2020
Die jaar 2020 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Woensdag begin het. Dit was die 20ste jaar van die 21ste eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.
2020 |
◄ | 20ste eeu | ◄21ste eeu► | 22ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 2015 | 2016 | 2017 | 2018 | 2019 | ◄ 2020 ► | 2021 | 2022 | 2023 | 2024 | 2025 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:2020 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
Die nuwe Koronavirus SARS-CoV-2 lei tot 'n wêreldwye pandemie met verreikende gevolge vir samelewing, ekonomie en sport. | ||||||||||||||||||||||
|
Gebeure
- 1 Januarie – Kroasië neem die voorsitterskap van die Europese Unie by Finland oor.
- 3 Januarie – Qasem Soleimani, bevelvoerder van die Islamitiese Revolusionêre Wagkorps (IRGC) se Koeds-mag, sterf in Bagdad, Irak, weens 'n Amerikaanse hommeltuig-teikenaanval.
- 8 Januarie – Ukraine International Airlines Vlug 752, 'n Boeing 737, word afgeskiet nadat dit opgestyg het in Teheran, Iran, en al 176 mense aan boord sterf.
- 23 Januarie – Die stad Wuhan, Hubei, Volksrepubliek China, word onder kwarantyn geplaas weens die uitbreek van die Covid-19-pandemie.
- 23 Januarie – 'n Cessna 550 Citation II van die Burgerlugvaartowerheid stort neer in die Ruiterbos-area tussen Mosselbaai en Oudtshoorn en drie bemanningslede sterf.
- 2 Maart – Verkiesings vir die 23ste Knesset in Israel.
- 23 Maart – In Suid-Afrika kondig President Cyril Ramaphosa 'n landswye staat van inperking aan, as gevolg van die Covid-19-pandemie, vanaf middernag op 27 Maart vir aanvanklik drie weke. Dit word later tot etlike maande verleng.
- 27 Maart – Noord-Masedonië sluit by NAVO aan.
- 12 April / 19 April – Paasfees.
- 28 April – Colombia sluit by die OESO aan.
- 21 Mei – Hemelvaartsdag.
- 16 Junie – Skermutselings tussen Indiese en Chinese magte. In Ladakh lei dit tot die dood van 20 Indiese soldate (waaronder 'n offisier) in die betwiste grensgebied tussen dié twee lande.
- 1 Julie – Duitsland neem die voorsitterskap van die Europese Unie by Kroasië oor.
- 5 Julie – Die 2020 Formule Een-seisoen skop af met die 2020 Oostenrykse Grand Prix op die Red Bull Ring nadat die eerste tien wedrenne van die jaar afgestel is weens die koronaviruspandemie.
- 24 Julie – Die Olimpiese Somerspele 2020 sou begin het in Tokio, Japan. Dit is verskuif na 2021.
- 4 Augustus – 'n Brand en 'n reuse ontploffing verwoes die hawe van Beiroet en omliggende gebiede in Libanon. Minstens 190 mense sterf en meer as 6 500 word beseer.
- 9 Augustus – Die Suid-Afrikaanse motorfietsrenjaer Brad Binder wen die MotoGP-wedren in Tsjeggië en word die eerste Suid-Afrikaner wat dit vermag.
- 25 Augustus – Die Paralimpiese Somerspele 2020 sou begin het. Dit is verskuif na 2021.
- 27 September – Militêre botsings breek uit langs die Nagorno-Karabach-kontaklyn tussen Armenië en Azerbeidjan.
- 18 Oktober – Veldbrande breek uit in die wes-Vrystaat en neem 6 dae om onder bedwang gebring te word.
- 31 Oktober – Die Berlyn-Brandenburg Internasionale Lughawe in die Duitse dorpie Schönefeld word amptelik geopen en fungeer voortaan as spilpunt van beide Berlyn en Brandenburg.
- 31 Oktober – Halloween met volmaan.
- 3 November – Die Demokrate se kandidaat Joe Biden wen saam met sy adjunkpresidentskandidaat Kamala Harris die Amerikaanse presidentsverkiesing.
Sterftes
Januarie tot Maart
- 1 Januarie – Rein Arndt, Suid-Afrikaanse wetenskaplike (* 1929).
- 3 Januarie – Qasem Soleimani, Irannese generaal-majoor van die Islamitiese Revolusionêre Wagkorps [geëlimineer] (* 1957).
- 12 Januarie – Aart Staartjes, Nederlandse akteur, regisseur, televisieaanbieder en dokumentêrmaker (* 1938).
- 18 Januarie – Peter Mathebula, Suid-Afrika se eerste swart wêreldbokskampioen (* 1952).
- 26 Januarie – Santu Mofokeng, Suid-Afrikaanse fotograaf (* 1956).
- 28 Januarie – Betty Cavanagh, eerste amptelike vroulike wenner van die Comrades (* onbekend).
- 28 Januarie – Marj Dusay, Amerikaanse aktrise (* 1936).
- 2 Februarie – Kolonel 'Mad Mike' Hoare, veelbesproke huursoldaatleier (* 1919).
- 5 Februarie – Kirk Douglas, Amerikaanse akteur (* 1916).
- 6 Februarie – Roger Kahn, Amerikaanse skrywer van veral boeke wat handel oor bofbal (* 1927).
- 7 Februarie – Li Wenliang, Chinese oogarts wie eerste 'n waarskuwing uitgereik het oor die uitbreek van die Koronavirusepidemie van 2020 (* 1986).
- 11 Februarie – Joseph Shabalala, Suid-Afrikaanse sanger en stigter van die Ladysmith Black Mambazo-koor (* 1941).
- 16 Februarie – Larry Tesler, Amerikaanse rekenaarwetenskaplike (* 1945).
- 17 Februarie – Ja'Net DuBois, Amerikaanse aktrise (* 1932).
- 24 Februarie – Katherine Johnson, Amerikaanse wiskundige en wentelbaanmeganikakenner by NASA (* 1918).
- 25 Februarie – Hosni Mubarak, Egiptiese president (* 1928).
- 2 Maart – Lance James, Suid-Afrikaanse country-sanger en radio-omroeper (* 1938).
- 4 Maart – Javier Pérez de Cuéllar, Peruaanse diplomaat en politikus, VN-sekretaris-generaal (* 1920).
- 15 Maart – Vittorio Gregotti, Italiaanse argitek (* 1927).
- 15 Maart – Mark Perrow, Suid-Afrikaanse kanovaarder (* 1965).
- 18 Maart – Alfred Worden, Amerikaanse ruimtevaarder en ingenieur (* 1932).
- 20 Maart – Kenny Rogers, Amerikaanse sanger (* 1938).
- 21 Maart – Sol Kerzner, Suid-Afrikaanse besigheidsmagnaat (* 1935).
- 22 Maart – Julie Felix, Amerikaanse folk-sangeres (* 1938).
- 24 Maart – Albert Uderzo, Franse strokiesprentkunstenaar en skepper van Asterix (* 1927).
- 25 Maart – Vusamazulu Credo Mutwa, Zoeloe-sangoma en skrywer (* 1921).
- 25 Maart – Mark Blum, Amerikaanse akteur en vervaardiger (* 1950).
- 27 Maart – Thijs Nel, Suid-Afrikaanse kunstenaar, dramaturg en skrywer (* 1943).
- 29 Maart – Louis Wilsenach, Suid-Afrikaanse skilder, digter, sendeling en baanbreker in die advertensiewese (* 1940).
- 29 Maart – Krzysztof Penderecki, Poolse komponis (* 1933).
April tot Junie
- 3 April – Constand Viljoen, voormalige Hoof van die Suid-Afrikaanse Weermag en stigter van die Vryheidsfront (* 1933).
- 3 April – Hilary Dwyer, Engelse aktrise en vervaardiger (* 1945).
- 5 April – Honor Blackman, Engelse aktrise (* 1925).
- 12 April – Stirling Moss, OBE voormalige Britse renjaer (* 1929).
- 14 April – Paul Bayvel, Springbokrugbyspeler (* 1949).
- 29 April – Irrfan Khan, Indiese akteur (* 1967).
- 3 Mei – Ömer Döngeloğlu, Turkse teoloog, skrywer en TV-aanbieder (* 1968).
- 8 Mei – Roy Horn, Amerikaanse vermaaklikheidpersoonlikheid (* 1944).
- 9 Mei – Little Richard, Amerikaanse sanger en pianis (* 1932).
- 11 Mei – Jerry Stiller, Amerikaanse akteur (* 1927).
- 15 Mei − Lynn Shelton, Amerikaanse regisseuse, aktrise en skryfster (* 1965).
- 15 Mei – Fred Willard, Amerikaanse akteur en skrywer (* 1939).
- 25 Mei – George Floyd, Amerikaanse reeksmisdadiger en gewapende rower (* 1973)
- 26 Mei – Stella Branca, Afrikaanse skrywer en kunstenaar (* 1931).
- 3 Junie – Jeanne Goosen, Afrikaanse skrywer (* 1938).
- 11 Junie – Mel Winkler, Amerikaanse akteur (* 1941).
- 13 Junie – Jean Raspail, Franse skrywer (* 1925)
- 14 Junie – Elsa Joubert, Afrikaanse skrywer (* 1922).
- 14 Junie – Sushant Singh Rajput, Indiese akteur en model (* 1986).
- 18 Junie – Vera Lynn, Engelse sangeres, liedjieskrywer, aktrise en bekend as "The Forces' Sweetheart" (* 1917).
- 24 Junie – Hermie Hendriks, joernalis, redakteur van Die Transvaler en hoofbestuurder vir koerante van Perskor (* 1925).
- 24 Junie – Nigel Weiss Suid-Afrikaanse sterrekundige en wiskundige (* 1936).
- 28 Junie – Dr. Pieter Willem Bingle, predikant van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (* 1939).
- 29 Junie – Carl Reiner, Amerikaanse akteur en komediant (* 1922).
Julie tot September
- 6 Julie – Ennio Morricone, Italiaanse komponis, orkesdirigent en trompetspeler (* 1928).
- 8 Julie – Noloyiso Sandile, regent van die koningshuis van die amaRharhabe (* 1963).
- 8 Julie – Naya Rivera, Amerikaanse aktrise (* 1987).
- 10 Julie – Corra Dirksen, Springbokrugbyspeler en geneesheer (* 1938).
- 12 Julie – Kelly Preston, Amerikaanse aktrise (* 1962).
- 13 Julie – Grant Imahara, Amerikaanse elektroniese ingenieur en televisie-aanbieder (* 1970).
- 13 Julie – Zindziswa Mandela, politikus en derde dogter van Nelson Mandela (* 1960).
- 18 Julie – Elize Cawood, Suid-Afrikaanse aktrise (* 1952).
- 21 Julie – Andrew Mlangeni, ANC aktivis en een van die agt mans wat in die Rivonia-verhoor was (* 1925).
- 24 Julie – Désirée Talbot, Suid-Afrikaanse sopraan (* 1926).
- 24 Julie – Regis Philbin, Amerikaanse akteur (* 1931).
- 25 Julie – Olivia de Havilland, Amerikaanse aktrise (* 1916).
- 28 Julie – M.M. Walters, Afrikaanse satiriese digter en dramaturg (* 1930).
- 30 Julie – Lee Teng-hui, president van Taiwan (* 1923).
- 31 Julie – Zamuxolo Peter, Suid-Afrikaanse politikus (*1965).
- 2 Augustus – Marinus Wijnbeek, Suid-Afrikaans-Nederlandse wetenskaplike, oudjoernalis van die SAUK en televisie-aanbieder (* 1939).
- 6 Augustus – Bernard Stiegler, Franse filosoof (* 1952).
- 6 Augustus – Brent Scowcroft, Amerikaanse Lugmag luitenant-generaal en veiligheidsadviseur (* 1925).
- 11 Augustus – Trini Lopez, Amerikaanse sanger van Meksikaanse afkoms (* 1937).
- 13 Augustus – Hans-Peter Künzi, navorser in topologie en kategorieteorie aan die wiskundedepartement aan die Universiteit van Kaapstad (* 1955).
- 24 Augustus – Pascal Lissouba, politikus en president van die Republiek die Kongo (* 1931).
- 24 Augustus – Touriya Jabrane, Marokkaanse teaterregisseur, aktrise en politikus (* 1952).
- 26 Augustus – Gerald P. Carr, Amerikaanse ingenieur, kolonel en ruimtevaarder (* 1932).
- 26 Augustus – Dirk Mudge, Namibiese boer en politikus (* 1929).
- 26 Augustus – Japie van Zyl, Namibiese elektriese ingenieur wat werksaam was by NASA (* 1957).
- 28 Augustus – Chadwick Boseman, Amerikaanse akteur, vervaardiger, en skrywer (* 1976).
- 29 Augustus – Jürgen Schadeberg, Duits-gebore Suid-Afrikaanse fotograaf en kunstenaar (* 1931).
- 2 September – Ettie Bierman, Suid-Afrikaanse skrywer (* 1941).
- 6 September – Achmat Dangor, tussentydse direkteur vir die Wêreldvigsveldtog (* 1948).
- 9 September – George Bizos, Grieksgebore Suid-Afrikaanse menseregte- en antiapartheidsadvokaat (* 1927).
- 10 September – Diana Rigg, Engelse aktrise. (* 1938).
- 15 September – Moussa Traoré, soldaat, politikus en president van Mali van 1968 tot 1991 (* 1936).
- 18 September – Ruth Ginsburg, Amerikaanse advokaat en een van nege regters van die Verenigde State se Hooggeregshof (* 1933).
- 18 September – John Napier Turner, Kanadese prokureur en politikus, eerste minister van Kanada tot 1984 (* 1929).
- 18 September – Danny Titus, regsman, taalman en historikus (* 1957)
- 18 September – Stephen F. Cohen, Amerikaanse akademikus en kenner van die Sowjetunie en Rusland (* 1938).
- 21 September – Michael Lonsdale, Franse akteur (* 1931).
- 29 September – Aster Berkhof, Vlaamse skrywer (* 1920).
Oktober tot Desember
- 4 Oktober – Pieter Spaarwater, Suid-Afrikaanse rubriekskrywer, motorredakteur en omroeper (* 1936).
- 6 Oktober – Herbert Feuerstein, Duitse akteur en skrywer (* 1937).
- 12 Oktober – Conchata Ferrell, Amerikaanse aktrise (* 1943).
- 15 Oktober – Ampie Coetzee, Suid-Afrikaanse letterkundige en professor in Afrikaans-Nederlands aan die universiteite van die Witwatersrand en die Wes-Kaap (* 1939).
- 19 Oktober – Enzo Mari, Italiaanse modernistiese kunstenaar (* 1932).
- 20 Oktober – James Randi, Amerikaanse kulkunstenaar en wetenskaplike skeptikus (* 1928).
- 31 Oktober – Sean Connery, Skotse akteur en rolprentvervaardiger (* 1930).
- 10 November – Amadou Toumani Touré, Maliese politikus (* 1948).
- 11 November – Mongameli Bobani, Suid-Afrikaanse politikus van die United Democratic Movement.[1]
- 11 November – Thembekile Kimi Makwetu, Suid-Afrikaanse Ouditeur-generaal (* 1966).[2]
- 13 November ̠– Peter Sutcliffe, Britse reeksmoordenaar (* 1946).
- 15 November – Anne Rasa, Suid-Afrikaanse natuurkundige en etoloog van veral die graatjiemeerkat (* 1940).
- 18 November – Christine Barkhuizen le Roux, Afrikaanse digter en skrywer van kortverhale en romans (* 1959).
- 24 November – Mamadou Tandja, van 1999 tot 2010 die president van Niger (* 1938).
- 25 November – Diego Maradona, Argentynse sokkerspeler en -afrigter (* 1960).
- 30 November – Jan Morris, Walliese geskiedkundige, outeur en reisskrywer (* 1926).
- 6 Desember – Tabaré Vázquez, Uruguaanse politikus en staatsman, president van Uruguay (* 1940).
- 7 Desember – Chuck Yeager, Amerikaanse vlieënier en die eerste persoon wat deur die klankgrens gevlieg het (* 1923).
- 7 Desember – Dawn Lindberg, Suid-Afrikaanse vermaakpersoonlikheid (* 1945).
- 12 Desember – John le Carré, Britse skrywer van rillers en spioenasieverhale (* 1931).
- 13 Desember – Ambrose Dlamini, tiende Eerste Minister van Eswatini (* 1968).
Verwysings
- (en) Hunter, Qaanitah. "Former Nelson Mandela Bay mayor Mongameli Bobani dies". News24. Besoek op 11 November 2020.
- (en) Outgoing Auditor General Kimi Makwetu Passes Away
Eksterne skakels
Wikinews bevat nuus in verband met 2020. |
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie 2020.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.