27 Januarie
27 Januarie is die 27ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 338 dae in die res van die jaar (339 in skrikkeljare).
<< | Januarie 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | |
7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 |
14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 |
21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 |
28 | 29 | 30 | 31 | |||
Al die dae |
Gebeure
- 1606 – Die verhoor van Guy Fawkes, wat die Engelse parlement wou opblaas, en sy samesweerders begin.
- 1720 – Pous Clemens XI verklaar suster Humility (Rosanna) heilig.
- 1738 – Carlo Rezzonico (later Pous Clemens XIII) word kardinaal-diaken van San Nicola in Carcere.
- 1798 – 10500 Franse troepe marsjeer die Waadt (gebied om Lausanne) binne en verlang ´n losprys van 700000 Frank van die Switserse Bondgenootskap. Die Franse stig die “Lemaniese Republiek” met hoofstad Lausanne.
- 1843 – Pous Gregorius XVI stel vier nuwe kardinale aan, waaronder Francesco di Paola Villadecani, aartsbiskop van Messina.
- 1861 – Ds. A.J. Begemann word as die eerste predikant van Pretoria bevestig.
- 1888 – Die National Geographic Society, uitgewer van die National Geographic tydskrif, word gestig.
- 1926 – Die Skot John Logie Baird stel die eerste werkende TV-stelsel in Londen bekend.
- 1932 – Marjorie Hingle word in ’n Johannesburgse tussenverkiesig die eerste vrou wat in Suid-Afrika stem.
- 1945 – Die Rooi Leër bevry 7 500 gevangenes wat deur Nazi-personeel in die Auschwitz-konsentrasiekampe in Oświęcim (Duits: Auschwitz), Pole agtergelaat is.
- 1951 – Kerntoetse begin by die Nevada-Toetsterrein met ’n een-kiloton atoombom wat op Frenchman Flats laat val is.
- 1967 – Die Apollo 1 ruimtetuig word deur ’n brand vernietig by die Kennedy-ruimtesentrum. Ruimtevaarders Gus Grissom, Edward Higgins White en Roger B. Chaffee sterf in die voorval.
- 1973 – In Parys word ooreenkomste onderteken om die Viëtnam-oorlog te beëindig.
- 1996 – Die bewind van Nigerië se eerste demokraties verkose president, Mahamane Ousane, word in ’n staatsgreep omvergewerp. Kol. Barne Mainassara Ibrahim word die staatshoof.
- 1998 – Oud-pres. F.W. de Klerk erken ’n verhouding met Elita Georgiades, die vrou van ’n Griekse sakeman.
- 2002 – Meer as 1000 mense sterf en duisende word haweloos gelaat, toe bomontploffings in ’n weermagmagasyn in Lagos, Nigerië – per ongeluk deur ’n brand veroorsaak – tot massa-paniek lei.
- 2015 – 'n Moord op drie gesinslede van die Van Breda-familie en die besering van 'n ander vind plaas op die De Zalze-gholflandgoed in Stellenbosch.
Geboortes
- 1756 – Wolfgang Amadeus Mozart, Oostenrykse komponis († 1791).
- 1775 – Friedrich Schelling, Duitse filosoof († 1854).
- 1805 – Samuel Palmer, Britse waterverfskilder († 1881).
- 1814 – Eugène Viollet-le-Duc, Franse argitek († 1879).
- 1832 – Lewis Carroll, Britse wiskundige en skrywer († 1898).
- 1859 – Wilhelm II van Duitsland, laaste koning van Pruise en keiser van Duitsland († 1941).
- 1940 – James Cromwell, Amerikaanse akteur.
- 1949 – Fanie Olivier, Suid-Afrikaanse digter.
- 1964 – Bridget Fonda, Amerikaanse aktrise.
- 1966 – Tamlyn Tomita, Amerikaanse aktrise.
- 1969 – Patton Oswalt, Amerikaanse komediant.
- 1970 – Martin Watt, Suid-Afrikaanse komponis.
- 1980 – Marat Safin, Russiese tenisspeler.
Sterftes
- 457 – Marcianus van Bisantium, Bisantynse keiser (* 392).
- 672 – Pous Vitalianus, 76ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* circa 600).
- 847 – Pous Sergius II, 102de pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend).
- 1901 – Giuseppe Verdi, Italiaanse komponis (* 1813).
- 1910 – Thomas Crapper, Britse loodgieter en sakeman (* 1836).
- 1931 – Johanna Luyt, Suid-Afrikaanse komponis (* onbekend).
- 1962 – Alfred Bitini Xuma, Suid-Afrikaanse leier, aktivis en ANC-president van 1940 tot 1949 (* 1893).
- 1974 – J.J.G. Grobbelaar, Suid-Afrikaanse inspekteur van onderwys en skrywer van jeuglektuur (* 1907).
- 1983 – Louis de Funès, Franse akteur (* 1914).
- 1986 – Lilli Palmer, Duitse aktrise (* 1914).
- 2006 – Chris Heunis, Suid-Afrikaanse regter, politikus, kabinetslid van die Nasionale Party (* 1927).
- 2012 – Reza de Wet, Afrikaanse skrywer en dramaturg (* 1952).
- 2018 – Ingvar Kamprad, Sweedse sakemagnaat en stigter van Ikea (* 1926).
- 2021 – Cloris Leachman, Amerikaanse aktrise. (* 1926).
Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae
- Feesdag van Pous Vitalianus in die Rooms-Katolieke Kerk en die Ortodokse Kerk.
Gepubliseer
Teologie
- 1343 – Die bul Unigenitus, wat die mag van die pous regverdig en die gebruik van aflate magtig, deur Pous Clemens VI.
Wikimedia Commons bevat media in verband met 27 Januarie. |
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.