5 Junie
5 Junie is die 156ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (157ste in 'n skrikkeljaar). Daar volg nog 209 dae in die res van die jaar.
<< | Junie 2023 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | ||||
4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 |
11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 |
18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 |
25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 | |
Al die dae |
Gebeure
- 1305 – Pous Clemens V volg Pous Benedictus XI op.
- 1409 – Die konsilie van Pisa set beide pouse Pous Gregorius XII en Teenpous Benedictus XIII af.
- 1446 – Op Pinkster verklaar Pous Eugenius IV Sint Nicolaas van Tolentino heilig.
- 1596 – Pous Clemens VIII stel sestien nuwe kardinale aan waaronder sy familielid Gian Francesco Biandrate di San Giorgio Aldobrandini en Camillo Borghese (later Pous Paulus V).
- 1899 – Die Bloemfontein-konferensie kom tot 'n einde.
- 1967 – Die Sesdaagse Oorlog begin.
- 2017 – Montenegro sluit by die NAVO aan.
Geboortes
- 1640 – Pu Songling, 'n Chinese skrywer († 1715).
- 1718 – Thomas Chippendale, Engelse meubelmaker († 1779).
- 1723 – Adam Smith, Skotse Ekonoom († 1790).
- 1819 – John Couch Adams, Britse wiskundige en sterrekundige († 1892)
- 1872 – Arthur William Rogers, Suid-Afrikaanse geoloog en staatsamptenaar van Britse herkoms († 1946).
- 1883 – John Maynard Keynes, Britse Ekonoom († 1946).
- 1898 – Federico García Lorca, Spaanse digter en skrywer († 1936).
- 1900 – Dennis Gabor, Hongaarse natuurkundige († 1979).
- 1901 – Anastasia Nikolaijewna Romanowa, groothertogin van Rusland. († 1918).
- 1925 – Connie Mulder, Suid-Afrikaanse politikus, Minister van Inligting († 1988).
- 1938 – David Koloane, Suid-Afrikaanse kunstenaar († 2019).
- 1950 – Daniel von Bargen, Amerikaanse akteur († 2015).
- 1958 – Jackson Mthembu, parlementslid, minister in die Presidensie († 2021).
- 1971 – Mark Wahlberg, Amerikaanse akteur en rolprentvervaardiger.
- 1974 – Lino DiSalvo, Amerikaanse akteur en skrywer.
- 1995 – Troye Sivan, Australiese akteur en sanger.
Sterftes
- 754 – Sint Bonifatius; vermoor deur die Friese in Dokkum.
- 1988 – Charles Jacobie, Afrikaanse country-sanger (* 1928).
- 1936 – Ida Darling, Amerikaanse aktrise (* 1880).
- 2004 – Ronald Reagan, Amerikaanse politikus, staatsman en 40ste President van die Verenigde State (* 1911).
- 2015 – Jerry Collins, Nieu-Seelandse rugbyspeler (* 1980).
- 2018 – Kay de Villiers, Suid-Afrikaanse neurochirurg (* 1928).
- 2021 – T.B. Joshua, Nigeriese Christelike TV-evangelis (* 1963).
- 2023 – Tina Joemat-Pettersson, Suid-Afrikaanse ANC-politikus en kabinetsminister (* 1963).
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.