5 Desember
5 Desember is die 339ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (340ste in skrikkeljare). Daar volg nog 26 dae in die res van die jaar.
<< | Desember 2023 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | |||||
3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 |
10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 |
17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 |
24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 |
31 | ||||||
Al die dae |
Gebeure
- 1212 – Die meerderheid Duitse prinse vervang Otto IV met Frederik II as keiser.
- 1387 – Pous Urbanus VI stel Cosimo de' Migliorati (later Pous Innocentius VII) aan as aartsbiskop van Ravenna.
- 1484 – Pous Innocentius VIII publiseer die bul Summis desiderantes affectibus wat die heksejag instel.
- 1492 – Christophorus Columbus word die eerste Europeër wat voet aan wal sit op die eiland Hispaniola (nou Haïti en die Dominikaanse Republiek).
- 1590 – Pous Gregorius XIV volg Pous Urbanus VII op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
- 1931 – Katedraal van Christus die Verlosser in Moskou is vernietig deur 'n bevel van Josef Stalin.
- 1933 – Die Prohibisie (verbod op alkoholiese drank) in die Verenigde State eindig toe die Een-en-twintigste wysinging aan die Amerikaanse Grondwet bekragtig word.
- 1934 – Die Verenigde Party gestig met genls. James Barry Munnik Hertzog as leier en Jan Christian Smuts as onderleier.
- 1936 – Die 1936 Sowjetgrondwet, ook bekend as die "Stalingrondwet", word aangeneem.
- 1945 – Vlug 19, 'n eskader van vyf Grumman TBF Avenger torpedobomwerpers van die Amerikaanse Vloot, verdwyn in die Bermudadriehoek.
Geboortes
- 1443 – Giuliano della Rovere, (later Pous Julius II), 216de pous van die Rooms-Katolieke Kerk († 1513).
- 1782 – Martin Van Buren, agste President van die Verenigde State († 1862).
- 1867 – Józef Piłsudski, president van Pole († 1935).
- 1888 – Tienie Holloway, Afrikaanse skrywer van kinderliteratuur († 1967).
- 1894 – Charles Robberts Swart, laaste Goewerneur-generaal van die Unie van Suid-Afrika en eerste Staatspresident van die Republiek van Suid-Afrika († 1982).
- 1901 – Walt Disney, Amerikaanse animeerder en sketskunstenaar († 1966).
- 1903 – Johannes Heesters, Nederlands-Duitse akteur en sanger († 2011).
- 1905 – Otto Preminger, Oostenryk gebore, Amerikaanse regisseur († 1986).
- 1907 – Lin Biao, Chinese maarskalk en politikus († 1971).
- 1927 – Bhumibol Adulyadej, koning van Thailand († 2016).
- 1932 – Ray Austin, Engelse akteur, regisseur, en vervaardiger († 2023).
- 1932 – Little Richard, Amerikaanse sanger († 2020).
- 1953 – Gwen Lister, Namibiese redakteur.
- 1985 – Frankie Muniz, Amerikaanse akteur.
Sterftes
- 1791 – Wolfgang Amadeus Mozart, Oostenrykse komponis van Salzburg (* 1756).
- 1891 – Dom Pedro II, tweede en laaste keiser van Brasilië (* 1825).
- 1918 – Schalk Willem Burger, Transvaalse politikus en waarnemende president (* 1852).
- 1926 – Claude Monet, 'n impressionistiese kunsskilder van Giverny, Frankryk (* 1840).
- 1834 – Thomas Pringle, Suid-Afrika se eerste Engelstalige digter en een van die baanbrekers vir persvryheid (* 1789).
- 1941 – Amrita Sher-Gil, Indiese skilderes (* 1913).
- 1990 – Peter Blum, Afrikaanse digter (* 1925).
- 2007 – Karlheinz Stockhausen, Duitse komponis (* 1928).
- 2012 – Oscar Niemeyer, Brasiliaanse argitek (* 1907).
- 2012 – Dave Brubeck, Amerikaanse jazz pianis (* 1920).
- 2013 – Nelson Mandela, Suid-Afrikaanse politikus en staatsman, eerste demokraties verkose president van Suid-Afrika (1994–1999) (* 1918).
- 2017 – Johnny Hallyday, Franse musikant, sanger en akteur (* 1943).
- 2018 – Alex Boraine, 'n Suid-Afrikaanse politikus, skrywer en voormalige kerkleier (* 1931).
- 2022 – Kirstie Alley, Amerikaanse aktrise, vervaardiger, en skryfster (* 1951).
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.