23 Januarie
23 Januarie is die 23ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 342 dae in die res van die jaar (343 in skrikkeljare).
<< | Januarie 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | |
7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 |
14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 |
21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 |
28 | 29 | 30 | 31 | |||
Al die dae |
Gebeure
- 1338 – Étienne Aubert (later Pous Innocentius VI) word biskop van Noyon.
- 1517 – Na die neerlaag teen die Ottomane by Giza en die gevangeneming van hul sultan Tuman Bay eindig die heerskap van die Mamelukke in Egipte, wat by die Ottomaanse Ryk ingelyf word.
- 1579 – Die Unie van Utrecht word onderteken wat die provinsies in noordelike Nederland verenig.
- 1719 – Heilige Romeinse keiser Charles VI skep Liechtenstein, die enigste prinsdom in die Heilige Romeinse Ryk wat tot vandag toe bestaan.
- 1733 – Pous Clemens XII verklaar Jan van Dukla salig.
- 1831 – Die Vlag van België word aanvaar as die vlag van die nuwe land wat gevorm is nadat België in 1830 sy onafhanklikheid van Nederland verkry het.
- 1900 – Tweede Vryheidsoorlog: Die Slag van Spioenkop vind plaas.
- 1957 – Die Nasionale Konserwatiewe Party in Suid-Afrika ontbind.
- 1960 – Die onderwatertuig Trieste bereik die rekorddiepte van 10 916 m in Challenger Deep van die Marianatrog.
- 1968 – Noord-Koreaanse magte lê beslag op USS Pueblo op grond van bewerings dat dit hulle gebiedswaters vir spioenasiedoeleindes betree het.
- 1982 – Die Suid-Afrikaanse Grand Prix vind plaas.
- 2009 – Jacques Kallis (toe 34) word die eerste Suid-Afrikaanse krieketspeler om 10 000 lopies in eendagwedstryde te behaal en die agtste speler internasionaal.
- 2020 – Die stad Wuhan, Hubei, Volksrepubliek van China word onder kwarantyn geplaas weens die uitbreek van 'n nuwe stam van die koronavirus.
- 2020 – 'n Cessna 550 Citation II van die Burgerlikelugvaartowerheid stort neer in die Ruiterbos-area tussen Mosselbaai en Oudtshoorn en drie bemanningslede sterf.
Geboortes
- 1832 – Édouard Manet, Franse impressionistiese skilder († 1883).
- 1855 – John Browning, Amerikaanse vuurwapenontwerper († 1926).
- 1921 – Marija Gimbutas, Litaus-Amerikaanse argeoloog († 1994).
- 1930 – William R. Pogue, Amerikaanse ruimtevaarder († 2014).
- 1930 – M.M. Walters, Afrikaanse satiriese digter en dramaturg († 2020)
- 1933 – Chita Rivera, Amerikaanse aktrise († 2024).
- 1938 – Theo-Ben Gurirab, Namibiese politikus († 2018).
- 1944 – Rutger Hauer, Nederlandse akteur (Blade Runner) († 2019).
- 1946 – Boris Berezovsky, Russiese oligarg en invloedryke († 2013).
- 1948 – Aviva Pelham, Suid-Afrikaanse sopraan.
- 1950 – Richard Dean Anderson, Amerikaanse akteur.
- 1952 – Omar Henry, Suid-Afrikaanse krieketspeler.
- 1956 – Graeme Bloch, Suid-Afrikaanse anti-apartheidsaktivis en onderwyskundige († 2021)
- 1989 – Johann Sadie, Suid-Afrikaanse rugbyspeler.
Sterftes
- 988 – Aartsbiskop Adalbero van Reims.
- 1698 – Ernst August, keurvors van Brunswyk-Lüneburg, die Hertog van Brunswyk-Lüneburg (* 1629).
- 1763 – Johann Hieronymus Kniphof, Duitse geneesheer en plantkundige (* 1704).
- 1773 – Pieter van Rheede van Oudtshoorn, goewerneur van die Kaap die Goeie Hoop, sterf ter see (* 1714).
- 1856 – Elisha Collier, Amerikaanse ontwerper wat die flintlock-rewolwer uitgevind het (* 1788).
- 1866 – Peter Joseph Lenné, Pruisiese landskapargitek (* 1789).
- 1921 – Wladyslaw Zelenski, Poolse pianis en komponis (* 1837).
- 1940 – Giuseppe Motta, lid van die Switserse Federale Raad en president van die Volkebond (* 1871).
- 1944 – Edvard Munch, Noorse skilder (* 1863).
- 1946 – Morris Alexander, Suid-Afrikaanse advokaat en politikus (* 1877).
- 1963 – Józef Gosławski, Poolse beeldhouer en medaljeur (* 1908).
- 1976 – Paul Robeson, Amerikaanse sanger, akteur, advokaat en aktivis (* 1898).
- 1986 – Joseph Beuys, Duitse beeldhouer en kunstenaar (* 1921).
- 1989 – Salvador Dalí, Spaanse skilder (* 1904).
- 1992 – Freddie Bartholomew, Amerikaanse akteur (* 1924).
- 1992 – Ian Wolfe, Amerikaanse akteur (* 1896).
- 2003 – Nell Carter, Amerikaanse aktrise en sangeres (* 1948).
- 2013 – Peter van der Merwe, Suid-Afrikaanse krieketspeler (* 1937).
- 2015 – Abdoellah bin Abdoel Aziz al-Saoed, koning van Saoedi-Arabië (* 1924).
- 2015 – Jackie Selebi, voormalige nasionale polisiekommissaris (* 1950).
- 2018 – Hugh Masekela, legendariese Suid-Afrikaanse trompetspeler (* 1939).
- 2021 – Jonas Gwangwa,'n Suid-Afrikaanse jazz-musikant, liedjieskrywer en vervaardiger (* 1937).
- 2021 – Hal Holbrook, Amerikaanse akteur (* 1925).
- 2021 – Larry King, Amerikaanse televisie-gasheer (* 1933).
Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae
Wikimedia Commons bevat media in verband met 23 Januarie. |
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.