29 Julie
29 Julie is die 210de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (211de in skrikkeljare). Daar volg nog 155 dae in die res van die jaar.
<< | Julie 2023 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | ||||||
2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 |
9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 |
16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 |
23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 |
30 | 31 | |||||
Al die dae |
Gebeure
- 370 – Keiser Valentianus verbied kerklikes en monnikke om weduwees en wese lastig te val oor gawes en erflatings.
- 1619 – Pous Paulus V stel Fernando de Austria, Infante van Spanje, seun van koning Philip III van Spanje aan as kardinaal.
- 1808 – Francesco Saverio Castiglioni (later Pous Pius VIII) word gevange geneem deur die Franse magte omdat hy hom nie wou onderwerp aan Napoleon nie.
- 1833 – Pous Gregorius XVI stel Giacomo Monico, patriarg van Venesië en Filippo Giudice Caracciolo, Orat., aartsbiskop van Napels aan as kardinale.
- 1863 – Die Amerikaanse kaperskip CSS Alabama, onder kapt. Raphael Semmes, gaan in Saldanhabaai voor anker vir herstelwerk en proviand.
- 1925 – Werner Karl Heisenberg stel Kwantummeganika voor - vandag saam met die Relatiwiteitsteorie die grondslag van Fisika.
- 1947 – ENIAC, die wêreld se eerste geheel en al elektroniese digitale rekenaar, word vir die eerste keer aangeskakel – dit het in deurlopende gebruik gebly tot 2 Oktober, 1955.
- 1953 – Dit sneeu vir die eerste keer sedert 1927 in Springbok, Kaapprovinsie.
- 1954 – Die bopunt van die Himalaya piek K2 word vir die eerste keer deur 'n Italiaanse span bereik.
- 1954 – The Fellowship of the Ring die eerste deel van J. R. R. Tolkien se The Lord of the rings word vrygestel.
- 1957 – Die Internasionale Atoomenergie-agentskap (IAEA) word gestig.
- 1960 – Die Mercury-kapsule word vir die eerste keer lanseer as deel van die Mercury-Atlas 1 vlug.
- 1968 – Pous Paulus VI hernu die verbod op geboortebeperking deur Rooms-Katolieke ten spyte van 'n kerkkommisie se aanbevelings
- 1981 – Prins Charles en Lady Diana word in die huwelik bevestig.
- 2012 – Cameron van der Burgh van Suid-Afrika wen die goue medalje by die Olimpiese Somerspele 2012 in die 100 m borsslag.
Geboortes
- 1867 – Berthold Oppenheim, rabbi († 1942).
- 1871 – Pietro Badoglio, Italiaanse soldaat en staatsman († 1956).
- 1881 – Gus McNaughton, Engelse akteur en skrywer († 1969).
- 1883 – Benito Mussolini, Italiaanse Diktator († 1945).
- 1885 – Theda Bara, Amerikaanse aktrise († 1955).
- 1892 – William Powell, Amerikaanse akteur († 1984).
- 1905 – Dag Hammarskjöld, Sweedse sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies († 1961).
- 1927 – Harry Mulisch, Nederlandse skrywer († 2010).
- 1929 – Jean Baudrillard, Franse sosioloog, kultuurkritikus en filosoof († 2007).
- 1929 – Remco Campert, Nederlandse skrywer, digter en rubriekskrywer († 2022).
- 1942 – Tony Sirico, Amerikaanse akteur († 2022).
- 1946 – Stig Blomqvist, voormalige Sweedse kampioentydrenjaer.
- 1952 – Patrick Soon-Shiong, Chinees-Suid-Afrikaanse oorplantingchirurg, filantroop en miljardêr-sakeman.
- 1981 – Fernando Alonso, Spaanse Formule Een-renjaer, tweemalige wêreldkampioen.
Sterftes
- 1099 – Pous Urbanus II, die 159ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* ±1035).
- 1644 – Pous Urbanus VIII, die 235ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1568).
- 1674 – Eva Krotoa, Khoi-vrou wat dien as speelmaat en kinderoppasser vir Maria van Riebeeck se kinders (* 1641)
- 1844 – Franz Xaver Wolfgang Mozart, Oostenrykse pianis en komponis (* 1791).
- 1856 – Robert Schumann, Romantiese komponis en pianis (* 1810).
- 1890 – Vincent van Gogh, Nederlandse skilder (* 1853).
- 1970 – John Barbirolli, Britse dirigent en tjellis (* 1899).
- 1974 – Cass Elliot, Amerikaanse sangeres (* 1941).
- 1979 – Herbert Marcuse, Duits-Amerikaanse filosoof, sosioloog en politieke teoretikus (* 1898).
- 1983 – David Niven, Britse akteur (* 1910).
- 1994 – Dorothy Crowfoot Hodgkin, Britse grondlegger van proteïen kristallografie (* 1910).
- 2000 – Kobie Coetsee, Suid-Afrikaanse politikus en Kabinetsminister (* 1931).
- 2015 – T.T. Cloete, Afrikaanse digter en letterkundige (* 1924).
- 2018 – Nellie du Toit, 'n Suid-Afrikaanse liriese sopraan (* 1929).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
- Faroëreilande – Ólavsøka.
- Feesdag van Pous Urbanus II in die Rooms-Katolieke Kerk.
Wikimedia Commons bevat media in verband met 29 July. |
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.