26 Mei
26 Mei is die 146ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (147ste in skrikkeljare). Daar volg nog 219 dae.
<< | Mei 2023 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | |
7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 |
14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 |
21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 |
28 | 29 | 30 | 31 | |||
Al die dae |
Gebeure
- 1555 – Pous Paulus IV word gekroon deur kardinaal Francesco Pisani.
- 1805 – Napoléon Bonaparte met die Ysterkroon van Lombardye gekroon as Koning van Italië in Milaan.
- 1839 – Pous Gregorius XVI verklaar Veronica Giuliani heilig.
- 1857 – Die Koninkryk van Pruise doen formeel afstand van die Vorstedom Neuenburg/Neuchatel aan Switserland nadat republikeinse magte beheer oor die staat bekom het.
- 1896 – Die Dow Jones Industrial Average word vir die eerste keer deur Charles Dow as 'n aandelemarksyfer gepubliseer.
- 1918 – Georgië verklaar onafhanklikheid tydens die Russiese burgeroorlog en roep die Demokratiese Republiek van Georgië uit.
- 1948 – Die Nasionale Party en Afrikanerparty verslaan die Verenigde Party en Arbeidersparty in Suid-Afrika se algemene verkiesing.
- 1966 – Guyana word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
- 1971 – Drie Suid-Afrikaanse Lugmag Hawker Siddeley-vliegtuie bots teen Duiwelspiek in Kaapstad; 11 sterf.
- 1972 – Richard Nixon en Leonid Brezjnef teken die antiballistiesemissielverdrag in Moskou, en sluit daarmee die SALT I onderhandelinge af.
- 1986 – Die Europese Gemeenskap neem die Europese vlag aan.
Geboortes
- 1478 – Giulio di Giuliano de' Medici (later Pous Clemens VII), die 219de pous van die Rooms-Katolieke Kerk († 1534).
- 1886 – Al Jolson, Amerikaanse akteur en komponis († 1950).
- 1907 – John Wayne, Amerikaanse akteur († 1979).
- 1934 – Dullah Omar, 'n Suid-Afrikaanse anti-apartheidsaktivis, prokureur en minister († 2004).
- 1953 – Michael Portillo, Britse konserwatiewe politikus, joernalis en mediapersoonlikheid.
- 1966 – Helena Bonham Carter, Engelse aktrise.
- 1966 – Zola Budd, Suid-Afrikaanse middelafstand atleet.
- 1971 – Matt Stone, Amerikaanse akteur, skrywer, en vervaardiger.
Sterftes
- 1703 – Samuel Pepys, staatssekretaris in die admiraliteit van die Koninkryk van Engeland, president van die Royal Society en afgevaardigde in die Engelse Laerhuis (* 1633)
- 1919 – Wilhelm Kaspar, Duits-Baltiese protestantse martelaar (* 1853)
- 1927 – Annie Visser, Suid-Afrikaanse mezzo-sopraan (* 1876)
- 1969 – Helga Uys, Duitsgebore konsertpianis, moeder van Pieter-Dirk Uys (* 1908)
- 1980 – Willie Maree, Suid-Afrikaanse boer en politikus, leier van die Nasionale Party in Natal (* 1920).
- 2017 – Zbigniew Brzeziński, Amerikaanse politieke wetenskaplike (* 1928)
- 2018 – Alan Bean, Amerikaanse ruimtevaarder (* 1932)
- 2020 – Stella Branca, Afrikaanse skrywer en kunstenaar (* 1931)
- 2022 – Ray Liotta, Amerikaanse akteur (* 1954).
Vakansiedae
- Onafhanklikheidsdag in Guyana (1966)
- Corpus Christi-fees in Katolisisme (2005)
- Moedersdag in Pole.
- Feesdag van Pous Eleuterus van die Rooms-Katolieke Kerk
- Herdenkingsdag van Johannes Calvyn in die die Kerk van Engeland
- Feesdag van Pous Aleksander I van Alexandrië volgens die Oosters-Ortodokse Kerk.
Wikimedia Commons bevat media in verband met 26 May. |
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.