24 Augustus
24 Augustus is die 236ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (237ste in skrikkeljare). Daar volg nog 129 dae in die res van die jaar.
<< | Augustus 2023 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | ||
6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 |
13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 |
20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 |
27 | 28 | 29 | 30 | 31 | ||
Al die dae |
Gebeure
- 79 – 'n Uitbarsting van die vulkaan Vesuvius verwoes die Romeinse stede Pompeji en Herculaneum.
- 394 – Laaste datum van 'n opskrif in hiërogliewe. Dit staan op die poort van Hadrianus in Philae.
- 410 – Die Wesgote onder leiding van Alarik I verower Rome.
- 1572 – Sint Bartolomeusnag, massamoord op die Franse Hugenote.
- 1653 – Eerste doop in NG gemeente Kaapstad bedien.
- 1671 – Pous Clemens X stel drie nuwe kardinale aan waaronder Johann Eberhard Nidhard.
- 1690 – Pous Alexander VIII veroordeel die leer van die filosofiese sondes.
- 1807 – Pous Pius VII stel Francesco Guidobono Cavalchini, goewerneur van Rome aan as kardinaal.
- 1814 – Washington, D.C. word afgebrand tydens die Anglo-Amerikaanse Oorlog van 1812. Die mure van die Withuis word daarna wit geverf om die rookskade te bedek.
- 1991 – Oekraïne en Rusland word van die Sowjetunie onafhanklik.
- 2006 – Die Internasionale Astronomiese Unie besluit finaal dat Pluto nie aan die nuwe definisie van 'n planeet voldoen nie en nou as 'n dwergplaneet beskou word.
- 2013 – Rugby: Die All Blacks is weer 2013 se Bledisloebekerwenner, ná hulle die Wallabies van Australië met 2-0 toetse verslaan het in Wellington, Nieu-Seeland. Dit is die elfde agtereenvolgende jaar wat hulle dit vermag.
Geboortes
- 1552 – Lavinia Fontana, Italiaanse skilderes († 1614).
- 1664 – Willem Adriaan van der Stel, goewerneur van die Kaap die Goeie Hoop († 1733).
- 1772 – Willem I van Nederland, Prins van Oranje en die eerste koning van Nederland († 1843).
- 1801 – Eerw. Daniel Lindley, eerste leraar van die NG gemeente Pietermaritzburg († 1880).
- 1809 – Philip Blommaert, Vlaamse skrywer († 1871).
- 1879 – D.G. Conradie, joernalis, redakteur van Die Volksblad, politikus en administrateur-generaal van Suidwes-Afrika († 1966).
- 1882 – Eva Speyer, Duitse aktrise († 1975).
- 1894 – Elisha Scott, Noord-Ierse sokkerdoelwagter en afrigter († 1959).
- 1902 – Carlo Gambino, berugte Italiaans-Amerikaanse bendeleier en baas van die Gambino-mafia-familie († 1976).
- 1936 – Mof Myburgh, Springbokrugbyspeler († 2012).
- 1944 – Gregory Jarvis, Amerikaanse ingenieur en ruimtevaarder, sterf in Challenger-ramp († 1986).
- 1946 – Ray Moore, voormalige Suid-Afrikaanse tennisspeler.
- 1957 – Stephen Fry, Britse akteur.
- 1958 – Steve Guttenberg, Amerikaanse akteur.
- 1961 – Jared Harris, Britse akteur.
- 1973 – Dave Chappelle, Amerikaanse komediant.
- 1976 – Alex O'Loughlin, Australiese akteur.
Sterftes
- 1042 – Michael V, keiser van die Bisantynse Ryk (* 1015)
- 1572 – Gaspard de Coligny, admiraal van Frankryk en Protestantse leier (* 1519).
- 1803 – Gregorio Fontana, 'n Italiaanse wiskundige (* 1735).
- 1929 – Karel van de Woestijne, Vlaamse skrywer en digter (* 1878)
- 1940 – John Stephen Curlewis, Hoofregter van die Unie van Suid-Afrika (* 1863).
- 1958 – Johannes Gerhardus Strijdom, Eerste Minister van Suid-Afrika (* 1893).
- 2013 – Julie Harris, Amerikaanse aktrise (* 1925).
- 2014 – Richard Attenborough, Britse akteur en rolprentmaker (* 1923).
- 2020 – Pascal Lissouba, politikus en president van die Republiek die Kongo (* 1931).
- 2022 – Christian Hjejle, Deense akteur (* 1940).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.