer, Suid-Afrikaanse digter en uitgewer († 2014).
- 1946 – Martin van Creveld, Israeliese militêre historikus en teoretikus.
- 1948 – Elaine Paige, Engelse sangeres en aktrise.
- 1953 – Tokyo Sexwale, Suid-Afrikaanse sakeman.
- 1956 – Anton Goosen, Suid-Afrikaanse musikant.
- 1968 – Ambrose Dlamini, tiende Eerste Minister van Eswatini († 2020).
- 1974 – Barbara Schöneberger, Duitse komediant en sangeres.
- 1982 – Nadia Valvekens, Suid-Afrikaanse sepie- en rolprentaktrise.
Sterftes
- 254 – Lucius I, biskop van Rome (* onbekend).
- 1778 – Thomas Arne, Engelse komponis (* 1710)
- 1827 – Pierre-Simon Laplace, Franse wiskundige, fisikus en sterrekundige (* 1749).
- 1827 – Alessandro Volta, Italiaanse fisikus, chemikus, en 'n pionier in die veld van elektrisiteit (* 1745).
- 1953 – Josef Stalin, sekretaris van die Kommunistiese Party van die Sowjetunie se sentrale komitee (* 1878).
- 1953 – Sergei Prokofiëf, Russiese komponis (* 1891).
- 1984 – William Powell, Amerikaanse akteur (* 1892).
- 2013 – Hugo Chávez, president van Venezuela (* 1954).
- 2023 – Pedro Filho, Brasiliaanse reeksmoordenaar (* 1954).
- 2023 – Mark Pilgrim, Suid-Afrikaanse mediapersoonlikheid (* 1969).
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.