25 November
25 November is die 329ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (330ste in skrikkeljare). Daar volg nog 36 dae in die res van die jaar.
<< | November 2023 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | |||
5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 |
12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 |
19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 |
26 | 27 | 28 | 29 | 30 | ||
Al die dae |
Gebeure
- 1034 – Malcolm II van Skotland sterf. Duncan, die seun van sy tweede dogter, in plaas van Macbeth, die seun van sy oudste dogter, volg hom op.
- 1185 – Pous Urbanus III volg Pous Lucius III op.
- 1277 – Pous Nicolaas III volg Pous Johannes XXI op.
- 1766 – Pous Clemens XIII publiseer "Christianae Reipublicae" – Oor die gevaar van anti-christelike geskrifte.
- 1900 – Pres. Paul Kruger word geesdriftig in Parys verwelkom en vereer deur 'n besoek van die Franse president, Émile Loubet.
- 1936 – Die Anti-Kominternpakt word deur Duitsland en Japan geteken.
- 1938 – Pous Pius XI kry twee hartaanvalle.
- 1974 – Dr. Chris Barnard voer die wêreld se eerste dubbele hartoorplanting uit in Kaapstad se Groote Schuur-hospitaal.
- 1975 – Suriname word van Nederland onafhanklik.
- 1984 – Band Aid: 36 gewilde popmusikante uit Brittanje en Ierland kom by 'n ateljee in Notting Hill bymekaar om die liedjie Do They Know It's Christmas op te neem vir 'n geldinsameling ter verligting van hongersnood in Ethiopië.
- 1992 – Fluweelegskeiding: Wetgewers in Tsjeggo-Slowakye stem om hulle land in die Tsjeggiese Republiek en Slowakye te verdeel met ingang 1 Januarie 1993.
Geboortes
- 1328 – Pedro de Luna (later Teenpous Benedictus XIII).
- 1454 – Caterina Cornaro, Koningin van Sipere († 1510).
- 1481 – Melchior Pfintzing, Duitse geestelike en belangrike lid van die keiserlike hof († 1535).
- 1491 – Martin Cless, Duitse teoloog en hervormer († 1552)
- 1547 – Samuel Fischer, Duitse teoloog († 1600).
- 1562 – Lope de Vega Carpio, een van die belangrikste digters en dramaturge van die Spaanse Goue Eeu († 1635)
- 1588 – Johann Affelmann, Duitse teoloog († 1624).
- 1595 – Johann Praetorius, Duitse komponis en orrelis († 1660).
- 1595 – Johann Konrad Varnbüler, Württembergse diplomaat († 1657).
- 1607 – Andreas Heinrich Bucholtz, Duitse lutherse teoloog († 1671).
- 1607 – Christoph Joachim Bucholtz, Duitse regswetenskaplike en burgemeester van Hameln († 1679).
- 1628 – Andreas Concius, Duitse wiskundige († 1682).
- 1658 – Andreas Austen, Duitse protestantse teoloog († 1703).
- 1666 – Giuseppe Giovanni Guarneri, Italiaanse viool-bouer († 1739).
- 1697 – Gerhard Tersteegen, Duitse teoloog, predikant en digter van kerkliedere († 1769).
- 1728 – Johann August Urlsperger, Duitse lutherse teoloog († 1806).
- 1738 – Thomas Abbt, Duitse skrywer en filosoof († 1766).
- 1739 – Philipp Matthäus Hahn, Duitse predikant en ingenieur († 1790).
- 1743 – Wilhelm Heinrich, hertog van Gloucester en Edinburgh († 1805).
- 1744 – Felix de Silva Avellar Brotero, Portugese botanikus († 1828).
- 1752 – Johann Friedrich Reichardt, Duitse komponis en skrywer († 1814 ).
- 1758 – John Armstrong junior, Amerikaanse generaal en diplomaat († 1843).
- 1758 – Ludwig Philipp Aschoff, Duitse apteker († 1827).
- 1759 – Rudolf Rebmann, Switserse boer en politikus († 1837).
- 1760 – Antal Amadé de Várkonyi, Hongaarse graaf († 1835).
- 1787 – Franz Xaver Gruber, Oostenrykse orrelis († 1863).
- 1809 – Adolph E. Borie, Amerikaanse politikus († 1880).
- 1814 – Julius Robert von Mayer, Duitse arts en fisikus († 1878).
- 1835 – Andrew Carnegie, Skots-Amerikaanse entrepreneur en staalbaron († 1919).
- 1837 – Carl Abel, Duitse taalkundige († 1906).
- 1838 – Elisabeth Bürstenbinder, Duitse skrywer.(† 1918)
- 1841 – Ernst Schröder, Duitse wiskundige († 1902).
- 1842 – Carl Aldenhoven, Duitse kuns-geskiedkundige († 1907).
- 1844 – Carl Benz, Duitse ingenieur en pionier († 1929).
- 1845 – David Christiaan de Waal, burgemeester van Kaapstad († 1909).
- 1845 – José Maria Eça de Queiroz, Portugese skrywer († 1900).
- 1847 – Philipp Biedert, Duitse kinderarts en dosent († 1916).
- 1848 – Jacques Normand, Franse skrywer († 1931).
- 1850 – Eduard Sievers, Duitse taalkundige († 1932).
- 1851 – Gottfried Georg Andrä, Duitse ridder en politikus († 1923).
- 1852 – Paul Hillemacher, Franse komponis en pianis († 1933).
- 1856 – Sergei Iwanowitsj Tanejew, Russiese komponis († 1915).
- 1857 – Heinrich Eduard Burlage, Duitse politikus († 1921).
- 1858 – Léon Serpollet, Franse ingenieur en pionier († 1907).
- 1857 – Frederick Haultain, Kanadese politikus en regter († 1942).
- 1865 – Kate Gleason, Amerikaanse ingenieur († 1933).
- 1866 – Franjo Bučar, Kroatiese skrywer en sport-amptenaar († 1946).
- 1866 – Rudolf Moos, Duitse handelaar († 1951).
- 1886 – Ernst Ludwig, Groothertog van Hesse, die laaste Groothertog van Hesse († 1937).
- 1869 – Herbert Greenfield, Kanadese politikus († 1949).
- 1872 – Robert de Flers, Franse dramaturg en joernalis († 1927).
- 1873 – Myers Cooper, Amerikaanse politikus († 1958).
- 1873 – Leo Katzenberger, Duitse ondernemer († 1942).
- 1876 – Joseph Anton Schneiderfranken, Duitse skrywer en skilder († 1943).
- 1877 – Richard Assmann, Duitse toneelspeler († 1955).
- 1878 – Georg Kaiser, Duitse dramaturg († 1945).
- 1881 – Peder Gram, Deense komponis († 1956).
- 1881 – Pous Johannes XXIII, gebore as Angelo Giuseppe Roncalli, 261ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk († 1963).
- 1882 – Herbert Assmann, Duitse arts, internis en dosent († 1950).
- 1883 – Franz Aenderl, Duitse skrywer († 1951).
- 1885 – J.F.W. Grosskopf, Afrikaanse skrywer († 1948).
- 1889 – Karl Schubert, Oostenrykse Waldorf-onderwyser († 1949).
- 1892 – Otto Harder, Duitse sokkerspeler († 1956).
- 1892 – Honoré Vaillancourt, Kanadese sanger († 1933).
- 1893 – Max de Pourtalès, Franse renjaer († ).
- 1894 – Paul Pratt, Kanadese komponis, dirigent en musiekonderwyser († 1967).
- 1895 – Wilhelm Kempff, Duitse pianis en komponis († 1991).
- 1895 – Anastas Mikojan, Sowjetse politikus († 1978).
- 1896 – Virgil Thomson, Amerikaanse komponis († 1989).
- 1899 – Fouad Ammoun, Libanese regswetenskaplike en diplomaat († 1977).
- 1901 – Rudolf Höss, Duitse SS-offisier († 1947).
- 1901 – Adele Kern, Duitse operasanger († 1980).
- 1901 – Arthur Liebehenschel, Duitse SS-offisier († 1948).
- 1901 – Tibor Serly, Hongaarse komponis († 1978).
- 1904 – Ba Jin, Sjinese skrywer († 2005).
- 1904 – Toni Ortelli, Italiaanse bergklimmer, dirigent en komponis († 2000).
- 1906 – Heinz Autenrieth, Duitse regswetenskaplike († 1984).
- 1906 – Karl Waldbrunner, Oostenrykse politikus († 1980).
- 1907 – Johnny Hindmarsh, Britse vlieënier († 1938).
- 1908 – Eduard Roschmann, Oostenrykse oorlogsmisdadiger in Lettland (Schlächter von Riga) († 1977).
- 1910 – Hanna Lachertowa, Poolse pianis en musiekonderwyser († 1998).
- 1911 – Kurt Lütgen, Duitse skrywer († 1992).
- 1911 – Robert Trösch, Switserse akteur en regisseur († 1986).
- 1913 – Petro Marko, Albaanse skrywer († 1991).
- 1915 – Augusto Pinochet, Chileense generaal en politikus († 2006).
- 1917 – Asmahan, Siries-droesiese sanger en toneelspeler († 1944).
- 1917 – Jean-Pierre Dautel, Franse dirigent en komponis († 2000).
- 1917 – Luigi Poggi, Vatikaanse diplomaat en kardinaal († 2010).
- 1918 – Kurt Wafner, Duitse skrywer († 2007).
- 1919 – Norman Tokar, Amerikaanse regisseur († 1979).
- 1920 – Ricardo Montalbán, Meksikaanse akteur († 2009).
- 1922 – Ilja Hurník, Tsjeggiese komponis († 2013).
- 1923 – Mauno Koivisto, Finnse politikus en staatspresident († 2017).
- 1924 – Ante Marković, Joegoeslawiese politikus en premier († 2011).
- 1924 – Yoshimoto Takaaki, Japannese filosoof († 2012).
- 1924 – Paul Desmond, Amerikaanse jazz musikant († 1977)
- 1925 – María Asquerino, Spaanse toneelspeler († 2013).
- 1938 – Stephen F. Cohen, Amerikaanse akademikus en kenner van die Sowjetunie en Rusland († 2020).
- 1940 – Percy Sledge, Amerikaanse sanger († 2015).
- 1955 – Robyn Orlin, Suid-Afrikaanse choreograaf.
- 1956 – Nomsa Nene, Suid-Afrikaanse aktrise.
- 1971 – Christina Applegate, Amerikaanse aktrise.
- 1978 – Taís Araújo, Brasiliaanse atrise.
- 1980 – Aaron Mokoena, Suid-Afrikaanse sokkerspeler.
- 1980 – Alviro Petersen, Suid-Afrikaanse krieketspeler.
- 1984 – Gaspard Ulliel, Franse rolprentakteur († 2022)
Sterftes
- 311 – Pous Petrus I van Alexandrië 17de patriarg van die Kerk in Alexandrië en martelaar (* 3de eeu).
- 883 – Ansegis, aartsbiskop van Sens (*).
- 1034 – Malcolm II, koning van Skotland en koning van Strathclyde (* 954).
- 1120 – William Ætheling, Engelse kroonprins (* 1103).
- 1120 – Richard d’Avranches, 2de hertog van Chester (* 1094).
- 1170 – Rainald II, graaf van Bar (* ).
- 1185 – Pous Lucius III, 171ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk in Verona, Italië (*)
- 1314 – Nikolaus, Heer van Rostock (* 1262).
- 1318 – Philipp von Ibelin, Seneskal van Sipere en die oom van die Koning van Sipere (* 1255).
- 1324 – Johannes von Thuchem, biskop van Brandenburg (* ).
- 1326 – Koreyasu, Sjogun in Japan (* 1264).
- 1351 – Ulrich Pfefferhard, biskop van Konstanz (* 1279).
- 1353 – Berthold von Buchegg, biskop van Speyer en biskop van Straatsburg (* 1279).
- 1355 – Amelung von Varendorff, ridder van Osnabrück en Iburg (* 1309).
- 1373 – Guy de Boulogne, aartsbiskop van Lyon (* 1313).
- 1374 – Philipp II van Tarent, vors van Tarent en keiser van Konstantinopel (* 1329).
- 1420 – Elisabeth Achler, Duitse non (* 1386).
- 1453 – Juan de Cervantes, Spaanse kardinaal (* 1380).
- 1456 – Jacques Cœur, Franse koopman en finansierder van koning Karel Karl VII (* 1395).
- 1495 – Dorothea von Brandenburg-Kulmbach, koningin van Denemarke, Noorweë en Swede, en ook hertogin van Schleswig en Holstein, gravin van Oldenburg (* 1430).
- 1542 – Heinrich Stromer, Duitse professor in Leipzig, arts en stigter van Auerbachs Keller (* 1476).
- 1560 – Andrea Doria, admiraal en staatsman van Genua (* 1466).
- 1595 – Petrus Calaminus, Duitse teoloog (* 1556).
- 1600 – Johann Major, Duitse teoloog en digter (* 1533).
- 1623 – Adolf von Tecklenburg, Duitse graaf van Tecklenburg (* 1577).
- 1629 – Hieronymus Praetorius, Duitse komponis en orrelis (* 1614).
- 1686 – Detlev von Ahlefeldt, Deense offisier, diplomaat en skrywer (* 1617).
- 1732 – Johann Heinrich von Berger, Duitse regsgeleerde (* 1657).
- 1755 – Johann Georg Pisendel, violis en konsertmeester van die Hofkapelle in Dresden (* 1687).
- 1766 – Johann Maria Farina, Italiaanse parfuumvervaardiger (* 1685).
- 1786 – Nathanael Gottfried Leske, Sorbies-Duitse natuurwetenskaplike (* 1751).
- 1788 – Manuel de Guirior, Spaanse offisier en vise-koning van Peru (* 1708).
- 1789 – Jan Michał Budar, Sorbies-Duitse ridder en regsgeleerde (* 1713).
- 1791 – Giovanni Battista Ferrandini, Italiaanse komponis (* 1710).
- 1816 – Izabela Lubomirska, Poolse vorstin (* 1736).
- 1829 – Therese von Artner, Oostenrykse skrywer (* 1772).
- 1848 – Johann Rudolph von Ahlefeldt, Duiste ridder te Ludwigsburg, Sehestedt en Saxtorff (* 1775).
- 1849 – Juan Arolas, Spaanse digter (* 1805).
- 1855 – Karl Wilhelm Ludwig Heyse, Duitse letterkundige en taalwetenskaplike (* 1797).
- 1858 – Victor Franz Freiherr von Andrian-Werburg, Oostenrykse politikus (* 1813).
- 1865 – Heinrich Barth, Duitse ontdekkingsreisiger van Afrika (* 1821).
- 1869 – Friedrich Adolph Roemer, Duitse geoloog, plantkundige en regsgeleerde (* 1809).
- 1881 – Theobald Böhm, Duitse fluitmaker en uitvinder (* 1794).
- 1884 – Mathilde F. Anneke, Duitse skrywer en joernalis (* 1817).
- 1884 – Adolph Wilhelm Hermann Kolbe, Duitse chemikus (* 1818).
- 1885 – Alfons XII, Spaanse koning (* 1857).
- 1885 – Nicolás Avellaneda, Argentynse president (* 1837).
- 1887 – Johann Jakob Bachofen, Switserse volkekundige (* 1815).
- 1900 – Willibald Beyschlag, Duitse teoloog (* 1823).
- 1901 – Josef Gabriel Rheinberger, Liechtensteinse komponis (* 1839).
- 1903 – Sabino Arana Goiri, Spaanse skrywer en politikus (* 1865).
- 1912 – Theodor Bumiller, Duitse ontdekkingsreisiger (* 1864).
- 1915 – Franziskus von Sales Kardinal Bauer, Tsjeggiese aartsbiskop van Olmütz (* 1841).
- 1916 – Eduard Züblin, Switserse ingenieur en ondernemer (* 1850).
- 1917 – João Teixeira Pinto, Portugese offisier (* 1876).
- 1921 – Etienne Soukkarie, Siriese geestelike (* 1868).
- 1925 – Vajiravudh, koning van Siam (* 1880).
- 1926 – Georg Arnhold, Duitse bankier (* 1859).
- 1926 – Ludwig Aub, Duitse skrywer (* 1862).
- 1927 – Alfred De Sève, Kanadese violis, komponis en musiekonderwyser (* 1858).
- 1935 – Anastasia Nikolajewna van Montenegro, adellike (* 1867).
- 1935 – Iyasu V, ongekroonde keiser van Etiopië (* 1897).
- 1937 – Alexander Lasarewitsj Abramow-Mirow, Sowjet geheimediens-amptenaar (* 1895).
- 1941 – Pedro Aguirre Cerda, president van Chile (* 1879).
- 1943 – Carlo Cremonesi, Italiaanse geestelike en kardinaal (* 1866).
- 1948 – Bjarnat Krawc, Sorbies-Duitse komponis en musiekonderwyser (* 1861).
- 1952 – Julien-Fernand Vaubourgoin, Franse orrelis, komponis en musiekonderwyser (* 1880).
- 1955 – Louis Lachenal, Franse bergklimmer (* 1921).
- 1956 – Olexander Dowschenko, Oekraïense regisseur (* 1894).
- 1957 – Ernest Oppenheimer, Suid-Afrikaanse mynmagnaat. (* 22 Mei 1880).
- 1959 – E.G. Jansen, Suid-Afrikaanse politikus en agste Goewerneur-generaal van Suid-Afrika (1951–1959) (* 1881).
- 1959 – Jean Grémillon, Franse regisseur (* 1901).
- 1965 – Alfred Nissle, Duitse arts en wetenskaplike (* 1874).
- 1967 – Ossip Zadkine, Belo-Russiese beeldhouer, skilder en litograaf (* 1890).
- 1970 – Yukio Mishima, Japannese skrywer, digter, draaiboekskrywer, akteur, regisseur, nasionalis en stigter van die Tate no kai (* 1925).
- 2004 – Sheila Cussons, Suid-Afrikaanse digter en skilder (* 1922).
- 2016 – Fidel Castro, Kubaanse leier (* 1926).
- 2016 – Trevor Goddard, Springbokkrieketkaptein (* 1931).
- 2017 – Rance Howard, Amerikaanse akteur (* 1922).
- 2020 – Diego Maradona, Argentynse sokkerspeler en -afrigter (* 1960).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
- Feesdag van Pous Petrus I van Alexandrië in die Oosters-Ortodokse Kerke.
Wikimedia Commons bevat media in verband met 25 November. |
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.