24 Januarie
24 Januarie is die 24ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 341 dae in die res van die jaar (342 in skrikkeljare).
<< | Januarie 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | |
7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 |
14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 |
21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 |
28 | 29 | 30 | 31 | |||
Al die dae |
Gebeure
- 41 – Na jare van misbruik vermoor Cassius Chaerea en die ontevrede Pretoriaanse Garde Romeinse keiser Gaius Julius Caesar Germanicus, beter bekend as Caligula, en sy jong gesin op wreedaardige wyse. Sy oom Claudius word as keiser in sy plek verklaar.
- 1059 – Pous Nicolaas II word in Rome gekroon.
- 1076 – Die ryksdag in Worms probeer om Pous Gregorius VII af te set. Gregorius ekskommunikeer keiser Hendrik IV.
- 1118 – Pous Gelasius II volg Pous Paschalis II op.
- 1438 – Pous Eugenius IV word deur die Vergadering van Basel geskors.
- 1639 – Jürg Jenatsch, die leier van Graubünden word in Chur deur die seuns van Pompejus von Planta vermoor.
- 1656 – Eerste Villmergse-oorlog: 7 500 man uit die Protestantse Bern word in die Slag van Villmergen deur 5000 man van die katolieke lede van die Switserse Bondgenootskap oorwin.
- 1502 – Giuliano della Rovere (later Pous Julius II) word biskop van Vercelli.
- 1842 – Pous Gregorius XVI stel Friedrich Johannes Jacob Celestin von Schwarzenberg, aartsbiskop van Salzburg en Cosimo Corsi, dekaan van Roomse Rota, aan as kardinale.
- 1848 – James W. Marshall ontdek goud by Sutter's Mill in Coloma, Kalifornië, wat lei tot die Kaliforniese Goudstormloop.
- 1900 – Tweede Vryheidsoorlog: Die Britte onder Generaal Warren gee aan Generaal Botha oor by Spioenkop nadat meer as 1 000 Britse soldate en 60 Boere in die slag omkom.
- 1915 – Eerste Wêreldoorlog: Die Slag van Doggersbank vind plaas.
- 1924 – Petrograd, opgerig deur Pieter die Grote van Rusland in 1703, word herdoop tot Leningrad drie dae na die dood van Wladimir Lenin.
- 1960 – Nege polisielede word vermoor deur 'n gepeupel by Cato Manor in KwaZulu-Natal.
- 1984 – Die eerste Apple Macintosh verskyn op die winkelrakke, soos twee dae te vore op televisie geadverteer tydens die Super Bowl XVIII.
- 2005 – Dit word bekend dat 40 lede van die Suid-Afrikaanse parlement aangekla gaan word van bedrog vir die onwettige gebruik van parlementêre reiskoepons ter waarde van R17,5 miljoen.
Geboortes
- 76 – Publius Aelius Hadrianus, 'n Romeinse Keiser († 138).
- 1712 – Fredrik II, koning van die Pruise († 1786)
- 1767 – A.C.W. Staring, 'n Nederlandse landheer, landboukundige en digter († 1840).
- 1814 – John William Colenso, die eerste biskop van die Anglikaanse Kerk in Natal († 1883).
- 1864 – Marguerite Durand, 'n Franse verhoogaktrise, joernalis, en 'n leidende suffragette († 1936).
- 1891 – Walter Model, Nazi-Duitse veldmaarskalk tydens die Tweede Wêreldoorlog († 1945).
- 1904 – Breytie Breytenbach, eerste hoofdirekteur van Truk († 1984).
- 1924 – Graaf John Spencer, vader van Prinses Diana († 1992).
- 1925 – Yukio Mishima, Japannese skrywer († 1970).
- 1941 – Neil Diamond, Amerikaanse sanger.
- 1947 – Michio Kaku, Amerikaanse futuris en teoretiese wetenskaplike.
- 1953 – Juri Bashmet, Russiese dirigent, violis en altviolis.
Sterftes
- 41 – Caligula, keiser van die Romeinse Ryk (* 12)
- 772 – Pous Stefanus III, die 94ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (*c. 720).
- 817 – Pous Stefanus IV, die 97ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (*c. 770).
- 1639 – Jürg Jenatsch, Switserse vryheidsvegter en staatsman.
- 1872 – William Webb Ellis, Britse geestelike en die Vader van rugby (* 1806).
- 1878 – Pieter Bleeker, 'n Nederlandse dokter, igtioloog en herpetoloog (* 1819).
- 1914 – Sir David Gill, 'n Skotse sterrekundige en hoof van die Kaapse Sterrewag (* 1843).
- 1931 – Percy Fitzpatrick, Suid-Afrikaanse politikus en skrywer (* 1862).
- 1940 – Johann Friederich de Quervain, Switserse chirurg.
- 1947 – Felix Timmermans, Vlaamse skrywer (* 1886).
- 1960 – Edwin Fischer, Switserse pianis en dirigent (* 1886)
- 1965 – Winston Churchill, Britse politikus en staatsman, Eerste minister van die Verenigde Koninkryk (* 1874).
- 1979 – Jan de Klerk, Suid-Afrikaanse politikus (* 1903).
- 1986 – L. Ron Hubbard, Amerikaanse wetenskapfiksieskrywer en stigter van Sciëntologie (* 1911).
- 2000 – Frank Waring, Suid-Afrikaanse politikus (* 1908).
- 2013 – Phil Hockey, Suid-Afrikaanse ornitoloog (* 1956).
Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae
Wikimedia Commons bevat media in verband met 24 Januarie. |
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.