45ste Oscar-toekenningsaand
Die 45ste Oscar-toekenningsaand is op 27 Maart 1973 deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences in Los Angeles gehou om erkenning te gee aan die rolprente van 1972. Die aanbieders was Carol Burnett, Michael Caine, Charlton Heston en Rock Hudson.
45ste Oscar-toekenningsaand
| ||
Datum | 27 Maart 1973 | |
Plek | Dorothy Chandler Pavilion, Los Angeles | |
Aanbieder | Carol Burnett, Michael Caine, Charlton Heston, Rock Hudson | |
Pryse & benoemings | ||
Beste rolprent | The Godfather | |
Meeste pryse | Cabaret (8) | |
Meeste benoemings | The Godfather en Cabaret (10 elk) |
Op dié seremonie het Marlon Brando vir Sacheen Littlefeather na die verhoog gestuur om te verduidelik hoekom hy nie sy Oscar vir beste akteur vir The Godfather in ontvangs sou neem nie. Charlie Chaplin het in dié jaar ook sy eerste prys gewen waarvoor hy met ander moes meeding – vir beste oorspronklike musiek vir sy 20 jaar oue prent Limelight. Die prent het in aanmerking gekom omdat dit nie voor 1972 in Los Angeles vertoon is nie.[1][2] Chaplin het in 1929 en 1972 erepryse ontvang.
Cabaret, Bob Fosse se weergawe van die Broadway-musiekblyspel, het ’n rekord opgestel vir die meeste Oscars sonder om die prys vir beste rolprent te wen.
Pryse
Hier volg ’n lys van die belangrikste wenners en benoemdes (die wenners word eerste genoem en is in vet druk):[3][4]
Beste rolprent | Beste regisseur |
---|---|
|
|
Beste akteur | Beste aktrise |
|
|
Beste manlike byspeler | Beste vroulike byspeler |
|
|
Beste oorspronklike draaiboek | Beste verwerkte draaiboek |
|
|
Beste buitelandse rolprent | Beste oorspronklike musiek (drama) |
| |
Beste kunsredigering | Beste kinematografie |
|
|
Beste redigering | |
|
Erepryse
- Charles S. Boren
- Edward G. Robinson
Verwysings
- Bruce Russell (28 Maart 1973). "Cabaret shades Godfather". Reuter. Besoek op 9 Junie 2013.
- Bret Wood. "Limelight". TCM. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 April 2013. Besoek op 9 Junie 2013.
- The Official Academy Awards® Database
- "The 45th Academy Awards (1973) Nominees and Winners". oscars.org (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Oktober 2014. Besoek op 28 Augustus 2011.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Oscars.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia