26 September
26 September is die 269ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (270ste in skrikkeljare). Daar volg nog 96 dae.
<< | September 2023 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | |||||
3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 |
10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 |
17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 |
24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 |
Al die dae |
Gebeure
- 365 – Procopius kom in opstand teen keiser Valens in Konstantinopel.
- 1143 – Pous Celestinus II volg Pous Innocentius II op.
- 1255 – Pous Alexander IV verklaar St. Clare van Asissi heilig.
- 1443 – Alfonso V van Aragon en Napels trek triomfantelik Rome binne.
- 1459 – Pous Pius II roep die prinse van Europa na Mantua om 'n nuwe kruistog te bespreek.
- 1580 – Sir Francis Drake voltooi sy vaart om die wêreld.
- 1687 – Die Parthenon in Athene word gedeeltelik vernietig in 'n gewapende stryd tussen Venesiese en Ottomaanse magte.
- 1766 – Pous Clemens XIII stel 13 nuwe kardinale aan, waaronder Ludovico Calini, titulêr patriarg van Antiogië.
- 1789 – Thomas Jefferson word aangestel as die eerste Staatsekretaris van die VSA, John Jay die eerste hoofregter, Samuel Osgood die eerste posmeester-generaal en Edmund Randolph as die eerste minister van justisie.
- 1791 – Pous Pius VI stel Fabrizio Dionigi Ruffo, tesourier generaal van die Apostoliese Kamer, aan as kardinaal.
- 1799 – Bloedige veldslag tussen Franse en Russiese troepe op die St. Gotthardpas (“Schöllenen”) eindig met die oorwinning van die Franse onder Massena. Die Russe onder generaal Suwarow vlug ooswaarts en lê groot gedeeltes van Switserland in puin.
- 1826 – Die NG gemeente Clanwilliam stig af.
- 1901 – Tweede Vryheidsoorlog: Generaal Louis Botha val Fort Itala en Fort Prospect aan.
- 1905 – Albert Einstein publiseer sy spesiale relatiwiteitsteorie in die tydskrif Annalen der Physik.
- 1914 – Eerste Wêreldoorlog: Die Slag van Sandfontein vind plaas in Namibië.
- 1983 – Luitenant-kolonel Stanislav Petrov van die Sowjetunie verhoed 'n wêreldwye kernoorlog deur sy weiering om in weerwil van rekenaarverslae te aanvaar dat die VSA missiele teen die USSR lanseer het.
- 1992 – President FW de Klerk en ANC-leier Nelson Mandela bereik 'n ooreenkoms oor 'n proses om meerderheidsregering in Suid-Afrika te vestig.
Geboortes
- 1870 – Christiaan X van Denemarke, koning van Denemarke en Ysland († 1947).
- 1888 – T.S. Eliot, Amerikaans-Britse digter en dramaturg, ontvanger van die Nobelprys vir Letterkunde, 1948 († 1965).
- 1891 – Charles Munch, Franse simfoniedirigent en violis.
- 1897 – Giovanni Battista Montini, later Pous Paulus VI († 1978).
- 1898 – George Gershwin, Amerikaanse komponis († 1937).
- 1901 – George Raft, Amerikaanse akteur († 1980).
- 1919 – Matilde Camus, Spaanse digter († 2012).
- 1922 – Henriette Grové, Afrikaanse skrywer († 2009).
- 1922 – Nikolaas Romanowitsj Romanof, Russiese prins († 2014).
- 1932 – Manmohan Singh, Indiese ekonoom en politikus, 13de Eerste Minister van Indië.
- 1936 – Winnie Madikizela-Mandela, anti-apartheidsaktivis en tweede vrou van Nelson Mandela († 2018).
- 1936 – Luis Fernando Verissimo, Brasiliaanse skrywer.
- 1940 – Christian Hjejle, Deense akteur († 2022).
- 1941 – Martine Beswick, Jamaikaansgebore Britse aktrise.
- 1948 – Olivia Newton-John, Brits-Australiese-Amerikaanse sangeres en aktrise († 2022).
- 1981 – Serena Williams, uitgetrede Amerikaanse tenniskampioen.
Sterftes
- 1722 – Hendrik van der Stel, seun van Simon van der Stel (* 1670).
- 1917 – Edgar Degas, Franse skilder en beeldhouer (* 1834).
- 1945 – Béla Bartók, Hongaarse komponis (* 1881).
- 1966 – Helen Kane, Amerikaanse sangeres en aktrise (* 1904).
- 1989 – Győrgy Lehel, Hongaarse dirigent (* 1926).
- 1996 – Geoffrey Wilkinson, FRS en Engelse chemikus en Nobelpryswenner (* 1921).
- 2008 – Paul Newman, Amerikaanse akteur (* 1925).
- 2010 – Gloria Stuart, Amerikaanse aktrise (* 1910).
- 2012 – Johnny Lewis, Amerikaanse akteur (* 1983).
- 2019 – Jacques Chirac, Franse staatsman, President van Frankryk (* 1932).
- 2021 – Franz Marx, Suid-Afrikaanse akteur, draaiboekskrywer en regisseur (* 1942).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
- Vroeër die feesdag van Pous Eusebius in die Rooms-Katolieke Kerk. (Tans 17 Augustus).
Wikimedia Commons bevat media in verband met 26 September. |
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.