24 Junie
24 Junie is die 175ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (176ste in skrikkeljare). Daar volg nog 190 dae in die res van die jaar.
<< | Junie 2023 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | ||||
4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 |
11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 |
18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 |
25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 | |
Al die dae |
Gebeure
- 1245 – Pous Innocentius IV roep die dertiende algemene konsilie bymekaar in Lyon.
- 1314 – Slag van Bannockburn: Skotse magte onder leiding van Robert the Bruce verslaan Eduard II van Engeland wat lei tot Skotland se onafhanklikheid.
- 1441 – Eton College gestig.
- 1445 – Annnibale I leier van 'n opstand teen Pous Eugenius IV word vermoor.
- 1478 – Las Palmas, 'n hoofstad van die Kanariese Eilande, word gestig deur Juan Rejón, hoof van die invallende Spaanse leër.
- 1497 – John Cabot land in Noord-Amerika.
- 1509 – Hendrik VIII word as Koning van Engeland gekroon.
- 1597 – Die eerste Nederlandse reis na Oos-Indië bereik Bantam, Java.
- 1662 – Nederland misluk in 'n aanslag om Macao te verower.
- 1664 – Die kolonie van New Jersey word gestig.
- 1692 – Kingston, Jamaika gestig.
- 1793 – Die eerste republikeinse grondwet word in Frankryk aanvaar.
- 1812 – Napoleon val Rusland in.
- 1821 – Slag van Carabobo: Simón Bolívar verslaan die Spanjaarde.
- 1859 – In die Slag van die Drie Heersers in Solferino, verslaan Sardinië en Frankryk vir Oostenryk in die noorde van Italië.
- 1861 – Tennessee word die 11de staat om van die VSA af te skei.
- 1880 – Eerste uitvoering van O Canada, later die volkslied van Kanada, by die Congrès national des Canadiens-Français.
- 1894 – Die Internasionale Olimpiese komitee besluit om die Olimpiese spele elke vier jaar te hou.
- 1901 – Eerste vertoning van Pablo Picasso se werk.
- 1913 – Griekeland en Serwië herroep hul alliansie met Bulgarye.
- 1915 – 800 mense sterf nadat die stoomskip Eastland in Chicago omkantel.
- 1916 – Mary Pickford word die eerste filmster om 'n kontrak van 'n miljoen VSA dollar te kry.
- 1932 – 'n Militêre staatsgreep beëindig die mag van die koning van Siam (Thailand).
- 1940 – Tweede Wêreldoorlog: Frankryk en Italië teken 'n wapenstilstand.
- 1941 – Tweede Wêreldoorlog: Duitse magte verower Vilnius, Litaue, Brest-Litovsk en Kaunas.
- 1948 – Die Sowjet-Unie begin die Berlynse blokkade deur oorlandse beweging na Wes-Berlyn te keer.
- 1963 – Zanzibar ontvang interne selfregering van die Verenigde Koninkryk.
- 1995 – Die Springbokke wen die William Webb Ellis-beker (Rugbywêreldbeker) op Ellispark in Suid-Afrika.
- 2022 – Roe v. Wade: Die 1973 VSA Hoogsgereghofmylpaalbeslissing oor aborsie word omvergewerp.
Geboortes
- 1519 – Theodore Beza, teoloog, opvolger van Johannes Calvyn as leier van die Protestante in Genève.
- 1777 – John Ross, ontdekkingsreisiger († 1856).
- 1795 – Ernst Heinrich Weber, fisioloog († 1878).
- 1803 – George James Webb, komponis.
- 1842 – Ambrose Bierce, skrywer († 1914).
- 1888 – Gerrit Rietveld, Nederlandse meubelontwerper en argitek († 1964).
- 1895 – Jack Dempsey, bokser († 1983).
- 1901 – Harry Partch, komponis († 1974).
- 1904 – Phil Harris, Amerikaanse sanger-liedjieskrywer en akteur († 1995).
- 1908 – Alfons Rebane, Estlandse kolonel († 1976).
- 1909 – David Rose, komponis († 1990).
- 1911 – Juan Manuel Fangio, Argentynse motorrenjaer († 1995).
- 1915 – Fred Hoyle, kosmoloog en skrywer († 2001).
- 1916 – John Ciardi, Amerikaanse digter, vertaler en etimoloog († 1986).
- 1917 – David Easton, Kanadeesgebore Amerikaanse politieke wetenskaplike († 2014).
- 1917 – Al Molinaro, Amerikaanse akteur († 2015).
- 1939 – Brigitte Fontaine, Franse sangeres.
- 1941 – Julia Kristeva, Franse psigoanalis en skrywer.
- 1944 – Jeff Beck, Britse musikant († 2023).
- 1946 – Ellison Onizuka, Amerikaanse ingenieur en ruimtevaarder, sterf in Challenger-ramp († 1986).
- 1947 – Peter Weller, Amerikaanse akteur en vervaardiger.
- 1958 – Jean Charest, Kanadese prokureur en politikus, 5de adjunkpremier van Kanada.
- 1960 – Carel du Plessis, Springbokrugbyspeler en -afrigter.
- 1965 – Richard Lumsden, Engelse akteur, skrywer, musikant.
- 1966 – Adrienne Shelly, Amerikaanse aktrise, skryfster en regisseuse († 2006)
- 1978 – Shunsuke Nakamura, Japannese sokkerspeler.
- 1979 – Mindy Kaling, Amerikaanse aktrise en vervaardiger.
- 1980 – Minka Kelly, Amerikaanse aktrise.
- 1985 – Vernon Philander, Suid-Afrikaanse krieketspeler.
- 1987 – Lionel Messi, Argentynse sokkerspeler, FIFA-wêreldbekerkampioen in 2022.
Sterftes
- 1637 – Nicolas-Claude Fabri de Peiresc, Franse sterrekundige, oudhedekenner en geleerde (* 1580)
- 1712 – Simon van der Stel, Nederlandse ontdekkingsreisiger en goewerneur van die Kaap die Goeie Hoop (* 1639)
- 1795 – William Smellie, opsteller van die eerste Encyclopædia Britannica (* 1740)
- 1846 – Jan Frans Willems, Vlaamse skrywer, digter en vader van die Vlaamse Beweging (* 1793).
- 1908 – Grover Cleveland, 22ste en 24ste President van die Verenigde State (* 1837)
- 1968 – Eric Louw, diplomaat en politikus (* 1890)
- 1984 – Eitemal, Afrikaanse skrywer, digter, redenaar en vertaler (* 1901)
- 1990 – Pierre de Wet, Afrikaanse rolprentregisseur, vervaardiger en skrywer (* 1909)
- 2002 – Jurie Ferreira, Afrikaanse sanger (* 1921)
- 2020 – Hermie Hendriks, joernalis, redakteur van Die Transvaler en hoofbestuurder vir koerante van Perskor (* 1925).
- 2020 – Nigel Weiss Suid-Afrikaanse sterrekundige en wiskundige (* 1936).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
- Katolieke feesdag van Johannes die Doper.
- Fête nationale du Québec.
- Bannockburndag in Skotland.
- Bahá'í geloof se fees van Rahmat.
- Betaaldag in Engeland.
Wikimedia Commons bevat media in verband met 24 Junie. |
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.