21 Januarie
21 Januarie is die 21ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 344 dae in die res van die jaar (345 in skrikkeljare).
<< | Januarie 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | |
7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 |
14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 |
21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 |
28 | 29 | 30 | 31 | |||
Al die dae |
Gebeure
- 304 – Dertienjarige Sint Agnes, die beskermheilige van jong meisies, word tereggestel vir die weiering van ’n huweliksaanbod.
- 1224 – Pous Honorius III verklaar William, ab van Roschild in Denemarke heilig.
- 1276 – Pous Innocentius V volg Pous Gregorius X op.
- 1506 – Pous Julius II stig die Switserse Wag.
- 1793 – Franse Rewolusie: Nadat hy deur die nasionale Konvensie aan verraad skuldig bevind is word Koning Lodewyk XVI per guillotine voor ’n toejuigende skare tereggestel.
- 1954 – Die eerste kernkrag aangedrewe duikboot, die USS Nautilus, word te water gelaat in Amerika.
- 1960 – Die Coalbrook-ramp: 435 mense sterf in die steenkoolmyn by Sasolburg.
- 1969 – Suid-Afrika teken ’n verdrag met Portugal, wat namens Angola optree, oor die eerste fase ontwikkeling van die waterhulpbronne van Kuneneriviervallei.
- 1976 – Die Concorde begin kommersiële vlugte na Londen, Parys, Bahrein, en Rio de Janeiro.
Geboortes
- 63 – Claudia, dogter van keiser Nero.
- 1657 – Francesco Cupani, Italiaanse natuurkundige wat hoofsaaklik belanggestel het in plantkunde († 1710)
- 1738 – Ethan Allen, Amerikaner wat gedurende die Amerikaanse Rewolusionêre Oorlog as patriot, oorlogsheld en politikus bekendheid verwerf († 1789).
- 1854 – Petrus Postma, Suid-Afrikaanse predikant en Christelike onderwysaktivis († 1919).
- 1918 – Guy Butler, Suid-Afrikaanse digter, dramaturg en akademikus († 2001).
- 1922 – Paul Scofield, Britse akteur († 2008).
- 1924 – Telly Savalas, Amerikaanse akteur († 1994).
- 1924 – Benny Hill, Britse akteur en sanger († 1992).
- 1926 – Steve Reeves, Amerikaanse akteur († 2000).
- 1927 – Johan de Ridder, Suid-Afrikaanse argitek, ontwerper van vele geboue († 2013).
- 1829 – Oscar II van Swede, koning van Swede (1872 tot 1907) en koning van Noorweë (1872 tot 1905) († 1907).
- 1930 – Günter Lamprecht, Duitse akteur en skrywer († 2022).
- 1935 – Raye Montague, Amerikaanse vlootingenieur († 2018).
- 1940 – Sarah du Pisanie, Afrikaanse skrywer van liefdesromans.
- 1941 – Plácido Domingo, Spaanse tenoor en dirigent.
- 1953 – Paul Allen, Amerikaanse sakeman en medestigter van Microsoft († 2018).
- 1956 – Robby Benson, Amerikaanse akteur.
- 1956 – Geena Davis, Amerikaanse aktrise.
- 1957 – Stanley Mathabatha, ANC-politikus en premier van Limpopo.
- 1962 – Jennifer van den Heever, Namibiese politikus.
- 1968 – Charlotte Ross, Amerikaanse aktrise.
- 1969 – Karina Lombard, Amerikaanse aktrise, komponis en vervaardiger.
- 1976 – Emma Bunton, Engelse sangeres (Spice Girls).
- 1986 – Sushant Singh Rajput, Indiese akteur en model († 2020).
Sterftes
- 1118 – Pous Paschalis II, die 160ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* ±1055).
- 1793 – Lodewyk XVI van Frankryk, koning van Frankryk tydens die Franse Rewolusie (* 1754).
- 1795 – Samuel Wallis, Engelse seevaarder wat om die wêreld geseil het (* 1728)
- 1874 – Anton Bergmann, skrywer en Vlaamse aktivis (* 1835).
- 1892 – John Couch Adams, Britse wiskundige en sterrekundige (* 1819)
- 1901 – Elisha Gray, Amerikaanse elektriese ingenieur (* 1835).
- 1924 [O.S. 10 April] – Wladimir Lenin, Russiese kommunis en politikus (* 1870).
- 1927 – Charles Warren, Walliese en Britse kryger (* 1840).
- 1940 – Johannes Hendrik Conradie, derde administrateur van die Kaapland na Uniewording (* 1872)
- 1950 – George Orwell, Britse skrywer (* 1903).
- 1975 – Pieter van der Byl, Suid-Afrikaanse politikus (* 1889).
- 1997 – Jaco Reinach, Suid-Afrikaanse rugbyspeler en atleet (* 1962).
- 2015 – Patricia Berjak, Suid-Afrikaanse plantkundige (* 1939).
- 2021 – Jackson Mthembu, lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika (* 1958).
- 2021 – Randy Parton, Amerikaanse akteur (* 1953).
- 2022 – Louie Anderson, Amerikaanse akteur (* 1953).
- 2022 – Thomas Deacon, Afrikaanse digter en skrywer (* 1942).
Wikimedia Commons bevat media in verband met 21 Januarie. |
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.