4 Augustus
4 Augustus is die 216de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (217de in skrikkeljare). Daar volg nog 149 dae in die jaar.
<< | Augustus 2023 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | ||
6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 |
13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 |
20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 |
27 | 28 | 29 | 30 | 31 | ||
Al die dae |
Gebeure
- 1496 – Die Spanjaarde onder leiding van Bartholomew Columbus, die broer van Christophorus Columbus, stig Santo Domingo, die oudste Europese nedersetting in die Amerikas en tans hoofstad van die Dominikaanse Republiek.
- 1578 – Marokkaanse magte verslaan Portugese troepe in die Slag van Alcazarquivir.
- 1609 – 'n Orkaan, wat oor Nieu-Engeland woed en waardeur 'n skip naby Bermuda vergaan, lewer die inspirasie vir William Shakespeare se toneelstuk The Tempest.
- 1690 – Pous Alexander VIII veroordeel die Galliese Vryhede.
- 1693 – Die tradisionele datum vir die uitvinding van sjampanje deur Dom Perignon.
- 1704 – Brits-Nederlandse troepe beset Gibraltar.
- 1730 – Pous Clemens XII stel sy neef Neri Maria Corsini, apostoliese protonotarius, aan as kardinaal.
- 1782 – Wolfgang Amadeus Mozart trou met Constanze Weber.
- 1782 – Die Grosvenor strand sowat 50 km noord van Port St. Johns.
- 1821 – Francesco Saverio Castiglioni (later Pous Pius VIII) word groot-penitentiarius van die Kurie en biskop van Frascati.
- 1903 – Pous Pius X volg Pous Leo XIII op as 257ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
- 1912 – Die 53-jarige Noorweegse skrywer Knut Hamsun voltooi sy romantrilogie Die swerwer.
- 1914 – Eerste Wêreldoorlog: Duitse troepe val België binne. Die Verenigde Koninkryk verklaar oorlog teen Duitsland en die VSA verklaar neutraliteit.
- 1916 – Die VSA koop die Maagde-eilande (in die oostelike deel van die Karibiese see) vir $25 miljoen van Denemarke.
- 1931 – Kurt Tucholsky se beroemde stelling "Soldate is moordenaars" verskyn in die tydskrif Die Weltbühne.
- 1944 – 'n Nederlandse informant lei die Gestapo na waar Anne Frank en haar familie gevind word.
- 1954 – Nooiensvlug van Brittanje se eerste supersoniese vegvliegtuig, die P-1 English Electric Lightning.
- 1964 – FBI-agente ontdek die lyke van drie vermiste burgerregtewerkers by 'n dam naby Philadelphia, Mississippi.
- 1964 – Die Amerikaanse Lugmag begin met die bombardering van Noord-Viëtnam.
- 1983 – Thomas Sankara word President van Bo-Volta.
- 1984 – Bo-Volta wysig sy naam na Burkina Faso.
- 1990 – Vir die eerste keer sedert die Tweede Wêreldoorlog land 'n Lufthansa-vliegtuig op die Oos-Berlynse Schönefeld-lughawe.
- 1991 – Die Griekse plesierboot die Oceanos vergaan langs die kus van Suid-Afrika.
- 1996 – Josia Thugwane word die eerste swart Suid-Afrikaanse atleet om 'n goue Olimpiese medalje te verower - tydens die Atlanta Olimpiese Spele in die marathon.
- 2010 – Keniaanse kiesers stem in 'n referendum ten gunste van 'n nuwe grondwet wat onder meer die president se bevoegdhede beperk.
- 2020 – ‘n Brand en verskeie ontploffings gevolg deur ‘n reuse ontploffing het in die hawe van Beiroet in Libanon plaasgevind.
Geboortes
- 1521 – Giambattista Catagna (later Pous Urbanus VII), die 228ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk († 1590).
- 1805 – William Rowan Hamilton, wiskundige, natuurkundige en filosoof, te Dublin, Verenigde Koninkryk (tans Ierland)
- 1859 – Knut Hamsun, Noorweegse romanskrywer, Nobelpryswenner vir Letterkunde in 1920 († 1952)
- 1900 – Elizabeth Bowes-Lyon, voormalige Britse koningin († 2002).
- 1901 – Louis Armstrong, Amerikaanse jazz-trompetspeler en -sanger († 1971).
- 1904 – Helen Kane, Amerikaanse sangeres en aktrise († 1966).
- 1934 – Rutger Kopland, Nederlandse digter († 2012).
- 1935 – Ian Fleming, Engelse organiese chemikus.
- 1938 – John Gainsford, Springbokrugbyspeler († 2015).
- 1938 – David Lange, 32ste Eerste Minister van Nieu-Seeland († 2005).
- 1955 – Moya Brennan, Ierse sangeres.
- 1955 – Billy Bob Thornton, Amerikaanse akteur.
- 1955 – Gerrie Coetzee, Suid-Afrikaanse bokser en voormalige wêreldswaargewigbokskampioen.
- 1958 – Steve Kekana, Suid-Afrikaanse sanger en liedjieskrywer († 2021).
- 1961 – Barack Obama, 44ste President van die Verenigde State van Amerika.
- 1981 – Meghan, Hertogin van Sussex, Amerikaanse oud-aktrise en lid van die Britse koninklike familie.
- 1995 – Jessica Sanchez, Amerikaanse sanger-liedjieskrywer.
Sterftes
- 1060 – Koning Henry I van Frankryk (* 1008).
- 1875 – Hans Christian Andersen, 'n Deense feëverhaalskrywer en digter (* 1805).
- 1938 – Pearl White, Amerikaanse aktrise (* 1889).
- 1953 – Herman van Broekhuizen, Suid-Afrikaanse predikant en Volksraadslid (* 1871).
- 1962 – Marilyn Monroe, Amerikaanse aktrise en sangeres (* 1926).
- 1981 – Melvyn Douglas, Amerikaanse akteur (* 1901).
- 1997 – Jeanne Calment op 122, sover bekend die oudste mens ooit.
- 1999 – Victor Mature, Amerikaanse akteur (* 1913).
- 2007 – Lee Hazlewood, Amerikaanse sanger-liedjieskrywer en platevervaardiger (* 1929).
- 2011 – Naoki Matsuda, Japannese sokkerspeler (* 1977).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.