3 Januarie
3 Januarie is die derde dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 362 dae in die res van die jaar (363 in skrikkeljare).

Burry Stander tydens die 2012 Olimpiese Somerspele. Hy is op 3 Januarie 2013 in 'n padongeluk oorlede.
.jpg.webp)
Michael Schumacher is op die dag in 1969 gebore.
<< | Januarie 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | |
7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 |
14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 |
21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 |
28 | 29 | 30 | 31 | |||
Al die dae |
Gebeure
- 936 – Pous Leo VII volg Pous Johannes XI op.
- 1496 – Leonardo da Vinci poog onsuksesvol om ’n vliegmasjien te laat vlieg.
- 1521 – Pous Leo X verban Martin Luther uit die Katolieke Kerk.
- 1586 – Pous Sixtus V stel die maksimum aantal kardinale op 70 in sy bul Postquam verus.
- 1701 – Vincenzo Maria Orsini (Later Pous Benedictus XIII) word kardinaal-biskop van Frascati.
- 1749 – Benning Wentworth begin om die New Hampshire Grants uit te reik op land waarop die provinsie van New York ook aanspraak maak, en wat tans Vermont is.
- 1815 – Oostenryk, die Verenigde Koninkryk, en Frankryk smee ’n geheime verdedigingsbondooreenkoms teen Pruise en Rusland.
- 1833 – Die Verenigde Koninkryk verkry beheer oor die Falkland-eilande in die Suid-Atlantiese oseaan.
- 1857 – Cape Argus verskyn die eerste keer in Kaapstad, en wel as 'n oggendblad.
- 1888 – Die 91 cm refraktorteleskoop by Lick Observatory, op daardie stadium die grootste teleskoop ter wêreld, word in gebruik geneem.
- 1925 – Benito Mussolini kondig sy diktatorskap van Italië aan.
- 1926 – Generaal Theodorus Pángulos benoem homself die diktator van Griekeland.
- 1957 – Die Hamilton-horlosiemaatskappy onthul die wêreld se eerste elektriese horlosie.
- 1958 – Tien voormalige Britse kolonies in die Karibiese Eilande smelt saam om ’n nuwe onafhanklike land, die Wes-Indiese Federasie, te vorm.
- 1959 – Alaska word die 49ste deelstaat van die Verenigde State.
- 1961 – Die VSA verbreek diplomatieke betrekkings met Kuba.
- 1961 – ’n Kernreaktor naby Idaho Falls, Idaho smelt en drie werkers sterf weens stralingsblootstelling.
- 1962 – Pous Johannes XXIII verban Fidel Castro.
- 1973 – George Steinbrenner en ’n groep beleggers koop die New York Yankees vir VS$10 miljoen.
- 1990 – Generaal Manuel Noriega, die onttroonde “Sterkman van Panama”, gee oor.
- 1994 – ’n Toepolef Tu-154 straalvliegtuig van Baikal Lugredery stort neer kort nadat dit opstyg vanaf Irkoetsk, in Rusland, en 125 mense, insluitende een op die grond, sterf.
- 2004 – ’n Boeing 737-vliegtuig van Flash Airlines, ’n Egiptiese lugredery, stort neer in die Rooisee en al 148 mense aan boord sterf.
- 2004 – ’n Afstandbeheerde verkenningsvoertuig van NASA maak 'n suksesvolle landing op Mars.
- 2020 – Qasem Soleimani bevelvoerder van die Islamitiese Revolusionêre Wagkorps (IRGC) se Koeds-mag, sterf in 'n Amerikaanse hommeltuig-teikenaanval in Bagdad, Irak.
Geboortes
- 106 v.C. – Cicero, Romeinse filosoof en staatsman († 43 v.C.).
- 1883 – Clement Attlee, Eerste Minister van die Verenigde Koninkryk († 1967).
- 1883 – Austin Roberts, Suid-Afrikaanse dierkundige en ornitoloog († 1948).
- 1892 – J.R.R. Tolkien, Suid-Afrikaansgebore Britse skrywer en filoloog († 1973)
- 1899 – M.I. Murray, Afrikaanse skrywer, dramaturg en lektrise († 1983).
- 1901 – Ngo Dinh Diem, Viëtnamese staatsman, president van Suid-Viëtnam († 1963).
- 1916 – Betty Furness, Amerikaanse aktrise en skrywer († 1994).
- 1929 – Gordon Moore, Amerikaanse sakeman en mede-stigter van Intel († 2023).
- 1930 – Robert Loggia, Amerikaanse akteur en regisseur († 2015).
- 1950 – Victoria Principal, Japannees-Amerikaanse aktrise.
- 1951 – Frank Chikane, Suid-Afrikaanse teoloog, ANC-politikus en anti-apartheidsaktivis.
- 1953 – Cora Marie, Suid-Afrikaanse country-sangeres († 1994).
- 1956 – Mel Gibson, Australiese akteur en regisseur.
- 1969 – Michael Schumacher, Duitse Formule Een-renjaer.
- 1970 – Rocco de Villiers, Suid-Afrikaanse pianis.
- 1986 – Rasta Rasivhenge, Suid-Afrikaanse rugbyskeidsregter.
- 1996 – Florence Pugh, Britse aktrise.
- 2003 – Greta Thunberg, Sweedse klimaataktivis.
Sterftes
- 236 – Pous Anterus, 19de pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend)
- 1322 – Philip V, koning van Frankryk (* 1293)
- 1641 – Jeremiah Horrocks, Engelse sterrekundige (* 1619).
- 1746 – Wilhelmina ten Damme, die eggenote van die Kaapse goewerneur Hendrik Swellengrebel (* 1706).
- 1795 – Josiah Wedgwood, Engelse pottebakker (* 1730).
- 1967 – Jack Ruby, die moordenaar van Lee Harvey Oswald (* 1911).
- 1979 – Conrad Hilton, Amerikaanse hotelmagnaat (* 1887)
- 1980 – Joy Adamson, bewaringsaktivis en skrywer van Born Free (* 1910)
- 1981 – Haar Koninklike Hoogheid Prinses Alice van Albanië, die laaste oorlewende kleinkind van Koningin Victoria (* 1883).
- 1991 – Anna Elizabeth Pohl, Suid-Afrikaanse sopraan en sangdosent (* 1914)
- 2013 – Burry Stander, Suid-Afrikaanse bergfiets kampioen en voormalige onder-23 Wêreldkampioen (* 1987).
- 2013 – Hendrik Vermooten, 'n Suid-Afrikaanse argitek wat veral verantwoordelik was vir die ontwerp van 144 Afrikaanse kerkgeboue (* 1921).
- 2020 – Qasem Soleimani, Irannese generaal-majoor van die Islamitiese Revolusionêre Wagkorps (* 1957).
- 2021 – Dorah Sitole, corden bleu-sjef en eerste swart vrou wat 'n kookboek gepubliseer het (* 1953)
- 2023 – Walter Cunningham, Amerikaanse ruimtevaarder (* 1932).
- 2024 – Edwill van Aarde, Suid-Afrikaanse televisie-, radio-omroeper en sportkommentator (* 1938).
Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae
- Romeinse Ryk - 'n Fees ter ere van Pax.
- Die tiende dag van Kersfees in sommige Westerse Christelike lande.
- Feesdag van Pous Anterus in die Rooms-Katolieke Kerk.
![]() |
Wikimedia Commons bevat media in verband met 3 January. |
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.