2 September
2 September is die 245ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (246ste in skrikkeljare). Daar volg nog 120 dae.
<< | September 2023 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | |||||
3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 |
10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 |
17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 |
24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 |
Al die dae |
Gebeure
- 31 v.C. – Magte onder keiser Augustus (Octavianus) verslaan troepe onder Marcus Antonius en Cleopatra VII in die Slag van Actium.
- 1067 – Stigting van Minsk, tans die hoofstad van Wit-Rusland.
- 1649 – Pous Innocentius X se troepe vernietig die stad Castro.
- 1666 – Die groot brand van Londen vind plaas.
- 1686 – Pous Innocentius XI stel 28 nuwe kardinale aan waaronder Giacomo de Angelis, aartsbiskop van Urbino.
- 1752 – Die Verenigde koninkryk begin om die Gregoriaanse kalender te gebruik, amper twee eeue later as die meeste lande van Wes-Europa.
- 1870 – Ná oorgawe in die Slag van Sedan word Frankryk se keiser Napoleon III saam met sy leër Duitse krygsgevangenes.
- 1898 – Troepe onder sir Horatio Kitchener verslaan Sudanese magte in die "Slag van Omdurman" en vestig daarmee Britse oorheersing in Noordoos-Afrika.
- 1917 – Eerste Wêreldoorlog: Manfred von Richthofen, alias die Rooi Baron, die suksesvolste vegvlieënier van dié oorlog, behaal sy 60ste sukses.
- 1940 – Tweede Wêreldoorlog: Britse bomwerpers vlieg onwettiglik oor Switserse grondgebied. Die klein dorpie Au (Kanton St Gallen) word gebombardeer. Switserland was neutraal tydens die Tweede Wêreldoorlog.
- 1944 – Tweede Wêreldoorlog: Geallieerde troepe val België binne.
- 1944 – Tweede Wêreldoorlog: Anne Frank en haar familie word op die laaste trein van Kamp Westerbork na Auschwitz geplaas. Drie dae later kom hulle daar aan.
- 1945 – Die Tweede Wêreldoorlog kom amptelik tot 'n einde met die ondertekening van die Japannese oorgawedokumente op die dek van die USS Missouri.
- 1945 – Hồ Chí Minh verklaar Noord-Viëtnam se onafhanklikheid van Frankryk en word dié land se eerste president.
- 1986 – Die VSA kondig aan dat dit finansiële bystand aan Zimbabwe opskort na aanleiding van 'n woordvloed teen die VSA tydens 'n besoek van die voormalige president van die VSA, Jimmy Carter deur eerste minister Robert Mugabe.
- 1990 – Transnistrië verklaar eensydig sy onafhanklikheid van die Sowjetunie.
- 1991 – Die Republiek van Nagorno-Karabach verklaar sy onafhanklikheid van die Sowjetunie.
Geboortes
- 905 – Konstantyn VII van Bisantium († 959).
- 1814 – Ds. Dirk van der Hoff, onder meer ontwerper van die Transvaalse Vierkleur († 1881).
- 1853 – Wilhelm Ostwald, Duitse chemikus en filosoof († 1932).
- 1887 – Willem de Mérode, Nederlandse digter († 1939).
- 1907 – Harro Schulze-Boysen, Duitse anti-Nazi weerstandaktivis († 1942).
- 1933 – Ahmed Kérékou, Beninse politikus en twee keer president van dié land († 2015).
- 1942 – Eric de Kuyper, Vlaams-Belgiese skrywer, kunskritikus, en eksperimentele filmregisseur.
- 1948 – Christa McAuliffe, Amerikaanse onderwyseres en ruimtevaarder, sterf in Challenger-ramp († 1986).
- 1952 – Regardt van den Bergh, Suid-Afrikaanse akteur en regisseur.
- 1952 – Jimmy Connors, Amerikaanse tennisspeler.
- 1966 – Salma Hayek, Meksikaans-Amerikaanse aktrise, rolprentvervaardiger en fotomodel
- 1966 – Olivier Panis, Franse professionele renjaer.
- 1984 – Jacques-Louis Potgieter, Suid-Afrikaanse rugbyspeler.
- 1990 – Marcus Ericsson, Sweedse renjaer.
Sterftes
- 1651 – Kösem Sultan, vrou van Sultan Ahmet I (* 1589)
- 1690 – Johannes van Andel, die negende predikante wat in diens van die Nederduitse Gereformeerde Kerk (* 1662)
- 1857 – Hinrich Lichtenstein, 'n Duitse geneesheer, skrywer en botanikus (* 1780).
- 1914 – Sir John de Villiers, Hoofregter van die Kaapkolonie en die eerste Hoofregter van die Unie van Suid-Afrika (* 1842).
- 1937 – Pierre de Coubertin, Franse grondlegger van die moderne Olimpiese Spele (* 1863).
- 1973 – J.R.R. Tolkien, Engelse skrywer (* 1892).
- 2001 – Chris Barnard, Suid-Afrikaanse hartspesialis (* 1922).
- 2016 – Islam Karimof, eerste president van Oesbekistan (* 1938).
- 2020 – Ettie Bierman, Suid-Afrikaanse skrywer (* 1941).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
Wikimedia Commons bevat media in verband met 2 September. |
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.