26 Oktober
26 Oktober is die 299ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (300ste in skrikkeljare). Daar volg nog 66 dae in die res van die jaar.
<< | Oktober 2023 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 |
8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 |
15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 |
22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 |
29 | 30 | 31 | ||||
Al die dae |
Gebeure
- 362 – Die tempel van Apollo in Daphne brand neer. Die Romeinse keiser Julian beskuldig die Christene van brandstigting en laat `n groot aantal kerke sluit.
- 1377 – Tvrtko I kroon homself tot eerste "koning van die Serwiërs, Bosnië, die Kusland en die westelike Lande".
- 1474 – ’n Verdrag tussen Koning Lodewyk XI van Frankryk en die Switserse Bondgenootskap word gesluit, wat verseker dat die state mekaar sal ondersteun sou ’n oorlog met Boergondië uitbreek.
- 1562 – Koninklike Franse troepe neem Rouen in en verwoes die Normandiese hoofstad.
- 1907 – Die NG gemeente Cathcart word gestig.
- 1919 – Die Switserse parlement word vir die eerste keer volgens die proporsionele-verteenwoordigingstelsel verkies; die absolute-meerderheidstelsel word afgeskaf.
- 1919 – Die Switserse volk voer vir die eerste keer die 48 uur-werkweekstelsel uit.
- 1926 – Emily Hobhouse se oorblyfsels word aan die voet van die Vrouemonument ter ruste gelê.
- 1946 – Die NG gemeente Maltahöhe word in die destydse Suidwes-Afrika gestig.
- 1947 – Kasjmir word deel van Indië.
- 1955 – Suid-Viëtnam se eerste minister, Ngo Dinh Diem, verklaar homself tot president en vervang daardeur Nguyen Keiser Bao Dai as staatshoof.
- 1976 – Transkei word die eerste tuisland om onafhanklikheid van Suid-Afrika te ontvang.
- 1979 – President Park Chung-hee van Suid-Korea sterf in ’n sluipmoordaanval wat deur die direkteur van die Koreaanse Sentrale Intelligensie Agentskap en jarelange vriend Kim Jaekyu uitgevoer is.
- 2001 – Die Amerikaanse President George W. Bush onderteken die USA PATRIOT-wet, die akroniem staan vir Uniting and Strengthening America by Providing Appropriate Tools Required to Intercept and Obstruct Terrorism.
Geboortes
- 968 – Kazan, 65ste Tennō van Japan († 1008).
- 1427 – Siegmund, Oostenrykse aartshertog en regent van Tirool († 1496).
- 1483 – Hans Buchner, Duitse orrelis en komponis († 1538).
- 1529 – Anna, Duitse prinses van Hesse en paltsgravin van Zweibrücken († 1591).
- 1592 – Wilhelm Leyser I, Duitse teoloog († 1649).
- 1611 – Antonio Coello, Spaanse skrywer († 1652).
- 1645 – Aert de Gelder, Nederlandse skilder († 1727).
- 1684 – Kurt Christoph Graf von Schwerin, Pruisiese veldmaarskalk († 1757).
- 1685 – Domenico Scarlatti, Italiaanse komponis († 1757).
- 1694 – Johan Helmich Roman, Sweedse komponis († 1758).
- 1697 – John Peter Zenger, Duits-Amerikaanse uitgewer († 1746).
- 1704 – Johannes Oosterdijk Schacht, Nederlandse arts († 1792).
- 1714 – Maria Viktoria Pauline von Arenberg, Duitse markgravin van Baden († 1793).
- 1725 – Jean-Pierre de Beaulieu, Oostenrykse generaal († 1819).
- 1739 – Matthias Jorissen, Duitse kerklied-digter († 1823).
- 1759 – Georges Danton, Franse revolusie-leier († 1794).
- 1765 – Jan Šimon Václav Thám, Tsjeggiese digter, skrywer en toneelspeler († 1816).
- 1766 – Konrad Heinrich Wolf, Duitse protestantse pastoor. († 1848).
- 1768 – Karl Friedrich Franciscus von Steinmetz, Duitse generaal en kartograaf († 1837).
- 1769 – Friedrich Reinhard Ricklefs, Duitse letterkundige en skoolhoof († 1827).
- 1788 – Thomas R. Ross, Amerikaanse politikus († 1869).
- 1800 – Helmuth Karl Bernhard Graf von Moltke, Pruisiese generaal-veldmaarskalk († 1891).
- 1802 – Michael I, Portugese koning († 1866).
- 1809 – Franz Wilhelm Junghuhn, Duitse natuurwetenskaplike († 1864).
- 1810 – Carl Ludwig Adolf Gamradt, Pruisiese politikus († 1860).
- 1819 – Emma Wanda von Arbter, Oostenryks-Poolse skrywer († 1858).
- 1823 – Karl Weinhold, Duitse taalkundige († 1901).
- 1837 – Carl Koldewey, Duitse noordpool ontdekkingsreisiger († 1908).
- 1839 – Wilhelm Haas, Duitse politikus († 1913).
- 1842 – Julius Jacob die Jonger, Duitse skilder († 1929).
- 1842 – Wassili Weresjtsjagin, Russiese skilder († 1904).
- 1847 – Haydn Keeton, Britse orrelis en komponis († 1921).
- 1849 – Heinrich Bulthaupt, Duitse skrywer († 1905).
- 1849 – Ferdinand Georg Frobenius, Duitse wiskundige († 1917).
- 1853 – Paul Homeyer, Duitse orrelis († 1908).
- 1858 – Arthur Sifton, Kanadese politikus en regter († 1921).
- 1859 – Arthur Friedheim, Duits-Russiese pianis en komponis († 1932).
- 1862 – Georg Wentzel, Duitse letterkundige († 1919).
- 1874 – Abby Aldrich Rockefeller, Amerikaanse medestigter van die Museum of Modern Art († 1948).
- 1874 – Thomas Lowry, Britse chemikus († 1936).
- 1875 – Henry Byron Warner, Amerikaanse akteur († 1958).
- 1880 – Andrei Bely, Russiese digter († 1934).
- 1880 – Dmitri Karbysjew, Russiese generaal († 1945).
- 1881 – Paul Röntgen, Duitse metallurg en rektor († 1965).
- 1882 – Georg Hellmuth Neuendorff, Duitse skrywer en onderwyser († 1949).
- 1883 – Napoleon Hill, Amerikaanse skrywer († 1970).
- 1885 – Duggie Morkel, Suid-Afrika se tiende Springbokkaptein († 1950).
- 1886 – Isidore Fattal, Siriese aartsbiskop († 1961).
- 1891 – Roy Knapp, Amerikaanse musiekonderwyser († 1979).
- 1893 – Andreas Predöhl, Duitse ekonoom († 1974).
- 1895 – Josef-Ernst Fürst Fugger von Glött, Duitse politikus († 1981).
- 1895 – Robert Kautsky, Oostenrykse kunstenaar († 1963).
- 1895 – Allan G.B. Fisher, Nieu-Seelandse ekonoom († 1976).
- 1896 – Antoine Abed, Libanese aartsbiskop († 1975).
- 1897 – James Leonard Brierly Smith, Suid-Afrikaanse igtioloog wat die selakant identifiseer († 1968).
- 1897 – Henry Vahl, Duitse toneelspeler († 1977).
- 1900 – Ibrahim Abbud, Sudanese staatspresident († 1983).
- 1900 – Karin Boye, Sweedse skrywer († 1941).
- 1901 – Herman Auerbach, Duits-Poolse wiskundige († 1942).
- 1902 – Vera Guilaroff, Kanadese pianis en komponis .(† 1976).
- 1910 – Jan Steytler, Suid-Afrikaanse politikus († onbekend).
- 1911 – Hester Heese, Afrikaanse skrywer († 1992).
- 1918 – Anton Hartman, Suid-Afrikaanse dirigent († 1982).
- 1919 – Mohammad Reza Pahlavi, laaste sjah van Iran († 1980).
- 1925 – Jan Hendrik Wolkers, Nederlandse skrywer, beeldhouer en skilder († 2007)
- 1936 – Wilhelm Knobel, Afrikaanse digter († 1974).
- 1936 – Shelley Morrison, 'n Amerikaanse aktrise en vervaardiger († 2019).
- 1938 – Richard Goldstone, Suid-Afrikaanse regter.
- 1939 – Karel Schoeman, Afrikaanse skrywer († 2017).
- 1940 – John D. Caputo, Amerikaanse filosoof.
Sterftes
- 899 – Koning Alfred die Grote van Engeland (* 849).
- 1886 – Abraham Josias Cloete, Afrikaanse generaal in die Britse leër (* 1794).
- 1952 – Hattie McDaniel, Amerikaanse aktrise en die eerste Swart Amerikaner om 'n Oscar te wen (* 1895).
- 1969 – Jeremy Schulman, Suid-Afrikaanse violis en dirigent (* 1896).
- 1972 – Igor Sikorsky, Oekraïens-Amerikaanse helikopterpionier (* 1889).
- 1979 – Park Chung-hee, Suid-Koreaanse politikus en soldaat, en voormalige president van Suid-Korea (* 1917).
- 1983 – Alfred Tarski, Poolse wiskundige en logikus (* 1901).
- 1998 – Margaret Keay, Suid-Afrikaansgebore Britse plantpatoloog (* 1911).
- 1999 – Rex Gildo, Duitse akteur en popsanger (* 1936).
- 2014 – Senzo Meyiwa, Suid-Afrikaanse sokkerspeler, kaptein en doelwagter van Bafana-Bafana en Orlando Pirates (* 1987).
- 2021 – Roh Tae-woo, president van Suid-Korea (* 1932).
Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae
- Feesdag van Pous Evaristus in die Rooms-Katolieke Kerk.
Wikimedia Commons bevat media in verband met 26 October. |
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.