31ste eeu v.C.
Die 31ste eeu v.C. het geduur van 3100 tot 3001 v.C.
![](../I/Malta_Hal_Tarxien_BW_2011-10-04_12-41-38.JPG.webp)
’n Altaarsteen met ’n spiraalpatroon uit die Tarxien-tempels van Malta.
![](../I/NarmerPalette_ROM-gamma.jpg.webp)
Voor- en agterkant van die Narmer-pallet in die Ontario-museum in Toronto, Kanada, waarop Narmer uitgebeeld word waar hy Antieke Egipte verenig.
Gebeure
- Omstreeks 3100 v.C.: Narmer (Menes) verenig Bo- en Benede-Egipte as een land; hy regeer vanaf Memphis.
- Omstreeks 3100 v.C.: Voordinastiese tydperk (Neolitikum) eindig in Antieke Egipte (nog ’n datum is 3150 v.C.).
- Omstreeks 3100 v.C.: Vroegdinastiese Tydperk begin in Antieke Egipte (nog ’n datum is 3150 v.C.).
- Omstreeks 3100 v.C.: Die eerste Tempel van Tarxien is in gebruik deur die Neolitiese bewoners van Malta.
- Omstreeks 3100 v.C.: Eerste fase van die bouwerk aan Stonehenge.
- Omstreeks 3100 v.C. – 2600 v.C.: Skara Brae, Orkney-eilande, Skotland, word bewoon.
- Omstreeks 3100 v.C.: Die Anu Ziggurat en Wit Tempel in Uruk, Mesopotamië (hedendaagse Warka, Irak), word gebou.
- Omstreeks 3100 v.C.: Die mens se eerste skryfstelsel, wigskrif, word ontwikkel.
Belangrike mense
- Koning Skerpioen, vermoedelik die laaste voordinastiese heerser van Antieke Bo-Egipte.
- Narmer, stigter van die 1ste Dinastie van Antieke Egipte.
- Hor-Aha en Djer, die tweede en derde farao's van Egipte se 1ste Dinastie.
Dekades en jare
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.