30 Julie
30 Julie is die 211de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (212de in skrikkeljare). Daar volg nog 154 dae in die res van die jaar.
<< | Julie 2023 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | ||||||
2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 |
9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 |
16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 |
23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 |
30 | 31 | |||||
Al die dae |
Gebeure
- 657 – Pous Vitalianus volg Pous Eugenius I op.
- 1419 – Tydens die eerste Praagse defenestrasie gooi aanhangers van die hervormer Johannes Hus die katolieke stadsraad by die venster uit.
- 1502 – Christophorus Columbus sit voet aan wal by Guanaja in die Bay-eilande by die kus van die Honduras, tydens sy vierde ontdekkingsreis.
- 1505 – Gian Pietro Carafa (later Pous Paulus IV) word biskop van Chieti.
- 1619 – Die eerste verteenwoordigende volksraad in die Amerikas, Virginië se Huis van Burgesses, vergader vir die eerste keer.
- 1629 – 10 000 mense sterf in 'n aardbewing in Napels, Italië.
- 1733 – Die eerste herberg van die Vrymesselaars word geopen in die toekomstige Verenigde State.
- 1825 – Malden-eiland (nou een van Kiribati se Line-eilande) word ontdek.
- 1864 – Amerikaanse Burgeroorlog: Uniemagte poog om Konfederale lyne in die Slag van die Crater te breek.
- 1966 – Engeland wen die Sokker-Wêreldbeker, deur Duitsland 4 teen 2 te klop.
- 1980 – Vanuatu verkry onafhanklikheid van die Verenigde Koninkryk en Frankryk.
- 1991 – Die Groepsgebiedewet word afgeskaf.
- 2003 – Die laaste 'ou' Volkswagen Kewer rol van die vervaardigingslyn in Puebla, Meksiko.
Geboortes
- 1511 – Giorgio Vasari, Italiaanse skilder († 1574).
- 1818 – Emily Brontë, Engelse skrywer en outeur van die roman Wuthering Heights († 1848).
- 1863 – Henry Ford, Amerikaanse motorvervaardiger († 1947).
- 1898 – Henry Moore, Engelse beeldhouer († 1986).
- 1907 – Anna Amelia Obermeyer, Suid-Afrikaanse plantkundige († 2001).
- 1940 – Clive Sinclair, Britse uitvinder en entrepreneur.
- 1941 – Paul Anka, Amerikaanse sanger-liedjieskrywer.
- 1947 – Arnold Schwarzenegger, Oostenryks-Amerikaanse akteur en politikus.
- 1948 – Jean Reno, Franse akteur.
- 1948 – Carel Struycken, Nederlandse akteur.
- 1952 – Ilene Kristen, Amerikaanse aktrise.
- 1958 – Kate Bush, Britse sangeres.
- 1974 – Hilary Swank, Amerikaanse aktrise.
- 1961 – Laurence Fishburne, Amerikaanse akteur.
- 1963 – Lisa Kudrow, Amerikaanse aktrise.
- 1969 – Simon Baker, Australiese akteur.
- 1981 – Juan Smith, Springbokrugbyspeler.
- 1987 – Georgia Chara, Australiese aktrise.
- 1992 – Fabiano Caruana, Amerikaans-Italiaanse skaakspeler.
Sterftes
- 579 – Pous Benedictus I, die 62ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend).
- 1898 – Otto von Bismarck, eerste minister van Pruise, kanselier van die Noord-Duitse Verbond en die eerste rykskanselier van die Duitse Keiserryk ( (* 1815)
- 1900 – Alfred, Hertog van Sakse-Koburg en Gotha, 2de seun van koningin Victoria (* 1844).
- 1945 – Anton van Wouw, Suid-Afrikaanse beeldhouer (* 1862).
- 2005 – John Garang, Suid-Soedannese politikus en revolusionêre leier (* 1945).
- 2007 – Ingmar Bergman, Sweedse teater- en rolprentregisseur (* 1918).
- 2016 – Gloria DeHaven, Amerikaanse aktrise (* 1925).
- 2020 – Lee Teng-hui, president van Taiwan (* 1923).
- 2021 – Japie van Wyk, Suid-Afrikaanse politikus (* 1935).
- 2022 – Pat Carroll, Amerikaanse aktrise (* 1927).
- 2022 – Nichelle Nichols, Amerikaanse aktrise en vervaardiger (* 1932).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
Wikimedia Commons bevat media in verband met 30 July. |
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.