27 Maart
27 Maart is die 86ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (87ste in 'n skrikkeljaar). Daar is nog 279 dae in hierdie jaar.
<< | Maart 2023 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | |||
5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 |
12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 |
19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 |
26 | 27 | 28 | 29 | 30 | 31 | |
Al die dae |
Gebeure
- 1000 – Pous Silvester II verleen die koningstitel aan Sint Stefanus van Hongarye.
- 1272 – Pous Gregorius X gekroon.
- 1329 – Pous Johannes XXII veroordeel die leerstellings van Meester Eckhart in die bul In Agro Dominico.
- 1513 – Die Spaanse veroweraar Juan Ponce de León sien Florida vir die eerste keer terwyl hy op soek is na die Fontein van Ewigdurende Jeug in die Nuwe Wêreld.
- 1851 – Eerste Europese berig van die bestaan van die Yosemite-vallei.
- 1871 – Engeland en Skotland speel in die eerste internasionale rugbywedstryd; Skotland klop Engeland met 1–0.
- 1918 – Moldova en Bessarabië sluit aan by Roemenië.
- 1923 – FART konstruksie voltooi.
- 1938 – Oorlog van Tai er zhuang
- 1941 – Tweede Wêreldoorlog: Aanval op Pearl Harbor, die Japannese spioen Takeo Yoshikawa arriveer in Honolulu, Hawaii en begin om die Verenigde State se vloot te bestudeer by Pearl Harbor.
- 1941 – Brittanje ondersteun Peter II van Joegoeslawië in 'n staatsgreep in die land.
- 1958 – Nikita Chroesjtsjof word Premier van die Sowjetunie.
- 1964 – Die Goeie Vrydag-aardbewing, die kragtigste aardbewing in die geskiedenis van die VSA met 'n Richterskaal lesing van 9,2 tref Suid Sentraal Alaska, 125 mense sterf en grootskaalse skade aangerig aan die stad Anchorage.
- 1969 – Mariner 7 word gelanseer.
- 1976 – Suid-Afrika onttrek militêre magte uit Angola.
- 1976 – Amptelike stigtingsdag van die beroemde 32 Batajlon van die Suid-Afrikaanse Weermag (SAW).
- 1985 – Die Westdenedam-ramp vind in Johannesburg plaas.
- 1988 – Moudud Ahmed word Eerste Minister van Bangladesj.
- 1993 – Jiang Zemin word aangewys as President van China.
- 1993 – Albert Zafy word President van Madagaskar.
- 1993 – Mahamane Ousmane word President van Niger.
- 1995 – Nelson Mandela ontslaan sy vervreemde vrou, Winnie, uit sy kabinet.
- 2020 – Noord-Masedonië sluit by NAVO aan.
- 2020 – Suid-Afrika begin as gevolg van die Koronaviruspandemie 'n landswye staat van inperking vir aanvanklik drie weke.
Geboortes
- 972 – Robert II, Franse koning († 1031).
- 1845 – Wilhelm Röntgen, Duitse fisikus, wenner van die eerste Nobelprys vir Fisika 1901 († 1923).
- 1879 – Edward Steichen, Amerikaanse fotograaf en skilder († 1973).
- 1884 – James Cruze, rolprentakteur, regisseur en vervaardiger. († 1942)
- 1886 – Ludwig Mies van der Rohe, Duitse argitek († 1969).
- 1892 – Thorne Smith, Amerikaanse skrywer († 1934).
- 1899 – Gloria Swanson, Amerikaanse aktrise, († 1983).
- 1901 – Eisaku Satō, Japannese Premier († 1975).
- 1909 – Golo Mann, Duits-Switserse historikus en uitgewer († 1994).
- 1912 – James Callaghan, Eerste Minister van die Verenigde Koninkryk († 2005),
- 1927 – Mstislav Rostropovich, Russiese dirigent en musikus († 2007).
- 1928 – Myburgh Streicher, Suid-Afrikaanse politikus († 2005).
- 1929 – Anne Ramsey, Amerikaanse aktrise († 1988).
- 1931 – Henno Cronjé, predikant en Afrikaanse skrywer († 2017).
- 1931 – David Janssen, Amerikaanse akteur († 1980).
- 1942 – Michael York, Engelse akteur.
- 1960 – Johannes Kerkorrel, Afrikaanse musikant († 2002).
- 1963 – Quentin Tarantino, Amerikaanse akteur, regisseur en skrywer.
- 1969 – Pauley Perrette, Amerikaanse aktrise, vervaardiger en regisseuse.
- 1969 – Mariah Carey, Amerikaanse sangeres.
- 1971 – David Coulthard, Britse Formule Een-renjaer.
- 1972 – Naftali Bennett, Israelse politikus en entrepreneur (Eerste Minister Junie 2021–Junie 2022).
- 1979 – Imran Tahir, Suid-Afrikaanse krieketspeler.
- 1986 – Manuel Neuer, Duitse sokkerspeler.
- 1997 – Lalela Mswane, Suid-Afrikaanse model en skoonheidskoningin, Mej Suid-Afrika 2021.
- 1997 – Lalisa Manoban, Thaise popmusieksangeres.
Sterftes
- 1191 – Pous Clemens III, die 174ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend).
- 1350 – Koning Alfonso XI van Castile (* 1312).
- 1378 – Pous Gregorius XI, die 201ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1330).
- 1625 – Jakobus I van Engeland, 'n koning van die Skotte (as Jakobus VI), van Engeland en van Ierland (* 1566).
- 1875 – Abraham Faure, die vader van die Teologiese Kweekskool op Stellenbosch (* 1795).
- 1900 – Genl. Piet Joubert, Boerekryger en kommandant-generaal (* 1831).
- 1934 – Francis William Reitz, President van die Vrystaat (* 1844).
- 1968 – Joeri Gagarin, 'n Rus en die eerste mens wat om die aarde gewentel het (* 1934).
- 1972 – M.C. Escher, Nederlandse kunstenaar (* 1898).
- 1974 – Leo Marquard, Suid-Afrikaner en medestigter van die Liberale Party (* 1897).
- 1991 – Ralph Bates, Britse akteur (* 1940).
- 2002 – Milton Berle, Amerikaanse akteur en komediant (* 1908).
- 2002 – Dudley Moore, Engelse akteur en musikant (* 1935).
- 2012 – Hugo Biermann, Hoof van die Suid-Afrikaanse Vloot en Hoof van die Suid-Afrikaanse Weermag (* 1916).
- 2020 – Thijs Nel, Suid-Afrikaanse kunstenaar, dramaturg en skrywer (* 1943).
- 2022 – Ronel Nel, Suid-Afrikaanse digter en skrywer (* 1964).
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.