23 Oktober
23 Oktober is die 296ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (297ste in skrikkeljare). Daar volg nog 69 dae in die res van die jaar.
<< | Oktober 2022 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | ||||||
2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 |
9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 |
16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 |
23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 |
30 | 31 | |||||
Al die dae |
Gebeure
- 502 – Theodoric se sinode vind plaas wat Pous Simmachus van sy pligte ontneem.
- 1911 – ’n Italiaanse vliegtuig vlieg vanaf Libië om Turkse linies te verken tydens die Italo-Turksoorlog; dit is die eerste gebruik van ’n vliegtuig in oorlogvoering.
- 1956 – Die Hongaarse Opstand begin in Boedapest, Hongarye.
- 1958 – Die Belgiese strokiesprenttekenaar Peyo stel die strokiesprentkarakters The Smurfs bekend.
- 1977 - 'n NG Kerk dominee, Andries Brand (40) en sy vrou word vermoor deur terroriste naby Que Que in Rhodesië.
- 1983 – Libanese Burgeroorlog: Selfmoordbomaanvallers vernietig twee barrakke in Beiroet, Libanon. 241 Amerikaanse vlootsoldate en 58 Franse valskermsoldate van die internasionale vredesmag sterf.
- 2002 – Tsjetsjniese rebelle beset ’n stampvol teater in Moskou, en neem ongeveer 700 teatergangers en verhoogkunstenaars as krygsgevangenes in die Moskou-teaterkrygsgevangenekrisis.
- 2011 – Nieu-Seeland klop Frankryk in die eindstryd met 8–7 en wen sodoende die sewende Rugbywêreldbeker in Nieu-Seeland.
Geboortes
- 1715 – Pieter II van Rusland († 1730).
- 1756 – François Chabot, 'n radikale politikus tydens die Franse Rewolusie († 1794).
- 1873 – Jacobus du Plessis, Afrikaanse professor in teologie aan die Potchefstroomse Universiteit vir C.H.O. († 1935).
- 1905 – Anna Böeseken, kenner van die geskiedenis van die Nederlandse bewind aan die Kaap die Goeie Hoop en skryfster († 1997).
- 1907 – Karl Kielblock, Afrikaanse skrywer († 1991).
- 1929 – Nicolaas Johan Nieuwoudt, geneesheer-generaal en bevelvoerder van die Suid-Afrikaanse Geneeskundige Diens van 1977 tot 1988 († 1989).
- 1940 – Pelé, Brasiliaanse sokkerspeler word dikwels beskryf as die beste sokkerspeler van alle tye († 2022).
- 1941 – Mel Winkler, Amerikaanse akteur († 2020).
- 1952 – Antjie Krog, Suid-Afrikaanse digter, akademikus en skrywer.
- 1970 – Grant Imahara, was 'n Amerikaanse elektroniese ingenieur en televisie-aanbieder († 2020).
Sterftes
- 42 v.C. – Marcus Junius Brutus, Romeinse senator (* 85).
- 1897 – Georges de Layens, Franse plantkundige en byeboer (* 1834).
- 1930 – Jens Friis, bevelvoerder van die Skandinawiese Korps in die Tweede Vryheidsoorlog (* 1858).
- 1933 – Cor Delfos, baanbreker in die Suid-Afrikaanse yster- en staalbedryf (* 1868).
- 1950 – Al Jolson, Amerikaanse sanger en akteur (* 1886).
- 1963 – Ave Duthie, Suid-Afrikaanse plantkundige (* 1881).
- 1994 – Cornelis Pama, Suid-Afrikaanse heraldikus en genealoog (* 1916).
- 2004 – Robert Merrill, Amerikaanse operasanger (* 1917).
- 2010 – Bob Courtney, Suid-Afrikaanse akteur en omroeper (* 1923).
- 2014 – Abie Malan, Suid-Afrika se 30ste Springbokkaptein (* 1935).
- 2018 – James Karen, Amerikaanse akteur (* 1923).
- 2022 – Eric Nobbs, Suid-Afrikaanse akteur (* 1954).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
Wikimedia Commons bevat media in verband met 23 October. |
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.