25 Desember
25 Desember is Kersdag, die 359ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (360ste in skrikkeljare). Daar volg nog 6 dae in die res van die jaar.
<< | Desember 2023 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | |||||
3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 |
10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 |
17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 |
24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 |
31 | ||||||
Al die dae |
Gebeure
- 274 – Keiser Aurelianus wy 'n tempel aan Sol Invictus, die god van die nuwe staatsgodsdiens, wie se feesdag dit is.
- 800 – Pous Leo III kroon Karel die Grote as keiser, 'n titel wat nie in die Weste gebruik is sedert die troonafstand van Romulus Augustulus in 476 nie.
- 875 – Pous Johannes VIII kroon Karel die Kale tot keiser van die Heilige Romeinse Ryk.
- 967 – Pous Johannes XIII kroon Otto II tot medekeiser.
- 968 – Pous Johannes XIII wy Adelbert as die eerste aartsbiskop van Maagdenburg.
- 1003 – Pous Johannes XVIII volg Pous Johannes XVII op.
- 1012 – Keiser Hendrik II set Teenpous Gregorius VI af.
- 1066 – Willem die Veroweraar word in die Westminster-abdy tot koning van Engeland gekroon.
- 1497 – Vasco da Gama ontdek Durban se natuurlike hawe.
- 1559 – Pous Pius IV volg Pous Paulus IV op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
- 1644 – Emilio Bonaventura Altieri (later Pous Clemens X) word nuntius in Napels.
- 1655 – Christina, koningin van Swede word plegtig in die Rooms-Katolieke Kerk opgeneem, nadat sy die Protestantisme verlaat het en geabdikeer het.
- 1750 – Pous Benedictus XIV publiseer "Benedictus Deus" waarin 'n algemene aflaat aangekondig word.
- 1775 – Pous Pius VI publiseer "Inscrutabile" oor die probleme van sy pontifikaat en "Summa Dei" oor die afsluiting van die jubileum-jaar.
- 1776 – Slag van Trenton: George Washington steek die Delawarerivier oor en oorwin die Hesse.
- 1825 – Pous Leo XII publiseer "Charitate Christi" oor die uitbreiding van die 1825 Jubileum na die hele Kerk.
- 1850 – Juanasburg word verwoes deur die Gaikas-stamme tydens die Agtste Grensoorlog.
- 1868 – Die Republiek van Ezo word gestig in Hokkaido deur rebelle getrou aan die onttroonde Tokugawa shogunaat.
- 1991 – Michail Gorbatsjof bedank as president van die Sowjetunie.
- 2021 – Die James Webb-ruimteteleskoop word lanseer.
Geboortes
- 1250 – Johannes IV Laskaris, keiser van die Niceense Ryk († Circa 1305).
- 1709 – Julien Offray de Lamettrie, Franse arts en filosoof († 11 November 1751).
- 1717 – Giovanni Angelo Braschi (later Pous Pius VI) († 1799).
- 1861 – Sam Allen, Amerikaanse akteur († 1934).
- 1878 – Louis Chevrolet, Switsers-Amerikaanse renjaer en sakeman, stigter van Chevrolet († 1941).
- 1889 – Sarah Goldblatt, Suid-Afrikaanse joernalis en onderwyseres († 1975).
- 1899 – Humphrey Bogart, Amerikaanse akteur († 1957).
- 1906 – Ernst Ruska, Duitse elektriese ingenieur wat die elektronmikroskoop uitgevind het († 1988).
- 1914 – Marais Steyn, Suid-Afrikaanse politikus († 1998).
- 1918 – President Anwar Sadat van Egipte († sluipmoord in 1981).
- 1927 – Jan Pickard, Suid-Afrikaanse rugbyspeler († 1998).
- 1927 – Ram Narayan, Indiese musikant.
- 1946 - Jimmy Buffett, Amerikaanse sanger ("Margaritaville") (s. 2023).
- 1959 – Thandi Modise, Suid-Afrikaanse ANC-politikus, tans Speaker van die Nasionale Vergadering.
Sterftes
- 795 – Pous Adrianus I, 95ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend).
- 820 – Leo V, keiser van die Bisantynse Ryk (* 775).
- 1635 – Samuel de Champlain, Franse ontdekker, navorser, pionier en eerste goewerneur van Nieu-Frankryk, Kanada (* 1567).
- 1845 – Wilhelm Friedrich Ernst Bach, Duitse komponis (* 1759).
- 1977 – Charlie Chaplin, Britse akteur, skrywer en rolprentvervaardiger (* 1889).
- 1983 – Joan Miró, Spaans-Katalaanse skilder (* 1893).
- 1992 – Helen Joseph, Suid-Afrikaanse vroueregte-aktivis (* 1905).
- 1995 – Emmanuel Levinas, Franse filosoof (* 1906).
- 1995 – Dean Martin, Amerikaanse akteur, sanger en komediant (* 1917).
- 2000 – Willard Van Orman Quine, Amerikaanse filosoof (* 1908).
- 2006 – James Brown, Amerikaanse musikant, sanger en liedjieskrywer sanger (* 1933)
- 2010 – Hendrik van Blerk, Afrikaanse skrywer en digter (* 1915).
- 2011 – J.C. Kannemeyer, Afrikaanse skrywer en biograaf (* 1939).
- 2016 – George Michael, Britse popster (* 1963).
- 2017 – Willie Toweel, voormalige Suid-Afrikaanse bokskampioen (* 1934).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
Wikimedia Commons bevat media in verband met 25 December. |
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.